Niemand doen dit beter nie: ’n lesersindruk van Tier one wild deur Dalton Fury

  • 0

Titel: Tier one wild
Skrywer: Dalton Fury
Uitgewer: St. Martin’s Press
ISBN: 9781250018564

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer daarvan aan LitNet gestuur.

Die voormalige Delta Force-bevelvoerder majoor Dalton Fury het bekendheid verwerf met sy internasionale 2008-blitsverkoper Kill Bin Laden: A Delta Force commander’s account of the hunt for the world’s most wanted man.

In Tier one wild, die tweede boek in sy Black site-reeks, kom die karakter majoor Kolt “Racer” Raynor teen sy dodelikste vyand tot op hede te staan. Die Amerikaner David Wade Doyle, oftewel Daoud al-Amriki, die mees gesoekte man in die wêreld, is in Jemen besig om Engelstalige Jihadiste op te lei om die VSA te infiltreer.

Nadat ’n SEAL Team Six-missie om al-Amriki te stuit skeefloop, word Racer en sy 1st Special Forces Operational Detachment-Delta- (of “Die Eenheid”-) operateurs getaak om al-Amriki te keer voordat hy en sy handuitgesoekte bende terroriste vliegtuie met Russies-vervaardigde Igla-S-missiele, wat hulle by ’n eks-Libanese spioen in Kaïro bekom het, kan skiet.

Die verhaallyn spring van die JSOC-sentrum na die bloedige strate van Kaïro, van Meksiko na Washington, DC; dit is 497 bladsye vol skop, skiet en donner. As jy graag Andy McNab, Chris Ryan en Jack Carr se boeke verslind, dan is Dalton Fury se skrywe net vir jou bedoel. Die New York Times-blitsverkoper Near dark se skrywer Brad Thor verklaar nie verniet op die voorblad: “Nobody does it better,” nie.

Lees ook:

Propvol aksie: Sierra Six deur Mark Greaney, lesersindruk

Van boekwurm tot skerpskutter, ’n lesersindruk Kate Quinn se The diamond eye

On scope deur Jack Coughlin en Donald A Davis, ’n lesersindruk

The Bourne Sacrifice deur Brian Freeman, ’n lesersindruk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top