Seuns sonder pa’s deur Julian Jansen: ’n onderhoud

“Die boek is vir die afwesige pa wat nog huiwer om huis toe te gaan, en dié wat baie tentatief betrokke is by hul kinders se opgroei. Diegene wat dalk papgeld betaal, maar nie emosioneel betrokke is of wil wees nie. Die boek is vir diegene in alle fasette van ‘afwesigheid’. You name it. Menere, julle is potensiële bates.”