PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2021

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Maart in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Maart

Resensie: Sublieme ambag oor fabels van toe en nou
Joan Hambidge resenseer Dol heuning deur S.J. Naudé

Resensie: Nuwe "Marmite-boek" is vir sommige Bovril
Ilza Roggeband resenseer Grown Ups deur Marian Keyes

Resensie: Profeet góói sy ‘nuggets’
Stefaans Coetzee bespreek Leef lig deur Jaco Strydom

Resensie: Boek moeilik om neer te sit
JB Roux resenseer Diep spoor deur Jeanette Stals

Kyk weer: Daniel Strauss praat oor sy boek, ‘Dink soos ’n miljardêr’

2 Maart

Kunsnuus: Direksie skors kunsteraad se hoof én finanshoof

3 Maart

Boekenuus: 6 Dr Seuss-boeke van die rak verwyder
Ses van Dr Seuss se kinderboeke sal nie meer gepubliseer word nie omdat dit uitbeeldings van ’n kwetsende aard bevat.

5 Maart

Boeke: Raak kanker jou? Dié boek kan help
Berig oor ’n boek wat kankerlyers en hul geliefdes kan help.

6 Maart

Profiel: Veronique Jephtas sal skreeu en sy sal luister
Laetitia Pople skryf oor Veronique Jephtas en haar debuutbundel

8 Maart

Resensie: Verse afgewerk tot sterkste essensie
Johan Myburg resenseer Swatland deur Ashwin Arendse

Boekevat: Genotskaal tel hier, g’n hogere letterkunde nie
’n Rubriek deur Ilza Roggeband

9 Maart

Kyk weer: Carla van der Spuy se ‘Gangster’ word bekend gestel

11 Maart

Boekenuus: Só gryp pandemie SA-boekbedryf aan die strot
Die Suid-Afrikaanse boekbedryf het weens die Covid-19-pandemie ’n nagmerriejaar agter die rug. Christiaan Boonzaier berig.

Boeke: Nuwe bundel fokus op sprokies oor slim, dapper meisies
AJ Opperman skryf oor die sprokiesbundel Die jongste suster en ander slim meisies

12 Maart

Sterfteberig: Chris Mann van Wordfest oorlede
Die stigter van die Wordfest-digtersfees in Makhanda is aan kanker oorlede

14 Maart

Boekenuus: Winterbach derde keer in Groot Roman-wedstryd
Nuusberig oor die kortlys vir NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd

15 Maart

Boekevat: Kô, lat ons sing, mense, vir die tale Kanaäns
’n Rubriek deur Daniel Hugo

Resensie: Held en/of tragiese figuur
Helen Schöer bespreek You Never Really Know deur John Hunt

Resensie: Liplekker, diep donker, met genoeg variasie
Annelise Erasmus resenseer Lyfskap, saamgestel deur Sophia Kapp en Leonie van Rensburg

Resensie: ‘Wetenskap’ van ras belig
Jonathan Amid resenseer How To Argue With A Racist deur Adam Rutherford

17 Maart

Boekenuus: Hier is die kortlyste vir die Andrew Murray-pryse

18 Maart

Profiel: ‘Ons soek almal ’n boek waarin ons kan tuisvoel’
Christiaan Boonzaier in gesprek met die skrywer en illustreerder André Trantraal

21 Maart

Boekenuus: Jaco Fouché wen Groot Romanwedstryd
Die skrywer is aangewys as wenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd met sy roman Simoelégri.

23 Maart

Boekenuus: Francois Smith juig oor 2de prys
Francois Smith oor die tweede prys in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd

24 Maart

Boekenuus: Kyk wie is benoem vir die UJ-pryse
Die UJ-pryse se kortlyste is aangekondig

29 Maart

Resensie: Hare-boek te kort geknip
Ronelle Simmons resenseer The Big South African Hair Book

Boekevat: ‘Met erbarming’ in die hand in die Rosestad
’n Rubriek deur Jean Meiring

Resensie: ’n Kaapse misdaadstorm
Francois Bekker resenseer The Rabbit Hole deur Mike Nicol

Resensie: ’n Kartering in woord van verlies en onskuld
Jonathan Amid bespreek ’n Hart is so groot soos ’n vuis deur P.P. Fourie

30 Maart

Profiel: Marita se brief oor verlede eintlik net proloog
Oor Marita van der Vyver se jongste boek, ’n Baie lang brief aan my dogter

31 Maart

Boekenuus: Anker wen 3de keer UJ-prys
Willem Anker is die wenner van die UJ-prys vir sy roman, Skepsel.

UJ-prys: Pedro dankbaar maar ‘bêre dit in agterkop’
Ryan Pedro het die UJ-debuutprys vir sy debuutdigbundel, Pienk ceramic-hondjies, gekry

Feeste: Suidoosterfees bied gesprekke wat prikkel, uitdaag

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Maart op LitNet verskyn:

Resensie van Die duiwel maak my hart so seer deur François Bloemhof

Nagjagter deur Jan Vermeulen, ’n lesersindruk

Gangsters deur Carla van der Spuy: ’n resensie

Brandmerk deur Christelle van Rooyen-Wessels, ’n lesersindruk

Die wonderbare Heilige Gees én die Vader van liefde: ’n Besinning oor Pieter Verster se baanbrekende boek

Slagoffer deur François Smuts: ’n FMR-resensie

Middernag deur Sidney Gilroy: ’n FMR-resensie

Donkerdrif deur Deon Meyer, ’n lesersindruk

Skadukant deur Rika Cloete: ’n FMR-resensie

Storiekaros deur Wendy Maartens, goeie stories om te kan lees

The lie of 1652: A decolonized history of land deur Patric Tariq Mellet – ’n lesersindruk

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Karl Kemp

Gangsters: ’n onderhoud met Carla van der Spuy

NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021: Kortlysonderhoud – Jaco Fouché

NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021: Kortlysonderhoud – Francois Smith

NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021: Kortlysonderhoud – Kirby van der Merwe

NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021: Kortlysonderhoud – Louis Krüger

Swatland deur Ashwin Arendse: ’n onderhoud

Harry Kalmer se In ’n land sonder voëls nou in Nederlands

Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas: boekbekendstellingsvideo

Seuns sonder pa’s deur Julian Jansen: ’n onderhoud

Rapport

Die volgende resensies het gedurende Maart in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn: 

7 Maart

Resensie: Sulke vriende is skaars: Die briewe van Arnold van Wyk en Anton Hartman, 1949-1981, saamgestel deur Stephanie Vos en Stephanus Muller, en geresenseer deur Paul Boekkooi

Resensie: Riette Rust resenseer Die kind se naam is Anneke deur Juliana Coetzer

Resensie: Jonathan Amid resenseer Die duiwel maak my hart so seer: ’n Ludo Labuschagne-wiedoenit #1 deur François Bloemhof

Skryfkring: Tienie Holtzhausen vertel meer oor die Stilbaai-skryfkring se nuwe bundel, Die tyd stap aan, wat die beste skryfwerk van sy lede bevat

14 Maart

Boekenuus: “Vyf haal kortlys in Groot Afrikaanse Romanwedstryd”
Die skrywers Kirby van der Merwe, Francois Smith, Louis Krüger, Ingrid Winterbach en Jaco Fouché is op die kortlys van NB-Uitgewers se vierde Groot Afrikaanse Romanwedstryd

Resensie: Jan-Jan Joubert resenseer Rattling the Cage: Reflections on Democratic South Africa deur Brent Meersman

Resensie: Trisa Hugo resenseer Vel: 15 oorstories deur Emma Bekker

Nuut op die rak: “Boeke uit die binnekamer” (5 nuwe outobiografieë)

  • ’n Baie lang brief aan my dogter deur Marita van der Vyver
  • The Boy Who Never Gave Up: A Refugee’s Epic Journey to Triumph deur dr. Emmanuel Taban saam met Andrew Crofts
  • Rob Davies se Towards a New Deal: a political economy of the times of my life
  • Ai, Abraham deur dr. Abraham Lückhoff;
  • en ’n heruitgawe van F.A. Venter se Kambrokind: ’n Jeugreis

21 Maart

Boekenuus: “Fouché skryf groot prys los” (Jaco Fouché wen NB-Uitgewer se Groot Afrikaanse Romanwedstryd)

Resensie: Lindie Koorts resenseer Louis Botha: Krygsman, generaal, staatsman deur Richard Steyn

Resensie: Gangster: Ware verhale deur Carla van der Spuy, geresenseer deur Stefaans Coetzee

Resensie: Jonathan Amid resenseer The Rabbit Hole deur Mike Nicol

28 Maart

Resensie: Nathan Trantraal resenseer Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas

Onderhoud: Oudregter Andries Buys, skrywer van die veelbekroonde roman Die dao van Daan van der Walt (onder die naam Lodewyk G. du Plessis), stel ’n paar vrae aan die akteur Chris van Niekerk, wat die boek voorlees op Netwerk24 (gratis vir intekenare tot einde April)

Resensie: Riette Rust resenseer Seuns sonder pa’s deur Julian Jansen

Resensie: Trisa Hugo resenseer The Boy Who Never Gave Up: A Refugee’s Epic Journey to Triumph deur dr. Emmanuel Taban en Andrew Crofts

Maroela Media 

Die volgende resensies het gedurende Maart op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

3 Maart

17 maal moord

Die boek nooi die leser om kennis te maak met die moordenaars en die doodgewone gemeenskappe waar slagoffers van die vroegste tye tot die onlangse verlede wreed aan hulle einde gekom het.

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

9 Maart

Christine le Roux Keur 6

Dit is die tipe boek waarmee jy jouself bederf wanneer die lewe en al sy probleme swaar op jou gemoed rus en jy ontvlugting soek in stories wat jou hartsnare roer, jou maak sug van genoegdoening en jou laat met ’n gevoel van tevredenheid

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

17 Maart

Evie Erdvark en haar natuurvriende

Die boodskap van elke storie is dat “elke dierspesie, van ’n aasvoël tot ’n krokodil, jou hulp nodig het om in die toekoms nog te bestaan”. Die boek het ’n waardevolle les en hoort op elke kind se boekrak.

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

25 Maart 2021

Leef voluit en vreesloos

Louise Viljoen beveel Leef voluit en vreesloos aan vir elke vrou wat ’n hupstoot nodig het wat haar selfvertroue betref.

Lees die resensie.

31 Maart

Boek van die maand: So byna blou

Dit is binne die noir tradisie waar Emile Joubert sy verhale aanbied: met heelwat verrassings in verhaallyne – by geleentheid nader aan ʼn ónwaarskynlike en daarom ʼn soms abrupte uiteinde.

Lees die resensie deur Johan Myburg.

Klyntji

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Maart onder redaksie van Francois Lion-Cachet verskyn:

2 Maart

In gesprek met die kremetart

André van der Hoven oor Wilma Stockenström en Alain Mabanckou se kremetart

27 Maart

Poetry met purpose

Elodi Troskie oor Ashwin Arendse se Swatland

Skrywers en boeke (RSG) 

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4793.

Woensdag 3 Maart

Boekliefhebbers kan luister na ’n argiefonderhoud met F.A. Venter. Ina Strydom deel haar indrukke van Willem Anker se roman Skepsel. Johan Myburg gesels oor ’n Nobelprysbekroonde Poolse roman wat binnekort in Engels beskikbaar sal wees. Luister ook hoe die digter Lawrence Ferlinghetti, wat onlangs in die ouderdom van 101 oorlede is, een van sy gedigte voorlees.

Woensdag 10 Maart

Ilse Salzwedel praat met Mike Nicol oor sy jongste boek, The Rabbit Hole. Susan Lombaard vertel meer van Akademia en Maroela Media se aanlyn skryfskool, Skryfnet. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale boekewêreld.

Woensdag 17 Maart

Ilse Salzwedel gesels met Juliana Coetzer oor haar aangrypende nuwe boek, Die kind se naam is Anneke. Sophia Kapp en Leonie van Rensburg, die samestellers van Lyfskap, ’n bundel erotiese kortverhale, gesels oor die bundel. Johan Myburg vertel meer van ’n nuwe prenteboek uit die pen van die Nobelprysbekroonde Olga Tokarczuk, nog polemiek rondom die vertaling van Amanda Gorman se digkuns en die werk van Malorie Blackman, ’n Britse kinder- en jeugboekskrywer.  

Woensdag 24 Maart

Ilse Salzwedel gesels met P.P. Fourie oor sy roman, ’n Hart is so groot soos ’n vuis. Johan Myburg vertel meer van die kortlys van die Women’s Prize for Fiction, die status van Italië se boekwinkels tydens die jongste streng Covid-19-inperking en die kortlys vir Brittanje se oudste kinder- en jeugboekprys. Jy kan ook meer uitvind oor die wenners van NB-Uitgewers se Groot Romanwedstryd en ’n nuwe versamelbundel met al NP van Wyk Louw se dramas, hoorspele en libretto.  

Woensdag 31 Maart

Die digter en skrywer Barend Toerien is vandeesweek 100 jaar gelede gebore. Ons onthou sy bydrae tot Afrikaans met ’n argiefonderhoud waarin hy gesels oor sy digkuns en reisjoernaal oor Rusland. Johan Myburg gesels oor die wenner van die Rathbones Folioprys, die kortlys vir die Dylan Thomasprys en die lewe en werk van die Egiptiese skrywer Nawad El Sadaawi wat onlangs oorlede is.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4896.

Dinsdag 2 Maart

Digter Ernest Loth lees gedigte voor uit sy debuutbundel, Uit hierdie Valkenburg, wat hy in die grendeltyd geskryf het.

Dinsdag 9 Maart

Amor Tredoux lees gedigte voor uit Eunice Basson se tweede digbundel, By die dag, wat verlede jaar verskyn het. Dit handel oor die skoonheid en besondersheid van die alledaagse bestaan en die wonder van die kleine moment.

Dinsdag 16 Maart

André Weideman lees gedigte voor uit die bekroonde digter Louis Esterhuizen se elfde digbundel, Die gladde stiltes in glas.

Dinsdag 23 Maart

Martelize Kolver lees gedigte voor uit Susan van Zyl se debuutbundel Sporofoor. Vir Susan grens misterie, soos ook humor, aan die absurde en dit is hierdie realiteit waarbinne spore uitgewys word wat deur die geskiedenis van die mensdom getrap is.

Dinsdag 30 Maart

Die rapper en digter Churchil Naudé lees van sy gedigte voor, en vertolk van sy gedigte saam met musikante Riku en Jackie Lätti. Die gedigte kom uit sy nuwe digbundel Drol innie drinkwater.

Boeken uit het Huis

De Week van de Afrikaanse roman bied in samewerking met die Taalunie en die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam ’n aantal aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: ‘Boeken uit het Huis’. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.

In Maart is die volgende gesprek beskikbaar gemaak:

25 Maart

Boeken uit het Huis: Harry Kalmer

’n Gesprek oor die verskyning van die Nederlandse vertaling van In ’n land sonder voëls deur Harry Kalmer en oor sy literêre nalatenskap.

Woorde wat weeg 

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/.

In Maart het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:

Resensie: Stipstaar deur Gerard Scholtz

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

9 Maart

Resensie: Konfessies, kaarte en konterfeitsels
Bernard Odendaal resenseer Konfessies, kaarte en konterfeitsels deur Joan Hambidge

21 Maart

Resensie: Soe rond ommie bos
Nini Bennett resenseer Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top