Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende November in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
2 November
Boeke: Van Nierop gee fliek-studiegids vir onnies uit
AJ Opperman in gesprek met Leon van Nierop
3 November
Boeke: Van Heerden se ‘Biblioteek’ voel profeties, sê vertaler
AJ Opperman praat met Henrietta Rose-Innes
5 November
Fees: Tiende fees van digters op McGregor bars uit sy nate
7 November
Resensie: Kasselman en kie pak die doolhof van moord
Stefaans Coetzee resenseer Doolhof deur Rudie van Rensburg
Resensie: ’n Meesleurende debuut
Sonja van der Westhuizen resenseer Urgent Matters deur Paula Rodríguez
Resensie: Verse vir orrelpypies oral
Ilza Roggeband resenseer Vetplantfeetjies deur Antjie Krog, Ingrid de Kok en Fiona Moodie
Boeke: Netwerk24 se topverkopers vir Oktober
8 November
Boekenuus: Wekroep-pryse op Sanctuary-boekfees toegeken
AJ Opperman berig.
Boeke: SA digter postuum op Sala-toekenningsaand vereer
14 November
Resensie: Kosbare geskiedskrywing behoorlik vasgelê in dié wieg
Jonathan Amid resenseer Wieg deur Joan Kruger
Resensie: Krog se meesterlike digterskap te sien
Alwyn Roux resenseer Plunder deur Antjie Krog
Resensie: Debuut kom nie uit die verf los
Stefaans Coetzee resenseer ’n Kwessie van tyd deur Doc Marten van der Merrwe
Resensie: Verhaal wat veel aan die leser bied
Anschen Conradie resenseer Inkommers deur Hans du Plessis
16 November
Boeke: Michelle Obama se nuwe boek bied perspektiewe op hoop en balans
21 November
Resensie: Gewikste skrywer laat historiese figuur leef
Kerneels Breytenbach resenseer Die kapokdokter deur François Loots
Boekevat: Ons stories vind hul eie manier na die lig
’n Rubriek deur Julio Agrella
Boeke: Dié boek wys die vreemder kant van Sokkerwêreldbeker
22 November
Boeke: Koos Prinsloo se Slagplaas praat nou Engels
23 November
Boeke: Vertaalde kinderboekreeks uit Duitsland kan kol tref in SA
Elretha Britz praat met die vertaler, Kobus Geldenhuys
24 November
Boeke: Jak de Priester HOOP so dat sy boekie sal lig bring
26 November
Boeke: Heyns vind vertaling van ‘Die dao van Daan van der Walt’ stimulerend
AJ Opperman in gesprek met Michiel Heyns
28 November
Resensie: Heerlike boek vir jongklomp
Anschen Conradie resenseer Tyd is ’n bl**ksem, saamgestel deur Marieta Nel
Resensie: Ouer King nog lank nie koud
Jonathan Amid resenseer Fairy Tale deur Stephen King
Resensie: Iemand, bel Hollywood; hier is ’n lokettreffer soos min!
Neil van Heerden resenseer Moederland deur Madelein Rust
Boekevat: ‘Snotjantieties’ se visier op skuilnaambrigade
’n Rubriek deur Jeanette Serdyn
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in November op LitNet verskyn:
Indrukwekkend: ’n lesersindruk van Die bewonderaar deur Erla-Mari Diedericks
’n Wond deur sy pa toegedien: ’n lesersindruk van Seuns sonder pa’s deur Julian Jansen
Niemand doen dit beter nie: ’n lesersindruk van Tier one wild deur Dalton Fury
Bamboozled: in search of joy in a world gone mad deur Melinda Ferguson: ’n boekresensie
Lesersindruk: Swartz kloof sy siel soos die Rooi See in Kies die lewe oop
Lesersindruk: Boipelo se slim ruilhandelprojek sal jou nie onaangeraak laat nie
Vyf sekondes voor Vrydag deur Ihette Senekal: ’n boekresensie
Toeganklik, nie maklik nie; ’n lesersindruk van Veldhospitaal 12 deur Marinda van Zyl
Ongekende ellende deur Chris Schoeman: ’n studie oor lyding en die impak daarvan
Kruger se goud deur John Buchan (vertaal deur Marietjie Delport): Veldponde en klatergoud
Tom Clancy’s chain of command is steeds propvol akskie, ’n lesersinkdruk
My eerste Afrika-avontuur deur Riaan Manser vir lesers drie of 300, ’n lesersindruk
Jef Geeraerts se Mister Angelo Alzheimer, vertaal deur Fanie Olivier: ‘n resensie
Die volgende resensies het gedurende November in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
6 November
Resensie: Hambidge se bedevaart van beleë verse
Nini Bennett resenseer Sanctum deur Joan Hambidge
Resensie: Dr. James Barry bly onpeilbaar
Francois Smith resenseer Die kapokdokter deur François Loots
Resensie: Soos ’n dik ‘Huisgenoot’ (met net ’n bietjie te min foto’s)
Annelise Erasmus resenseer Charlene: In Search of a Princess deur Arlene Prinsloo
13 November
Resensie: ’n Puik stuk ‘waarheid gelieg’
Fanie Olivier resenseer Roman deur Cas Wepener
Resensie: ‘Heimwee’ verklap speelsheid van taal
Jonathan Amid resenseer Heimwee deur Sophia Kapp
Resensie: Merkwaardige memoires met skatte vir almal
Trisa Hugo resenseer Blood and Silver deur Jan Glazewski
Boekuittreksel: Our Poisoned Land deur Jacques Pauw
20 November
Resensie: ’n Wêreld van wonders wag in dié boek
Elzette Steenkamp resenseer Die Waterplek: Afrika deur Carina Stander
Resensie: In dié outobiografie kloof Faf hom oop
Tinus van Staden resenseer Faf: Through Fire deur Faf du Plessis
Resensie: SA se rykste swart sakebaas bly ’n waas
Francois Williams resenseer Patrice Motsepe: An Appetite for Disruption deur Janet Smith
27 November
Resensie: Ons klein, skatryk swart elite
Johann Kriegler resenseer The ANC Billionaires deur Pieter du Toit
Resensie: ’n Dubbeldosis raaisels vir jonges
Magdel Vorster resenseer nuwe jeugboeke deur Nerine Ahlers en Crystal-Donna Roberts
Resensie: Doolhof se duwweltjies hou lesers op hul tone
Jonathan Amid resenseer Doolhof deur Rudie van Rensburg
Boeke: Só stuur Brand Pretorius
Die volgende resensies het gedurende November op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
4 November
Resensie: Het ek my geloof verloor?
Sy ideale lesers is dié wat durf om te erken dat hulle twyfel en stoei en dalk “nie meer weet wat geloof regtig beteken of wat die doel van godsdiens en spiritualiteite is nie”.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
15 November
Resensie: So lyk ’n vrou
“Dit is hierdie sonderlinge vermoë van inkyk en terugkyk wat hierdie verhaal so geslaag maak om as waarskuwing (en aanmoediging) te dien vir vroue wat hulle in soortgelyke situasies bevind.”
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
22 November
Resensie: ’n Volledige gids tot die slange van Suider-Afrika
Hoewel ek ’n leek is wanneer dit by slange kom, het hierdie gids my geboei en kon ek dit nie neersit nie. Dit het beslis my belangstelling geprikkel. Ek is daarvan oortuig dat hierdie algemene en praktiese gids ook deur boere, huisbewoners en buitelugentoesiaste waardeer sal word.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
23 November
Diereplaas – die klassieke Engelse roman nou in Afrikaans
“Die raakvlakke met die hede, 78 jaar later, is nie net opvallend nie, maar ook verbysterend.”
Lees die resensie deur Johan Myburg.
29 November
Resensie: Praat jy!
Die insiggewende idees, voorbeelde en oefeninge is gerig op leerders vanaf twaalf tot agtien jaar.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.
2 November
Khadija Tracey Heeger maak mooi mettie seer
Deur Veronique Jephtas
11 November
Suid-Afrika se trans trailblazer, Elise Bishop
Deur Maryke Roberts
20 November
Ryan Pedro: ’n nuwe, futuristiese gedig
27 November
Gedigte oor polisiegeweld deur Chanté April
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 2 November
Anton Roodt gesels oor sy bekroonde satiriese toekomsroman, Weerlose meganika. Santie van der Merwe gesels oor Uit die donker en haar inspirasies vir verhoudingsromans. Johan Myburg het nuus oor ‘n nuwe roman deur John Irving, ‘n nuwe bundel kortverhale deur Joyce Carol Oates en verwikkelinge in die Britse boekbedryf wat dalk tot ‘n oplewing in digitale platforms as bron van stories kan lei. Daar is nuus oor die wenners van die Sunday Times Literary Awards, wat onlangs aangekondig is.
Woensdag 9 November
Ilse Salzwedel gesels met ’n skoolhoof van die Kaapse Vlakte, Clive Arries, en Roscoe Williams, organiseerder van ReadToRise, oor boeke en lees se invloed op kinders. Sy gesels ook met Joha van Dyk, ’n Matie-student wat reeds twee jeugromans op haar kerfstok het. In Johan Myburg se internasionale boekenuus kan jy luister na ‘n bydrae oor Stefan Hertmans se nuwe roman wat nou in Engels beskikbaar is, die Amerikaanse digter Gerald Stern wat onlangs oorlede is, en Booktok as ‘n manier om met jongmense oor boeke te gesels.
Woensdag 16 November
Suzette Myburg gesels met Francois Loots oor sy roman Die kapokdokter, wat gebaseer is op die lewe van dr. James Barry, een van die beroemdste medici in die geskiedenis van Suid-Afrika. Daniella van Heerden vertel van haar bekroonde jeugroman, As jy droom. Dis gebaseer op die ware verhaal van Megan Werner en 19 ander Suid-Afrikaanse tieners wat ’n vliegtuig gebou het waarmee hulle van die Kaap na Kaïro gevlieg het. Johan Myburg het nuus oor die FRIENDS-ster, Matthew Perry, se biografie; Haruki Murakami se nuwe bundel essays; die wenner van die Franse Prix Goncourt-prys; en ’n nuwe boek deur Bob Dylan.
Woensdag 23 November
Die digter Peter Snyders het onlangs sy 83e verjaarsdag gevier. Jy kan luister na uittreksels uit twee argiefonderhoude waarin hy oor sy werk praat en ook van sy gedigte voorlees. In die eerste bydrae waarin ander boekjoernaliste oor gunstelingboeke vir 2022 praat, gesels SARIE-boekeredakteur Phyllis Green oor vyf spanningsromans wat sy kan aanbeveel. Johan Myburg het nuus oor die Universiteit van Johannesburg se eredoktorsgraad aan verlede jaar se Nobelpryswenner, Abdulrazak Gurnah, die boek wat met vanjaar se Goldsmiths-toekenning vereer is, en ’n Afrikaanse vertaling van een van die Italiaanse digter Alda Merinhi se bundels.
Woensdag 30 November
Wonder jy watter boeke jy vir die lesers in jou lewe moet koop? Ilse Salzwedel se gaste het ’n hele klomp voorstelle. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor haar gunsteling Afrikaanse romans vir 2022 en skrywer en oud-uitgewer Kerneels Breytenbach vertel van die vyf boeke bo-aan die afgelope jaar se leeslysie. Johan Myburg gesels oor tien van die boeke op TIME se lys van 100 beste boeke vir vanjaar, en jy kan ook meer uitvind oor die boeke wat die afgelope 125 jaar die meeste uitgeneem is by die Brooklyn-biblioteek in New York.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 1 November
Luister na die tweede aflewering in ’n reeks van drie oor troeteldiere. Daar is gedigte deur Jeanne Goosen, Stephan Bouwer, Marlise Joubert en Daniel Hugo. Die voorleser is Susanne Beyers.
Dinsdag 8 November
In die derde en laaste aflewering in ons reeks oor troeteldiere, is daar gedigte uit doeriejare van CJ Langenhoven, pragtige verse oor katte deur hulle grootste aanhanger, Lina Spies, ’n gevatte vertaling van ’n Duitse gedig oor ’n worshond. Die voorleser is Johann Nel.
Dinsdag 15 November
Antjie Krog was die afgelope jaar baie bedrywig. Daar’s ’n pragtige nuwe kinderverseboek uit haar pen genaamd Vetplantfeetjies, en sy was ook die samesteller van ’n bundel getiteld Mixtape van die liefde – ’n bloemlesing van Afrikaanse liefdesgedigte.
Dinsdag 22 November
Antjie Krog gesels oor ouer word, wat haar steeds aanspoor om te skryf, én oor ’n splinternuwe digbundel uit haar pen genaamd, Plunder. Sy lees ook van haar eie werke voor.
Dinsdag 29 November
Karli Heine lees gedigte oor dié dinge wat ons gewoonlik miskyk en mis-ruik omdat ons nie aldag oplet nie.
Boekkeuse
Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde.
8 November
Die ateljeegaste is Leon en Amanda de Stadler wat gesels oor hulle opdatering van Spreekwoorde en ander gesegdes. Sophia Kapp gesels oor haar blitsverkoper, Heimwee. Ander bydraes is Die geheime lewe van Gitadeur Jacolet van den Berg, Dwaalrivier van Engela Ovies, Ronelda Kamfer se Kompoun en Francois Smith se Die getuienis. Nicol Stassen se bekroonde Van Humpata tot Upingtonia; C Johan Bakkes se reisverslag, Moer toe in die verte, sowel as vanjaar se AVBOB Bloemlesing.
22 November
Julian Jansen werp meer lig op sy opspraakwekkende boek, Moord op Stellenbosch, en Tinus le Roux gesels oor Anglo-Boereoorlog in kleur – die ou vaal foto’s wat hy ingekleur het om soveel meer te wys as waarvan ons geweet het. Antjie Krog se jongste bundel, Plunder, word deur Joan Hambidge bespreek. Engela Ovies se Draairivier en Marida Fitzpatrick se Mara kom aan die bod.
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
In November het sy die volgende vir Fine Music Radio geresenseer:
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
21 November
Jean Meiring resenseer Inferno deur Dante Alighieri, in Afrikaans vertaal deur Cas Vos
22 November
Joan Hambidge resenseer Kliniek van verlatenheid deur Alda Merini, vertaal deur Rina Cascione
28 November
Marius Crous resenseer Plunder deur Antjie Krog
SARIE / sarie.com
Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in November verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif, en in die tydskrifuitgawe – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud deur Phyllis Green met Ilse van Staden oor Palimpses
Onderhoud deur Phyllis Green met Madelein Rust oor Moederland
Onderhoud deur Suzette Truter met Niel en Burger Cillié oor VELD Voëls van Suider-Afrika
Onderhoud deur Phyllis Green met Daniel Janse van Rensburg oor Black Beach
Lys van 44 Afrikaanse boeke na aanleiding van Charlize Theron se uitlating
Resensie en boekuittreksel: Moord op Stellenbosch deur Julian Jansen
Resensies oor The ANC Billionaires deur Pieter du Toit en Our Poisoned land deur Jacques Pauw
Resensies oor Hiking Cape Town deur Evelyn John Holtzhauzen en Kruger Self-drive deur Van den Berg
Vier resensies van Afrikaanse spanningsverhale:
- Kroonwild deur Henk Breytenbach
- Die Seepunt-insident deur Gerard Greyvensteyn
- Geen engel nie deur Andre Kruger
- Skadukant deur Rika Cloete