
Kaap
Hans Pienaar
Protea Boekhuis
SKU: 9781485313311
...........
Hans Pienaar is ’n joernalis en skrywer van poësie, dramas, kortverhale, romans en niefiksie in Afrikaans en Engels. Sy mees onlangse roman, Kaap, word bemark as ’n verhaal wat handel oor Marnus, ’n ondersoekende joernalis (dalk outobiografies?) wat ’n libtard is met struggle credentials. Verder dat dit die dinamika van jare lange vriendskappe, verraad, ontrouheid en ware liefde betrek. Op sig ’n interessante, menslike storielyn.
............
Hans Pienaar is ’n joernalis en skrywer van poësie, dramas, kortverhale, romans en niefiksie in Afrikaans en Engels. Sy mees onlangse roman, Kaap, word bemark as ’n verhaal wat handel oor Marnus, ’n ondersoekende joernalis (dalk outobiografies?) wat ’n libtard is met struggle credentials. Verder dat dit die dinamika van jare lange vriendskappe, verraad, ontrouheid en ware liefde betrek. Op sig ’n interessante, menslike storielyn.
Toe ek klein was, het ek die wonderlikste boekies gehad uit die Kies jou eie avontuur-reeks wat destyds deur Tafelberg uitgegee is. Die een boek was Met ’n ballon oor die Sahara (Douglas Terman, 1979) en die ander een Die verlore juwele van Nabooti (Raymond A Montgomery, 1981). Aan die einde van elke bladsy kon jy kies hoe jy wil hê die storie moet verloop. As jy byvoorbeeld besluit om tou op te gooi, dan blaai jy na bladsy 13. As jy tog besluit om die soektog na die Nabooti-juwele aan te pak, blaai jy na bladsy 12 en so aan. Dit was heerlike en opwindende boeke wat ek nou weer saam met my seuntjie geniet. Dit was dalk ’n foefie wat nie lank gehou het nie, maar dit het my (en nou weer my seun) eindelose plesier verskaf met die lees en herlees van die verhale met verskillende moontlikhede.
In Naomi Meyer se onlangse onderhoud met Hans Pienaar oor sy roman op LitNet beweer die skrywer dat die model van die boek ’n Duitse werk van Ingo Schulze, 33 Augenblicke des Glücks (33 oomblikke van geluk), is. Die storie word vertel uit die oogpunt van 33 mense in post-1989 Rusland. Die ander invloed is Georges Perec se Life: a user’s manual, wat weer handel oor die verskillende bewoners van ’n woonstelgebou.
Die twee verhale vind dan neerslag in Pienaar se roman Kaap as “’n fiksie in 33 perspektiewe en een waarskuwing” á là die ondertitel. As student en later akademikus gedurende wat vermoedelik die hoogbloei van die postmodernisme was, gaan die intertekstuele spel en verwysings hierdie leser nie verby nie. Van die sosiopolitieke werklikhede tot Irma Stern se skildery Two Arabs voel ek genoop om nog die betekenis van Gregg Price se kunswerk op die voorplat van die boek ook te gaan naspeur of te ontrafel, net ingeval dit dalk tot nog ’n laag betekenis sal lei.
...........
Die risiko wat ’n skrywer egter loop met so ’n roman is dat die verhaal so gefragmenteerd raak dat die leser die kluts heeltemal kwyt raak. Dit het by tye voorgekom of daar meer karakters was as in Sasolburg se telefoongids, waar selfs die pienk olifant in die kamer gebel kan word ...
.............
Die risiko wat ’n skrywer egter loop met so ’n roman is dat die verhaal so gefragmenteerd raak dat die leser die kluts heeltemal kwyt raak. Dit het by tye voorgekom of daar meer karakters was as in Sasolburg se telefoongids, waar selfs die pienk olifant in die kamer gebel kan word, om nie eers te praat van die arm van die spook van die slaaf aan die Kaap nie. Dan is daar Marnus en Jelena, hul dogters (Evike en Aniko) en Jelena se broer (Janos) wat op ’n kol so half uit die storie verdwyn. Rentia, die lover (gesê met ’n Franse aksent), Amy (wie was sy nou weer?) en Wynand. Die lamppaal en die matras kry so wraggies ook ’n spreekbeurt, ook die mier en dan die verhaal self (meer postmodernisties kan mens mos nou nie), die bergie, KI (kunsmatige intelligensie), die dief wat ’n skildery gesteel het en nog vele meer.
...........
En net toe ek dit na ’n paar honderd bladsye regkry om te fokus op die verbasend interessante kernverhaal, gooi die skrywer mens met so ’n French lieutenant’s woman wat met ’n lugballon oor die Sahara soek na die Nabooti-juweel-agtige einde waar ek my eie einde moet prakseer, want Covid het alles kom bedonder.
.............
En net toe ek dit na ’n paar honderd bladsye regkry om te fokus op die verbasend interessante kernverhaal, gooi die skrywer mens met so ’n French lieutenant’s woman wat met ’n lugballon oor die Sahara soek na die Nabooti-juweel-agtige einde waar ek my eie einde moet prakseer, want Covid het alles kom bedonder. Dan kon ek mos al lankal na bladsy 13 toe geblaai het, nuh?
Lees ook:

