Swatland
Ashwin Arendse
Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795710070
Regardt Visser gesels met die digter Ashwin Arendse oor sy debuutbundel Swatland.
Ek was by die US Woordfees se 20/20-digtersbyeenkoms in 2019 toe ek vir Ashwin Arendse die eerste keer gesien het. Tussen die groot name was hierdie jong student wat wag vir sy beurt om voor te lees. Hy staan met ’n Karrimore-sak op sy rug asof hy wag om enige oomblik die pad te vat. Ek was nie seker waar hy in die prentjie pas nie, maar was geïnteresseerd om te hoor wat hy te sê het. Hy het op die verhoog geklim en gelees:
WWE
On this day I see clearly everything has come to life
A bitter place and a broken dream – Edge intro song
As laitie het ek altyd oppe Sondagaan gehyl
om bietjie later wakke te bly virrie wrestling.
My tanie val gou vi tġane
soe soedra dai voiceover speel
wat sê ôs moetie die stunts byrie hys tġy nie,
het ek my kussings ġeggepak oppie sitkamevloe
en virre ieġ lank my ma se continental in sy moer geslaan.
Ek’t altyd gedġoem daavan
ommie stoei live te gat kyk.
Byrie skool,
as ek inne stryery betġokke was,
het ek starag weggestap,
oo my skoue gekyk
en soes John Cena dai
“You can’t see me”-nommetjie gemaak.
En as ek sien ôs gat nou vys slaan,
het ek my oë omgedop,
my tong ytgestiek,
en my dym oo my nek getġek
tewyl al my tjommies dai klokgeluide
van Undertaker se intro song maak.
Soe ’n maan geliede, eintlik
heel eeste dag vannie maan,
manifest dai dġoem van my
inne strange way
Soes ek innie pad af stap begin
’n ou oem enne ou antie mekaa spear.
Twie hall of shamers biesag
om innie sand ġond te ġol.
Asof hulle virre title fight.
Ek wou die match stop, maa daa was klaa ’n ref,
’n klein meisietjie wat mieste vannie tyd gehyl et.
Soes ek kon aflei wassit ’n TLC match.
Oupa het eeste die paal innie hanne gekġy,
een hou gegie en Ouma’s flou.
Oupa march daa weg soesie
Rated-R superstar
mettie SASSA-kaaġte
ġegyt smokkie toe
omme paa lieteġkies vaalwyn te koep.
Ouma het innie sand bly lê.
En net soes in WWE wanne iemand iets bġiek
is sy oppe stretcher daa weg.
“WWE” uit Swatland, 2021
Luisteraars was agteroor geslaan, goed of sleg. Niks kon dit volg nie. Arendse het dit daai dag duidelik gemaak hy speel volgens sy eie reēls, sonder om verskoning te vra, en dat sy stem ’n stempel sal word in die literêre landskap. Vandag is ek bly om met hom te gesels oor sy debuutbundel Swatland wat pas vrygestel is.
Ashwin, wat was die relevansie van daardie dag by die Woordfees vir jou?
Ek onthou it soes giste. Ek hettie heel eeste poem wat ek geskryf et byrie said byeenkoms gelies. Jy’s reg, ek’t byrie event vi Nate [Trantaal] en Ronelda [Kamfer] ontmoet. Oppie tyd het ek klaa hulle wêk geken en groot respek gehad vi wat hulle gedoen et. Ôs hette vinnage chat gehad, contact details exchange en na daai ’n friendship persue. Besides ie feit dat ôs soese familie beginne wôd et, is hulle oek mentors vi my.
Het jy jouself nog altyd beskou as ’n digter?
Ek gie tot vedag toe moeilik vi myself ie title “poet”. Ek skryf nog altyd vi myself. My formula waavolgens ek wêk is based oppie idea van my writing gebryk asse way om sense te maak van goed in my kop en goed om my. Ek dink ek sal altyd ees vi myself skryf voo ek vi ienagieman annes kan skryf.
Wie was jou mentors wat jou bygestaan het met die skryf van die bundel?
My brasse mostly. Nate en Ronelda hette groot part gespeel innie process vannie bundel klaa skryf. Daa wasse paa mense wat my gementor et, sonne dat hulle even aware is vannit. My meisie, my familie en my community. Ryan Pedro, een van my brasse, was oek deel vannie team mense wat my gehelp et om annie einde vannie dag mette polished manuscript te sit om narie publishers toe te pos.
Iets wat vir my uitstaan in Swatland se taal-behandeling is die gebruik van die “g” met ’n kolletjie om die Swartlandse bry te verteenwoordig. Is daar ’n groter motivering agter hierdie bloot as om net die streekdialek eerlik uit te beeld?
It is nogal iets wat baie mense se aandag vang en ek’s bly jy noem dit. Isse important element vannie writing in Swatland. Vi my wassit ’n extremely liberating experience ommit innie poetry in te wêk. Die characters innie boek kannie sonne it exist ie. Die bry exist in my soes wattit innie mond van mieste vannie characters innie collection in exist. Die idea rondom ie gebryk vannie symbol innie text is oek ’n nice way omme gesprek oep te maak oo different variantions van Kaaps wat exist. Dieselle soes Ronelda byvoorbeeld skryf in Kaaps soesit gebryk wôd in Grabouw, Nathan innie Lavis en Ryan innie Kakamas, wassit oek important vi my om nie net vi myself ie, maa oek virrie Swatland ennie taal in general in, iets te offer wat add tot ie diversity en freedom van Kaapse literature.
Swatland is klein oomblikke wat verhalend vertel word. ’n Kenmerk van die mees prominente digters vandag is hierdie narratiewe struktuur wat gedigte aanneem. Hoekom dink jy is dit die geval?
’n Goeie poet vi my is ieman wie for example oore stoel inne leë kame kan skryf mettie selle focus en energy soes wat hulle oore geliefde se dood skryf. Alles daai lê in ieman se ability omme storie te vertel. Nog iets wat relevant is tottie question issie feit dat literature oppe plek is waa daa nuwe stories vetel wôd yt niewe perspectives yt. Daas iets biesag om te gebee wat exciting is en mense se aandag is daa waa goed gebee.
Wat is jou benadering tot skryf? Ek merk talle verwysings na popkultuur op – is dit ’n groot inspirasie in jou skryfwerk?
My approach oppie poetry isse observational een. Daase wide range of references dwasdee die bundel. Baie vannit isse attempt ommie community en plek so accurately as possible vas te vang. Ek gloe it offer die reader ’n experience van wat agte die scenes gebee. Daas countless references na die kleiner goed wattie speaker innie collection define. Daai issie most important verwysings innie boek. Is norag om ees daai te vestaan voo ienagiemand daa an kan dink ommie poetry te vestaan. As ieman careful genoeg die poetry lies ennie verwysings volg, sal alles clear wôd.
Waar lê die oorbrugging dan tussen hierdie verwysings en lewenservaring wat die vorm van ’n gedig neem?
Dee die kleinste opportunity te gan soek om twie wêrelde met mekaa te lat crash. Daais hoe ek myself entertained hou wannee ek skryf. Is hoe ek myself challenge.
99% of the time is ek biesag om vi niewe ways te soek oo hoe ek my childhood references kan destroy. Nie net omdat daa ’n paa goed is waavan ek wil weg kommie, maa omdat ekkit challenging vind. Die idea van pop culture en lewenservaringe met mekaa te lat bots is kind of deel van my. Ek dink is hoe mieste bruin en swart writers gewire is. Daais hoe stories aan ôs oogedra was omme gellie blik dee ou mense wat gewiet et hoe om ammel te lat stil sit en lyste dwasdee die chaos daa byte.
Beïnvloed jou studies en agtergrond as akteur jou skryfkuns?
Daase clear lyn vi my tussen my dae asse acting student en my loopbaan asse actor. Die twie het absoluut niks gemeen ie. My acting career het ek op my eie maak wêk en ek issie virre sekonde skaam om te sê dat my voorgraadse studies ampe niks vi my betieken ittie. My loopbaan asse writer het dus niks relation to my studies ie, maa my experiences innie environment waa ek gestudy et hette clear influence op Swatland. Is prominent inne poem soes “Is altyd lente in Stellenbosch”.
Is altyd lente in Stellenbosch
Daa sit ek innie vooste ġy en kwyl
soese nat toetie en dġoem dee wat
ek oppie tyd gesienit as my
gġootste accomplishment.
Rehearse al virre maan vi my
Mommy-I-made-it moment.
Ek’s geslat inne befokte gêp cause
na dġie jaa se swiet en tolerance
issit ’n móét om soese superstar te lyk
as jy jou gġaad oppie stage gat haal.
Maa narie landslied ennie inspirational speeches
dee mense wat moeg lyk vannie liewe
toe slaap ek soesie Here dee apaġtheid.
Tay maak my wakke
toe it my turn is om my ten second cameo
te maak oppie stage.
Ek’t gewiet my tanie sit ieweġs innie audience
biesag omme video te maak wat sy later
op social media gat post mette caption.
Iets innie lyn van “Mammie se trots” of
as sy Engels voel, “Mommy’s proudness”.
Vi my gannitie oorie graadvang homselfie,
maa om oppie stage te staan en af te kyk
oppe saal vol whiteys wat voel jy
behootie op hulle podium ie.
Jy voel soese moerse mirrelvinger
wat hulle geforce wôd om te syg.
Die ceremony was noggie ees klaa nie
toe kġy hulle my al tġug vi haai tien
sekondes van satisfaksie.
Ek beslyt mos om die holder oep te maak
en vi my tanie solank ’n photo te stuu van my degree.
Soedatie moment vi ôs altwie ’n bietjie langere last.
Al wat ek kô meet isse skuldbġief van veetien-thou
enne note wat vi my in mooi Afrikaans sê,
Jou ma se poes fokkol graad vi jou nie.
Ek deal met disappointment dieselle way ek deal
met as ek innie kak tġap met my niewe tekkies.
Ek gan staan oppie gġoen gġassies
en vie my tekkie skoon, en dan dink ekkie vêder oorit ie.
Wat swaa op my gelêrit is my family
wat byrie hys sit en wag vi my om yt te stiek.
Om met baie excitement vi my te sê,
“Geluk boeta. Kô ôs sien hoe lyk ’n graad.”
Hulle ken oek van disappointment
en hulle ken van skuldbriewe.
Hulle het ammel loans gemaak
ommie plus-minus een-honned-ses-en-nientag-thou te
betaal vi my veblyf en study fees virrie dġie jaa.
Stellenbosch doen my nogal soe in.
Ek het overtime gewêk vi hulle
University Theater productions
waavoo hulle in geld betaal was en ek in exposure
soese nai oppe nudist beach.
Maa ek willie nou ondankbaar klink ie,
wan Stellenbosch het vi my oek baie gegie.
Soesie privilege om te sien hoe
’n dikgesypte boeġ elke twiede Woensdag
inne sponsored-by-Pappa-Hilux veby ġy
en vi jou skġie jyse hotnot.
Elke jaa se ding, al hoe hadder en mee volbos
soesie jaa anstap.
Dan die whiteys wat die Stellenbosch
anthem sing, “Dis altyd lente
in die oë van die Stellenbosch student.”
Saloet, is altyd lente in Stellenbosch.
Gġoot wit naies wat heeljaa kaalvoet loep
met stġikkies in hulle haġe, ġient of son,
soes ou vooġtġekkeġtjies.
Maa vi coloureds is ieman wie voogetġek wôd
ieman wie gefavour wôd.
(“Is altyd lente in Stellenbosch” soos dit verskyn in Swatland, 2021)
Wat het sleg geskrewe gedigte gemeen?
It is eestens een van twie goed vi my: Óf ie poetry try te hard, óf it try nie hard genoeg ie.
Isse fact dat stories oo en oo vetel wôd. Wannee ’n poem geskryf is sonne dattie poet aware is vannie boegenoemde, kannit oek lead na ’n disaster toe. ’n Goeie bra van my het eenkee genoem hoe belangrik it is om nooit te veel te dink van jou wêk ie. Ek agree met hom, wan wannee poetry in sentimentaliteit verval, of arrogantly geskryf is, issit moeilik vi my om iets goed oo it te sê.
Wat maak ’n goeie gedig?
’n Gedig wat dee ienage ieman in ienage plek innie wêreld gelies kan wôd, maa nog steeds ’n thought offe emotion vanaf ie reader demand. Poetry wattie virrie reader vra ommie boegenoemde te doenie, maa it steeds doen, is goed. Goeie poetry sê oekie jamme nie. Goeie poetry doen wat hy wil, maa maak sieke hy kan staan wat hy doen en wat hy sê. Goeie poetry kannie vasgevra wôd ie.
Wat was die dryfkrag wat jou gemotiveer het om hierdie gedigte te skryf en uiteindelik ’n bundel saam te stel?
Die paa mense na an my, ennie goed wat ekkie naby my wil hê nie.
Vir wie is hierdie bundel geskryf?
Is eerste vi myself geskryf. Is oek virrie volgenne laaitie geskryf. Wannee ieman ie poetry lies en verstaan, issit vi hulle geskryf. Is virre klein groepie mense geskryf, maa oppie selle tyd issit vi ammel geskryf.
Die boekbekendstelling vind plaas in Malmesbury. Is daar ’n spesifieke rede vir dit?
Ek doen ie launch in my persoonlike capacity. Ek, my goose, en my tanie plan alles self. Mettie amazing support yt my community yt, issit ie regte ding om te doen. Ek prefer om voo mense te sit en praat en lies wie exactly wiet waavan ek praat en invested is in die journey soes wat ek is. Ek soek mense om my wattie daa sit mette rooi pen in hulle hand ie. Daa salle dag kom vi daai.
Swatland is my collection. Min mense sal vestaan wattit gekos et ommit tot hie te kry. Wannee ekkit launch, celebrate ôs it. Soes wat mense RSVP virrie launch en offer om ’n hand by te sit, issit clear om te sien waa my support lê. An my kant vannie brug. Hie waa ôs ammel 50 miniete innie son in moet stap tot byrie public pool omme dyk te gan vat.
Kommentaar
👏👏👏👏 Well done!
Powerful!!! #Baanbreker Kan nie wag vir my copy nie.
Dís mos poetry, net waarheid... brilliant... klas op sy eie.. Kak fokken trots op jou.