Polsslag: ’n onderhoud met Marie Lotz

“Deur gewelddadige fiksie te skryf erken ’n misdaadfiksieskrywer dat daar iets bestaan soos onmenslike wreedheid, en dit gee aan my as skrywer die geleentheid om dit te bestudeer. In Suid-Afrika veral is ons baie ingestel op geweld; ons is deeglik bewus van die gruweldade wat deur misdadigers gepleeg word. Om sin te maak daaruit, wend ons ons tot kuns en fiksie. Vir my is dit egter belangrik dat die geweld en grusaamheid in my fiksie nie sinloos is nie.”