Slagoffer deur François Smuts: ’n FMR-resensie

“Smuts is ’n vernuftige woordsmid met ’n intieme kennis van die regstelsel, hofprosedures, tronktoestande en bendebedrywighede. Daarbenewens is hy wyd belese en berese, soos blyk uit verwysings na klassieke literatuur en die ontdekking van interessante kulture waarheen hy die leser oortuigend begelei.”