Reguit met Robinson: Die ANC se miljardêrs

In 1985 was Suid-Afrika bankrot onder PW Botha se bewind. Hoekom het groot sakeondernemings toe na Lusaka gevlieg om die ANC te sien? Freek Robinson vra Pieter du Toit, skrywer van The ANC billionaires, oor die omstrede verhouding tussen kapitaal en die ANC voor, tydens en ná die land se oorgang na demokrasie. Hy wil ook by Du Toit weet oor die nuwe elite en die ANC se kultuur van beskerming.