Sluitstuk deur Johann Rossouw: ’n resensie

“Die verhaal gaan ten diepste oor ’n karakter wat ’n uiters gekompliseerde verhouding vanuit ’n agternaperspektief analiseer en na waarde probeer skat. Die skrywer, die vroeëre aspirantskrywer wat nou inderdaad ’n skrywer is, vertel ’n verhaal oor die fyn spel van mag, die nuanses in emosie en die skakeringe in betekenis wat na vore kom as ’n blik vanuit die hede op die verlede gerig word.”