Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2026

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende April in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 April 

By my lees: Michiel Heyns

2 April

Boeke: KI kan nie boeke resenseer nie
’n Rubriek deur Bec Kavanagh

4 April 

KKNK-gesprek: ‘Trump sal nooit verstaan hoekom Iran nie net oorgee nie’

7 April

In memoriam: Jong digter van Potch se dood ‘laat reuseleemte in Afrikaans’
Huldiging van Ruan Fourie

9 April

Boeke: 5 digters benoem vir Hertzogprys vir poësie

13 April

Boeke: Barnard-Naudé ontevrede oor Hertzogprys-kortlys, blyk dit uit FB-inskrywing

Resensie: ‘Dead lands’ droomjoernaal wat homself skryf
Jannes Erasmus resenseer Out of the dead lands deur Conrad Kemp

Resensie: Sensitiewe lesers moet ‘Stasiemoordenaar’ eerder vermy
Stefaans Coetzee resenseer Op die spoor van die stasiemoordenaar deur Julian Jansen

Resensie: ‘Seuns weet’ tydige debuut deur bedrewe skrywer
Marni Bonthuys resenseer Seuns weet deur Frederick Botha

Resensie: Grootboom skryf oor strewe om te behoort
Paul Kammies resenseer Die vuur huil deur Allen Grootboom

17 April

Onderhoud: Tom Dreyer se verruklike opstand teen die verlies van woorde
Herman Wasserman in gesprek met Tom Dreyer

20 April

Resensie: Tom Waits ontmoet Tarantino, Bukowski in ’n kroeg
Joan Hambidge resenseer Die langste jaar deur Muller Minnaar

Boekevat: Basjan Boomslang vra KI om ’n gedig te skryf

Resensie: ’n Protes teen massaverbruik, uitputting van hulpbronne
Sonja van der Westhuizen resenseer Arborescence deur Rhett Davis

Resensie: Bundel gee lewe aan uitsonderlike vlaag woorde
Fanie Olivier resenseer Brief op veertigduisend voet deur Tom Dreyer

23 April

Boeke: Tom Dreyer oorbluf nadat hy Hertzogprys wen

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in April op LitNet verskyn:

Ek’t Act deur Klara du Plessis: Baby, everything’s golden

Stinkhout deur Philip Rademeyer: ’n resensie

Cliff-hanger: Sterre is vir altyd deur Sophia Kapp – ’n resensie

Biltong en Dior – avonture van ’n Afrikaanse Fransman deur Louis Jansen van Vuuren: ’n resensie

Parlementpraatjies deur Pieter Mulder: ’n resensie

Boekevat met Deborah: Brief op veertigduisend voet deur Tom Dreyer en Wilde vere deur Hendie Grobbelaar

Langpadliefde deur Madelie Human: ’n resensie

Skattejag en skadukante deur Malene Breytenbach

Donker vuur deur Pieter Stoffberg: ’n Lesersindruk

Die avonture van Helga Roets deur Riaan Grobler: ’n lesersindruk

Soetdoring in die ruigtes deur Christiaan Bakkes: ’n resensie

’n Jaar in my lewe deur Louis Pretorius: ’n resensie

Op die spoor van die Stasiemoordenaar deur Julian Jansen: ’n lesersindruk

Kaalvuis deur Stefaans Coetzee: ’n lesersindruk

Einde en begin deur Michèle Meyer is verweef soos ’n epiese gedig: leeskringe, neem kennis!

Oop boek: Gesprek met Frederick Botha oor Seuns weet

Op die spoor van die Stasiemoordenaar: ’n onderhoud met Julian Jansen

Jaco Jacobs gesels oor sy 300ste boek (en oor Wêreldboekboekdag)

Riana Scheepers gesels oor ’n baie spesiale feetjie (en oor Wêreldboekedag)

In gesprek met Antjie Krog oor Spienekelientjies (vir Wêreldboekdag)

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende April in Rapport verskyn:

5 April  

Nuwe Harry Potter: Los die lui BEE en bou eerder nuwe swart karakters
’n Rubriek deur Hermann Pretorius

Resensie: Fantasie en romanse so reg in tienerlesers se kraal
Magdel Vorster resenseer Die kasteel van die blou draak deur Troula Goosen

Resensie: Só maak én verloor jy ’n miljoen dollar in ’n oogwink
Clari Niemand resenseer Generation desperation deur Alexander Hurst

Resensie: Vermoor, verkrag, vermink – wat gaan aan met Doepie en die reus?
Joan Hambidge resenseer Die reus uit die bos deur Piet van Rooyen

12 April

Resensie: Pasop, hier’s sy weer: Die vrou met die groot geheim
Stefaans Coetzee resenseer Doodgewoon mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman

Resensie: Dít laat jou dink digkuns is dalk dié man se ware medium
Louise Viljoen resenseer brief op veertigduisend voet deur Tom Dreyer

Uittreksel: Stasiemoorde: ‘Die stemme het vir my gesê maak dood’
Uit: Op die spoor van die stasiemoordenaar deur Julian Jansen

19 April

Resensie: ‘Jesus’ verdwyn: Wat gaan Dapper doen?
Jannes Erasmus resenseer Aan die hemeltrans deur Anton Roodt

Uittreksels: ’n Oorgewig LP se les oor ’n eier – en die slapende seer seuntjie
Uit: While you were sleeping deur Linda van der Westhuizen

Resensie: Hy soek nie net meer kos nie, maar ook meer seks, meer mag...
Dianne Du Toit Albertze resenseer Seuns weet deur Frederick Botha

Resensie: Dié boek maak my trots om Suid-Afrikaans en ’n vrou te wees
Deborah Steinmair resenseer 101 Remarkable South African women deur Lizette Rabe

26 April

Resensie: Hier’s geloof, hoop, liefde – en rokjagters
Trisa Hugo resenseer Helene de Kock se Inspirasie-omnibus

Resensie: Dié boek van Stephan Joubert is ’n geskenk aan die kerk
Neels Jackson resenseer Die geheime van effektiewe gebed deur Stephan Joubert

Die volgende resensies en onderhoude het in April onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.

5 April

Gewone mense se stories verruim Paasverhaal

“Wat ek in my roman wou doen, is om die werklike Paasverhaal vanuit ander perspektiewe te verken, soos wat Mel Gibson met ‘The passion of the Christ’ gedoen het.”

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/gewone-mense-se-stories-verruim-paasverhaal/

10 April

Boekoorsig | Hoe Ester se moed gelowiges vandag inspireer

Die publikasie bring bydraes van verskillende teoloë saam en plaas die fokus op hoe Ester se verhaal vandag nog gelees en verstaan kan word.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/hoe-ester-se-moed-gelowiges-vandag-inspireer/

13 April

Lesersindruk | Eeufeesalbum dokumenteer Smitsfield se Geloftefees-geskiedenis

Hierdie boek is ’n getuigskrif waarom Geloftedag vir bykans twee eeue steeds voortleef en nog vir geslagte deel van ons Afrikanerstorie sal wees.

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/lesersindruk-eeufeesalbum-dokumenteer-smitsfield-se-geloftefees-geskiedenis/

18 April

Op 72 skryf Grootboom die storie wat hom al jare roep

Die roman was nie ’n skielike ding nie, maar die vrug van jare se oefening, lees en fyn kyk na mense.

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/op-72-skryf-grootboom-die-storie-wat-hom-al-jare-roep/

22 April

Boekoorsig | Musikant se reise word verhale in ‘Klawer’

Rocco de Villiers beskryf “Klawer” as ’n “geskenk en dankie” aan die gemeenskappe waar hy oor die jare opgetree het.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekoorsig-musikant-se-reise-word-verhale-in-klawer/

24 April

Jonglesersindrukke | Boeke wat kinders lees en aanbeveel 

Hier is ’n paar jong lesers se eerlike mening oor die boeke wat hulle onlangs gelees het. 

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/jonglesersindrukke-boeke-wat-kinders-lees-en-aanbeveel/

25 April

Luister | Biltong, baguettes en ’n Afrikaanse hart 

“Ek mis my taal die meeste wanneer ons lang tye in Frankryk deurbring. Ons het aan die begin selde, indien ooit, Afrikaans gehoor.”

Luister saam: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-biltong-baguettes-en-n-afrikaanse-hart/

26 April

Boekresensie | Roodt se veelvlakkige spel met passie en betekenis

Die fyn ontwerp van die roman word in die hande van Anton Roodt, ontwerper van beroep, aangevul met heelwat visuele verwysings.

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-roodt-se-veelvlakkige-spel-met-passie-en-betekenis/

27 April

Boekresensie | Om te lees is om te erken hoe min jy eintlik weet

“Die vuur huil” is ’n herinnering dat begrip altyd onvolledig is, skryf Jannes Erasmus.

Luister saam: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-om-te-lees-is-om-te-erken-hoe-min-jy-eintlik-weet/

Klyntji.com is ’n voortlewing van Ons Klyntji, die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif. Klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe Suid-Afrikaanse kuns en kultuur.

7 April

Stet en ander little magazines se verset
Deur Francois Lion-Cachet

10 April

Onderhoud: Die geskiedenis van braaibroodjies

13 April

’n Kweer-hollow: besmetting enni underground in Shane van der Hoven se Kruiper-Crawler
Deur Paul Kammies

22 April

Die leser is geen koning nie; die digter geen jester
Deur Elzanne Coetzee

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/skrywers-en-boeke/

Woensdag 1 April

Ilse Salzwedel gesels met Michele Meyer oor Einde en begin, en Dieter Holm vertel meer oor Ely Holm: Van Berlyn tot Hartbeespoort, die boek oor sy bekende kunstenaar-ma. Johan Myburg het bydraes oor die Britse skrywer Len Deighton, wat onlangs oorlede is, die wenner van ’n nuwe letterkundeprys ter ere van Hilary Mantel, en die kortlys van die tweede internasionale prys vir klimaatfiksie.

Woensdag 8 April

Ilse Salzwedel gesels met Lizette Rabe oor haar boek, 101 Remarkable South African Women, en vra haar ook uit na die vaardighede wat ’n goeie skrywer en joernalis nodig het. Daar is meer oor die finaliste vir vanjaar se Tafelberg Jeugboekpryse, wat verlede week aangekondig is. Johan Myburg vertel meer oor die ses boeke op die kortlys vir die International Booker, en in sy tweede bydrae kan jy luister na ’n kort uittreksel uit ’n onderhoud waarin Arundhati Roy, wat onlangs aangewys is wenner van die Amerikaanse National Book Critics Award vir haar memoir, gesels oor Mother Mary Comes To Me. Jy kan ook luister na ’n kort uittreksel uit ’n onderhoud wat Suzette Myburg verlede jaar gevoer het met Reginald Hufkie, ook bekend as Reggie Peace, oor sy boek Vredemaker. Dis aangewys as een van drie finaliste vir die Desmond Tutu Gerrit Brandprys vir Debuutwerke.

Woensdag 15 April

Ilse Salzwedel gesels met Jaco Jacobs, wat vanjaar sy 25e jaar as skrywer vier met die publikasie van sy 300e boek. Theo Kemp vertel meer oor die Jakes Gerwel Stigting se gratis boekprogram by vanjaar se Suidoosterfees. In Johan Myburg se internasionale insetsels kan jy meer uitvind oor die die Bologne-kinderboekfees, asook die ses boeke op die kortlys van die Dublin Letterkundeprys, en nuwe eerbetoon aan die skrywer Jhumpa Lahiri. Jy kan ook uitvind wie vanjaar benoem is vir die literêre pryse van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Woensdag 22 April

Ilse Salzwedel gesels met die joernalis en skrywer, Julian Jansen, wie se jongste boek, Op die spoor van die stasiemoordenaar, onlangs verskyn het. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die Hans Christian Andersen-kinderboekprys asook die Hans Christian Andersen-letterkundeprys, en die wenners van die gesogte Windham-Campbell-letterkundepryse. Jy kan ook meer uitvind oor Wêreldboekedag wat op 23 April gevier word. Vind meer uit oor die Tafelbaai-leeskring se virtuele leeskring-byeenkoms oor twee kontinente, wat verlede week plaasgevind het. Daar is ook nuus oor die Jeffreysbaai Kunskoors-boekprogram, wat van 1 tot 3 Mei plaasvind.

Woensdag 29 April

Luister na ’n hoorbeeld oor die digter Ina Rousseau, wat vanjaar 100 jaar gelede gebore is. Dis in 1996 saamgestel vir haar 70e verjaarsdag. Sy praat oor haar lewe en werk, en kenners soos Danie van Niekerk, Braam de Vries, Koos Human en Danie Botha kan ook gehoor word. Wyle Margot Luyt lees van Rousseau se gedigte voor. Johan Myburg praat oor die kortlys van die Women’s Prize for Fiction, en vertel meer oor Harper Lee en die wetenskapfiksieskrywer Arthur C. Clarke. Jy kan ook luister na die eerste van ’n reeks insetsels wat Kobus Burger en Ina Strydom saamgestel het waarin hulle praktiese raad gee vir voornemende radiodramaskrywers. Dis nou vir almal wat wil inskryf vir RSG en die ATKV se radiodramaskryfkompetisie, waarin R130 000 se prysgeld op die spel is.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/vers-en-klank/

Vrydag 3 April 

WEG Louw se reeks van ses sonnette, Die passie van ons Heer, bly sekerlik een van sy grootste bydraes tot die Afrikaanse letterkunde. Dit verskyn in 1944 by Constantia-uitgewers in die bundel, Adam en ander gedigte. Hierdie reeks verse lei ’n mens deur al die gebeure van Goeie Vrydag: van die laaste avondmaal af, na die tuin van Getsemane en die kruise op die koppie, tot by Jesus se begrafnis. Die voorlesers is Henriëtta Gryffenberg en Wilhelm van der Walt.

Dinsdag 7 April

Ons ken haar as die sangeres van die destydse televisiereeks, Sonkring, se temalied. Ook as kaberetster wat al die werke van Piaf en Brel meesterlik vertolk het, en as liedjieskrywer en komponis met menige album agter haar naam. Maar nou het Helena Hettema ook begin gedigte skryf! Sy gesels met Sophia van Taak oor haar tweetalige debuutversameling, Journeyman, wat onlangs verskyn het.

Dinsdag 14 April

Voorleser Schoemé Steenkamp verken die element, lug, of dan nou lug in sy bewegende vorm: wind en asem. Dis iets waaroor ons eintlik gans te min dink – lug wat pal om ons en ook ín ons is. Trouens, daarsonder sou ons nie kon lewe nie! Daar is ’n paar verrassende filosofiese verse oor die wind.

Dinsdag 21 April

22 April is Wêreld Aardedag. Sophia van Taak en die voorleser, Hannah Borthwick, vier dié belangrike, wêreldwye bewaringsinisiatief met gedigte oor die natuur se skoonheid. Daar is ook verse wat ons as mense weer ’n slag herinner aan ons verantwoordelikheid as versorgers van die planeet.

Dinsdag 28 April 

Op 27 April vier ons Vryheidsdag. Ons luister na gedigte wat vertel van die lang pad wat Suid-Afrika moes stap om by demokrasie uit te kom. Daar is heelwat gedigte deur George Weideman, ’n vers van Adam Small, en dan natuurlik ook van ons politieke kommentator, Antjie Krog. Die voorleser is Pieter van Zyl.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in April verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green: 

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Sally Andrew oor Wild things never die

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Michéle Meyer oor Einde en begin

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Bookerprys-wenner Douglas Stuart oor John of John

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Zelda Bezuidenhout oor Mei en alles daarna 

Onderhoud: Annette de Wet gesels op ’n video-onderhoud met Gloria Arendz-Theiler oor haar memoires in 3 dele uitgegee deur Naledi

Resensies: 10 Boeke oor uitdagings in die lewe:

  • Nadia de Jongh resenseer Everything is beautiful deur Josie Shapiro en Sisterhood deur Cathy Kelly.
  • Retha Kotze resenseer Keerpunt deur Bernadine Lightfoot, Weskus-omnibus 2 deur Helena Hugo en The Baxters deur Karen Kingsbury.
  • Olga Krügel resenseer Liewer as lig deur Juanita Aggenbach en The wish deur Heather Morris.
  • Jannes Erasmus resenseer Meet the Newmans deur Jennifer Niven.
  • Tina Swiegers resenseer The conditions of will deur Jessa Hastings.
  • Antoinique van Staden resenseer The silence of the shadows deur Cathy Donald. 

Lesersindruk: Negejarige Petronella Gouws gee haar lesersindrukke van drie boeke: Afrikanerkind deur Wendy Maartens, The witches deur Roald Dahl en aangepas deur Pènèlope Bagieu en Harry Potter and the philosopher’s stone deur JK Rowling

Resensies: Jy hoef nie ’n politieke dier te wees nie:

  • Gerda Potgieter resenseer Malema deur Micah Reddy en Pauli van Wyk
  • Anne Marais resenseer The Afghans deur Åsne Seierstad 

Uittreksel: Ena Murray se Speurverhale

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top