
Flora
Engela Ovies
Human & Rousseau
ISBN: 9780798182898
..........
Daar’s min wat jou voorberei vir Flora Beukes se odyssey. Sodra jy die boek optel, gryp Siena Beukes se anxiety jou soos sy haarself gereed kry vir nog ’n thriller wat op haar plaashuisie op Vlakpoort gaan afspeel sodra haar man Frans later vannag van’ie buurplaas, Diepleegte ingeslinger gaan kom en sy frustrasies op haar en die kinders kom uithaal. Skaars twee bladsye in of ’n diep simpatie teenoor haar en’ie kleinspan, Dirk, Truida. Peet en Flora beweeg jou binneste soos wurmstroop.
..............
Daar’s min wat jou voorberei vir Flora Beukes se odyssey. Sodra jy die boek optel, gryp Siena Beukes se anxiety jou soos sy haarself gereed kry vir nog ’n thriller wat op haar plaashuisie op Vlakpoort gaan afspeel sodra haar man Frans later vannag van’ie buurplaas, Diepleegte, ingeslinger gaan kom en sy frustrasies op haar en die kinders kom uithaal. Skaars twee bladsye in of ’n diep simpatie teenoor haar en’ie kleinspan, Dirk, Truida, Peet en, Flora beweeg jou binneste soos wurmstroop. As matriarg van’ie storie se hoofkarakter lê Siena die grondslag vir Flora se evolusie deur haar plan om pad te gee na ’n beter lewe in Springbok. Die aand net voor Siena met die kinders ongemerk sou vertrek, gebeur die onmoontlike …
Antie Susie kom nader en trek haar uit die vrou se arms teen haar bors vas. “My amere tjind. Dit sal weer beter gan, ek blo,” troos sy (60–1).
Antie Susie remind jou aan daai een antie wat altyd uitkyk vir jou al skel jou ouers. Sy is ’n bottomless put van aanmoediging, wysheid en moederskap vir Flora met haar man, oom Saul, wat vir Flora verduidelik het hoe om ’n klei-oond te maak. Regdeur die fiksieverhaal word twaalfjarige Flora deur’ie vuurdoop getrek as die oudste van vier kinders. Soema gou kry sy ’n sterk dose moerkoffie-realiteit toe sy en haar drie sibbe op Huis Reënboogrus, die plaaslike herberg aankom. Dis hier waar Flora die verlies-waltz vinnig begin leer dans tussen antie Grieta se afguns en matrone Bettie se snipperige dissiplinering wat sonder warning extra twists na die storie bring.
Peet het aanvanklik gesukkel om te slaap sonder haar ... Sy het ’n kombers gaan haal en deur die traliehek oopgegooi en vir Dirk gesê om Peet daarop neer te lê. Met haar hand deur die tralies het sy hom saggies van die slaap gesus (89).
Mindie Cupido van De Aar kom soos ’n lifeline op Flora se pad as haar companion wat ’n dun straaltjie hoop bied teenoor die herberg se verbeeldinglose plankvloere. Die ondersteuning loop dik tussen die twee op hulle ontdekkingsreis deur tienerskap, en op haar manier help sy vir Flora om haar teëspoed te trotseer wat haar alewig oorskadu. Soms probeer Flora haar sibbe verdedig teen die system soos hulle onder haar uit aangeneem word deur vreemdelinge sonder waarskuwing.
“Ons is nie wees nie, ons het ’n pa. Mevrou sy lieg vir julle. Ons pa lewe nog, hy is net in die tronk. Hy sal baie kwaad wees as hy ons nie saam hier kry wanneer hy uitkom nie. Julle kan nie net ander mense se kinders vat nie” (94).
Die ontwikkeling van die protagonis vat jou uit Doringvlei tot in’ie middel van Keimoes se stad-buzz soos op ’n Golden Arrow-bus tot voor’ie hostel. Die storie is geset in’ie ’80’s, so dis gered van enige social media of cell phone besoedeling.
“Daar is rye motors en lorries wat sonder einde op en af deur die strate ry. Die dorp ruik na teer en kos” (112). Jy kan maar sê alles is ge-upgrade vannie furniture tot die koshuismoeder, Ansie Green aka Moeksie. Die geduldige vader Sol se medemenslikheid is ’n groot steunpilaar vir die storie se hoofkarakter. Sy geestelike skouers dra vir Flora teen haar pyn se opdraande uit en met antie Susie en oom Saul se unconditional love net om’ie draai wanneer die verdriet te veel word vir die uitblinker op Keimoes se hoërskool. Met al haar prestasies baklei Flora voort teen die noodlot van haar siblings in haar alleenwees tot haar woorde teen jou natgehuilde oë kerf soos ’n beitel teen ’n grafsteen.
Toe hulle afdraai van die teerpad wat Upington toe gaan, is die pad stamperig en stofferig en dit voel of hulle ingesluk word deur die magdom rosyntjie- en suidwesbome langs die smal paadjie. Hoe verder hulle ry, hoe sterker word die reuk van vis en rivieropdrifsels (126).
Die skrywer, Engela Ovies, staan nie terug om kapsie te maak op die biodiversiteit van die landskappe nie. Elke gebied word met interessante detail ingecolour. Die karakters word haarfyn deur haar pen getrek soos spotprent caricatures wat jy nie sommer sal vergiet’ie. Daar is ook die briljante boë wat Engela maak met die storie se karakters soos binne- en buiterymskemas.
...........
Daar is ook die briljante boë wat Engela maak met die storie se karakters soos binne- en buiterymskemas.
...........
Die heldin se stryd woed op geestelike, emosionele en verstandelike vlak. Net toe jy gedink’it dit kon nie erger met haar gaan nie, kom ’n uitklophou! Ek het begin wonder op ’n kol of die storie in ’n ander rigting in vaar. Nuwe karakters maak hulle verskyning deur die loop van’ie storie wat Flora se rol dieper definisie gee en meer kompleks maak. In wat voel soos ’n volle leeftyd, gaan Flora deur ’n warboel stadiums en ervaringe wat haar forseer om baie gou op te groei alhoewel sy vroeg al soos ’n volwassene moes dink vir haarself. Elke stadium word voorbereiding vir die volgende en reflect nes antie Susie sê: “Wat klaar is, is uit die pad” (282).
Die plot bly twist nes Flora se pad na haar broers en suster deur Okiep, Nababiep en Port Nolloth. Jy kan die venster afdraai vannie verstand en die breeze van suster Martha Claire se Volkswagen-kewertjie soos sy vir Flora na greener pastures vat en hopelik na positiewe outcomes.
Om te kan endure bou die gees. My geloof is opnuut deur Flora verdiep.

