Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Oktober in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
2 Oktober
Resensie: Roman ’n heildronk op die lewe en vriendskap
Francois Bekker resenseer Laaste kans deur Marita van der Vyver
Resensie: Die Branderjaers se erfdeel
Anschen Conradie resenseer Kanniedood deur Joha van Dyk
Resensie: Blik op militêre geskiedenis
Gert van der Westhuizen resenseer 20 Battles deur Evert Kleynhans en David Brock Katz
Boeke: Treffende kinderverhaal in gewilde Moemin-reeks in Afrikaans, Xhosa vertaal
4 Oktober
Onderhoud: Van Dyk (26) wys volwassenes is feilbaar én mens in jeugroman
Candice Jantjies in gesprek met Joha van Dyk
Boeke: Daniel Hugo praat oor sy ‘Vers en kapittel II’
5 Oktober
Boeke: Hambidge raai dié skrywers het sterkste kans vir Nobelprys
Boeke: Noorweër wen Nobelprys vir letterkunde
Kyk weer: Irna van Zyl gesels oor haar nuwe boek
6 Oktober
Boeke: Renosterstropery onder soeklig
Willemien Green skryf oor Lucinda Watermeyer se nuwe boek.
Profiel: ’n ‘Soekenjin’ en die ‘verslate gemors’ wat van taal oorbly
Murray la Vita in gesprek met Bibi Slippers
Woordfees: Veerkragtige vroue die fokus in ‘Duisend-en-een nagte’
9 Oktober
Resensie: King is steeds die koning van rillers
Anschen Conradie resenseer Holly deur Stephen King
Resensie: Episodiese roman gryp leser aan hart
Thys Human oor Van vaders en vlugtelinge deur SJ Naudé
Resensie: ’n Behoorlike storm in die salige stiltes van Kwaaiwater
Francois Bekker resenseer Kwaaiwater deur Irna van Zyl
12 Oktober
Boeke: ‘Laaste kans’ ode aan vriendskap
Elretha Britz berig.
Kyk weer: Jana Marx gesels oor haar boek Kultusse in Suid-Afrika
16 Oktober
Resensie: Verse wat gloei met smeulende intensiteit
Daniel Hugo resenseer Sirkelgang deur Johann Lodewyk Marais
Resensie: Spanning wat ligte uitblaas
Stefaans Coetzee resenseer Siembamba deur Madelein Rust
Resensie: Aangrypend en dig verweef
Jonathan Amid resenseer The Book of Gifts deur Craig Higginson
Boekevat: Die leuen waardeur ons die waarheid praat
’n Rubriek deur PP Fourie
Boeke: Nalatenskap van rasklassifikasie onder loep in boekgesprek
17 Oktober
Boeke: ‘Resensent se plig lê by sy leser en nie by kunstenaar’
20 Oktober
Profiel: Bloed in die Midde-Ooste en die ‘anatomie van vrees’
Murray la Vita in gesprek met Robert Peckham
Gedenklesing: D.J. Opperman gelees teen die agtergrond van die ‘nuwe”
Joan Hambidge skryf oor die lesing wat deur Louise Viljoen gelewer is.
22 Oktober
UJ-Vertaalprys: Húlle is benoem
23 Oktober
Boeke: Eersdaags warm op die rak
Resensie: Vertalings uit Grieks is ons almal se wins
Johann Rossouw resenseer Van Alexandrië na Ithaka deur Konstantinos Kavafis (vertaler: Louise Cilliers)
Boekevat: Tussen vyeblare van ’n boek word veel onthul
’n Rubriek deur Daniel Hugo
Boeke: Rose-Innes vir vertaling van Van Heerden-roman vereer
24 Oktober
Boeke: Skrywers in die kollig in Bloemfontein
26 Oktober
Kyk weer: Dr. Hestelle van Staden gesels oor haar nuwe boek
30 Oktober
Resensie: Houellebecq ontstig met pakkende roman
Joan Hambidge resenseer Vernietig deur Michel Houellebecq (vertaler: Johann Roussouw)
Resensie: Verlede blink in dié debuut
AJ Opperman resenseer Dieper as drome deur Marko van der Colff
Boekevat: Romans geanker in wêreld van visuele kunste
’n Rubriek deur Melvyn Minnaar
Resensie: ’n Storie met heerlike ritme
Jonathan Amid resenseer Oop deure deur Analize Viljoen & Trisa Hugo
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Oktober op LitNet verskyn:
Dinosourus, ’n docket en die dood deur Bernadette Small: ’n lesersindruk
Confrontation deur Kirsty Steinberg: ’n lesersindruk (deel 2)
Gebeente deur Etienne van Heerden: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Meer as jou seerkry deur Johannes de Villiers: ’n lesersindruk
Lewensreis deur die teater sit in my bloed deur Mari Mocke: ’n lesersindruk
Hartsmense, ’n kortverhaalbundel deur Cliffordene Norton: ’n resensie
Katvis deur Annelie Botes: ’n boekbespreking | Toyota US Woordfees 2023
Die loutering van Manon Viljoen: ’n onderhoud met Chris Marnewick
Rassie, stories oor rugby en die lewe deur Rassie Erasmus, saam met David O’Sullivan: ’n onderhoud
"Ons een-punt-oorwinnings is ’n straf én ’n seën," vertel Hendrik Hancke, skrywer van Onkant!
Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Oktober in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
1 Oktober
Resensie: Laaste kans deur Marita van der Vyver (resensent: Trisa Hugo)
Resensie: Die binneland in deur Dana Snyman (resensent: Nathan Trantraal)
8 Oktober
Resensie: Dan sien ons mekaar deur James Scott (resensent: Juliana Coetzer)
Resensie: Maalkolk deur Marie Lotz (resensent: Jonathan Amid)
15 Oktober
Resensie: Stasies deur Joan Hambidge (resensent: Fanie Olivier)
Resensie: Kanniedood deur Joha van Dyk (resensent: Magdel Vorster)
Resensie: The Weight of Shade deur Michael Boyd (resensent: Jonathan Amid)
Resensie: Killer Cop: The Rosemary Ndlovu Story deur Naledi Shange (resensent: Stefaans Coetzee)
22 Oktober
Resensie: Place: South African Literary Journeys deur Justin Fox (resensent: Michiel Heyns)
Resensie: Onkant: ’n Rugbyliefdesverhaal deur Hendrik Hancke (resensie: Annelise Erasmus)
29 Oktober
Resensie: Gebeente deur Etienne van Heerden (resensent: Louise Viljoen)
Resensie: Vyf verlore vere deur Giulia le Roux, oorvertel deur Nataniël (resensent: Magdel Vorster)
Die volgende resensies het gedurende Oktober op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
24 Oktober
Boek van die maand: ‘Ons skulde’ deur PP Fourie
By die eerste lees van die titel kom die woorde uit die gebed wat Christus vir sy dissipels voorgehou het dalk by ʼn mens op: “Vergeef ons ons skulde, soos ons ons skuldenaars vergewe.”
Lees die resensie deur Johan Myburg.
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van François Lion-Cachet.
5 Oktober
Bibi Slippers se nuwe bundel: deleted scenes en bonus tracks
Verlies, die dood en eensaamheid in SJ Naudé se Van vaders en vlugtelinge
’n Bespreking deur Elzanne Coetzee
Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.
6 Oktober
Deborah Steinmair: In die merg van ons Gebeente
Kerneels Breytenbach: ’n Mirakel in net 96 bladsye
Nathan Trantraal: Kariba: wonderskone wêreld
Nadine Petrick: Dooie mense se stories help om evil uit die samelewing te vat
13 Oktober
Linza de Jager: Kaboel en die hele kaboedel
Gerda Taljaard: ‘Kwaaiwater’ kook met karakters
Deborah Steinmair: Bonnacasina Botha se ink en ander boeiers
Kerneels Breytenbach: Harvey en Elton met brannas en brandrissies
Joan Hambidge: Die verrimpelde gesig van die horlosie
20 Oktober
Ihette Senekal: Interaktiewe, skerp, kreatiewe kinderboek
Deborah Steinmair: Moorddadige tieners en internet-fandoms
Linza de Jager: Duiwelsroos se gif gaan kop toe
Kerneels Breytenbach: Fiksie is net so vreemd soos feite
27 Oktober
Louis Gaigher: Krappe met smaraggroen oë op rooi-en-wit gestreepte steeltjies en ander wonders
Joan Hambidge: Matisse, Medusa en vet enkels
Deborah Steinmair: Stop die horlosies, sit af die foon!
Linza de Jager: Hoog en suiwer tussen die pale deur
Kerneels Breytenbach: Kripto-bedrog, polisiekorrupsie, eensaamheid en melancholie
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 4 Oktober
Ilse Salzwedel gesels met Julio Agrella, skepper van die Zeus van Wyngaardt-misdaadfiksiereeks. Daar is meer oor die wenners van die ATKV Woordveertjies en die kykNET-Rapportboekpryse. In sy internasionale bydrae vertel Johan Myburg meer oor voorspellings oor wie vanjaar aangewys sal word as die wenner van die Nobelprys vir letterkunde. Hy het ook nuus oor die kortlys van die Bookerprys en die fiksiekortlys vir vanjaar se Sunday Times-letterkundeprys. Johan stel ons ook voor aan Naomi Wood, die Engelse skrywer wat onlangs aangewys is as die wenner van die 2023 BBC-kortverhaalwedstryd, en hy bring hulde aan die Britse digter en skrywer, Tobias Hill, wat onlangs oorlede is.
Woensdag 11 Oktober
Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor ’n lys Afrikaanse boeke wat sy kan aanbeveel, soos Marita van der Vyver, Madelein Rust en Nicole Jaekel Strauss se nuwe romans, en Marko van der Colff se debuutroman, Dieper drome. Ons kondig die wenner aan van die Stellenbosch Woordfees se kortverhaalbundelwedstryd. In sy internasionale bydrae vertel Johan Myburg meer oor die wenner van vanjaar se Nobelprys vir letterkunde, nuwe internasionale boeke vir jou leeslys, en ’n splinternuwe Engelse vertaling van Homeros se klassieke werk, The Iliad.
Woensdag 18 Oktober
Ilse Salzwedel gesels met vier skrywers tydens ’n spesiale opname by die Toyota US Woordfees. Johann Rossouw vertel van die inspirasie vir sy nuwe roman, Sluitstuk, en gesels ook oor Vernietig, sy vertaling van ’n roman deur die Franse skrywer, Michelle Houellebecq. Beryl Botman vertel meer oor haar twee outobiografiese boeke, Sedert die dood ons skei en Steeds bly die liefde. Rina Bester, wat die wenverhaal geskryf het vir die nuwe Woordfeesbundel, gesels oor die inspirasie vir haar verhaal. Ian Sutherland, skrywer van Catastrophe, vertel van die navorsing vir sy roman. Hy het onder andere gaan kyk het hoe lyk dit by Tjernobiel, waar ’n kernkragramp in 1986 plaasgevind het.
Woensdag 25 Oktober
Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, vertel vir Ilse Salzwedel van ’n klompie nie-fiksieboeke wat sy onlangs gelees het en kan aanbeveel. Ilse gesels met Fanie Olivier oor sy Afrikaanse vertaling van die Belgiese skrywer Erwin Mortier se Godenslaap. Johan Myburg bring hulde aan die Amerikaanse digter en voormalige Nobelpryswenner, Louise Glück, ná haar onlangse dood. Hy gesels ook oor ’n nuwe bundel kortverhale uit die pen van Jhumpa Lahiri, en ’n Duitse literêre organisasie se besluit om ’n letterkundeprys wat tydens die Frankfurtse boekeskou oorhandig sou word aan Adania Shibli, ’n skrywer van Palestynse afkoms, onbepaald terug te hou. Haar roman, Minor Detail, het reeds in 2020 verskyn en wêreldwyd groot lof ingeoes.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 3 Oktober
Nic de Jager is die voorleser in ’n reeks van drie programme oor die lewe en werk van die digter, D.J. Opperman.
Dinsdag 10 Oktober
Nic de Jager is die voorleser in ’n reeks van drie programme oor die lewe en werk van die digter, D.J. Opperman.
Dinsdag 17 Oktober
Nic de Jager is die voorleser in ’n reeks van drie programme oor die lewe en werk van die digter, D.J. Opperman.
Dinsdag 24 Oktober
Luister na die gedigte wat in vanjaar se Avbob-poësiekompetisie as wenners in die Afrikaanse kategorie aangewys is. Die voorleser is Nicole Holm.
Dinsdag 31 Oktober
Luister na gedigte oor die plaaslewe. Die voorleser is Lochner de Kock.
Boekkeuse, Fine Music Radio
Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde. Daar word twee episodes per maand vrygestel. ’n Podsending is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/
10 Oktober
Ateljeegas P.P. Fourie gesels met Riette Rust oor sy tweede roman, Ons skude. Vir poësieliefhebbers kom twee besondere digbundels aan die beurt: Erf en elders deur Kleinboer, en Louis Jansen van Vuuren se tweede bundel, Moerasperd deur die nag, wat deur Joan Hambidge bespreek word. Sy bespreek ook Naómi Morgan en Bernard Odendaal se Chanson-omdigtings, Piaf en Brel. Murasie deur Chanette Paul word deur Brenda Barlow bespreek en Riette Rust bespreek Salemstraat deur Erla-Mari Diedericks.
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Duisend-en-een-nagte. Gekeur en oorvertel deur Kader Abdolah (vert. uit Ndl deur Wium van Zyl)
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
19 Oktober
Resensie: Joan Hambidge resenseer Die belewenisse van ’n latinis deur Jan Swanepoel
25 Oktober
Resensie: Marlies Taljard resenseer Verveertaal deur Ilse van Staden
31 Oktober
Resensie: Hein Viljoen resenseer ontaard deur Pieter Odendaal
Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Oktober verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Nicole Jaekel Strauss oor Deelfontein
Onderhoud: Susan Puren gesels met Julio Agrella oor sy Zeus van Wyngaardt-reeks
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Jana Marx oor Kultusse in Suid-Afrika
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Amore Bekker oor Ek het ’n engel gesien
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Madelein Rust oor Siembamba
Resensie: Sonja van der Westhuizen resenseer On the savage side deur Tiffany McDaniel
11 Uiteenlopende Suid-Afrikaanse verhale belig diversiteit:
- Alida Vos resenseer Flora deur Engela Ovies
- Olga Krügel resenseer Down at Jika Jika Tavern en The Leopard in the Lala deur Ashling McCarthy
- Gert Venter resenseer Konkel deur Pieter Marais en It Doesn’t Have To Be This Way deur Alistair MacKay
- Antoinique van Staden resenseer Little Secrets deur Gail Schimmel en As if born to you deur Susan Newham-Blake
- Karien Labuschagne resenseer Lokval deur Bettina Wyngaard
- Danica Gouws resenseer Mermaid Fillet deur Mia Arderne en Critical But, Stable deur Angela Makholwa
- Nadia de Jongh resenseer Home making for the down-at-heart deur Finuala Dowling
- Chantelle van der Merwe resenseer All That Is Left deur Kirsten Miller
Resensie: Irma Steffens resenseer Kwaaiwater deur Irna van Zyl