Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger: ’n resensie

Kammawaarwêreld is ’n roman waarby talle lesers aanklank sal vind. Met die einde van die jaar wat nader kruip, is hierdie die ideale roman om tydens die vakansie te lees en te reflekteer oor die lewe en die betekenis daarvan. Want soms wil elke mens dalk net vir ’n wyle van sy of haar eie “storie” ontsnap en die nagmerrie in ’n sprokie omskep.”