In hierdie video gesels Izak de Vries met die digter Louis du Plessis oor sy bundel Teen Helderberg.
Titel: Teen Helderberg
Skrywer: Louis du Plessis
ISBN: 9781928530862
Uitgewer: Naledi
In hierdie video gesels Izak de Vries met die digter Louis du Plessis oor sy bundel Teen Helderberg.
Titel: Teen Helderberg
Skrywer: Louis du Plessis
ISBN: 9781928530862
Uitgewer: Naledi
Kommentaar
Ag, as mense ten minste net hier by minuut 46 kan kyk: Ou Hoofgebou. Degenaar. Maar ook die res ... Lekker gemaklik en ’n plesier om te kyk, Izak en Louis. Dankie.
Dankie Izak, vir hierdie geleentheid wat jy geskep het.
En Louis, ek hou van die rym waarvoor jy uitstekende redes gegee het. Ek onthou dat jy een keer respons op een van my gedigte gelaai het waarin jy spesifiek klem gelê het op rym. Ja, ek dink ook in rym, ritme, alliterasies en assonansies - dis die musiek in poësie.
Jou slotgedig is ontsagwekkend - dit laat 'n mens in verwondering.
Wat 'n lekker Saterdagaand was dit nou om na Louis en Teen Helderberg te luister, en ook 'n greep lig te kon sien met Louis se Heldersig.
Inderdaad Johan. Izak voer ’n indringende onderhoud op so ’n ontspanne, gesellige, humoristiese manier!
Ja Estelle, so het elke dromer, skrywer en leser sy eie liefdes.
Is dit nie betekenisvol nie hoe die voorkeure in gedigte van era tot era wissel! In "Sirkelgang" suggereer die fassinerende Hennie Aucamp, wat so fyn waarneem, amper ’n soort siklus in poësie:
"Eers het rym weggeval,
gevolg deur beeldspraak;
toe metrum,
en uiteindelik woorde self."
totdat, in ’n volgende tydvak, digters weer aandag gee aan:
"skandering, frasering,
diksie, toon –
kortom: die eeue-oue kánon"
Talle van ons word meegevoer deur daardie elemente van "musiek in poësie" wat jy beleef.
...........
En só is dit Estelle: Watter nimmereindigende verwondering wek die heelal!
Dankie Hendrik. Ek het juis gewonder watter kattekwaad 'n lewenslustige persoon soos jy deesdae Saterdagaande aanvang. As jarelange Weskusser, opvoedkundige en historikus het jy natuurlik sélf uitsonderlike nostalgiese herinneringe om te vertel.
Ja Estelle, so het elke dromer, skrywer en leser sy eie liefdes.
Is dit nie betekenisvol nie hoe die voorkeure in gedigte van era tot era wissel! In "Sirkelgang" suggereer die fassinerende Hennie Aucamp, wat so fyn waarneem, amper 'n soort siklus in poësie:
"Eers het rym weggeval,
gevolg deur beeldspraak;
toe metrum,
en uiteindelik woorde self."
totdat, in 'n volgende tydvak, digters weer aandag gee aan:
"skandering, frasering,
diksie, toon –
kortom: die eeue-oue kánon"
Talle van ons word meegevoer deur daardie elemente van "musiek in poësie" wat jy beleef.
...........
Oor jou slotopmerking: Só is dit Estelle: Watter nimmereindigende verwondering wek die heelal!
Dankie Izak vir die leersame onderhoud!
Dit was vir my ook interessant, Albert. Dankie.
Dankie Louis en dankie Izak! "Teen Helderberg" strek uit langs ver paaie en handgemaakte naamborde. Na die onderhoud wil mens sommer weer daar gaan stap.
Dankie Heinrich. Inderdaad het Izak die verse so noukeurig ondersoek – en die vrae so meelewend gestel! – dat hy luisteraars kon lei om "na die onderhoud" voort te gaan om "ver paaie" te herleef.
En hoe verfrissend was dit om die historiese, eietydse en figuurlike paaie saam met Izak te verken!