Harry Kalmer se In ’n land sonder voëls nou in Nederlands

  • 0

Harry Kalmer, wat op 26 Julie 2019 oorlede is, se laaste roman, In ’n land sonder voëls, is pas in Nederlands vertaal. Die aanlyn bekendstelling van In een land zonder vogels vind op Donderdag 25 Maart van 16:00 tot 17:00 Nederlandse tyd (17:00 tot 18:00 Suid-Afrikaanse tyd) plaas. Belangstellendes kan hier inskakel om die virtuele geleentheid by te woon. Die geleentheid is ook agterna beskikbaar vir diegene wat nie na die regstreekse uitsending kan kyk nie.

Melt Myburgh het mense wat by Harry Kalmer en die vertaling van sy boek betrokke is kortliks uitgevra oor dié spesiale gebeurtenis.

Sanpat Hattingh, Harry se weduwee

Hoe dink jy sou Harry vandag gereageer het oor die Nederlandse vertaling van In ’n land sonder voëls?

Harry sou erg gelukkig gewees het, veral oor die vertaling in Nederlands. Op universiteit het hy Afrikaans en Nederlands gestudeer, so dié taal was na aan sy hart.

Wat beteken hierdie vertaling van Harry se boek vir jou en die kinders?

Ek en sy volwasse kinders is baie bly namens Harry, en sou dit graag met hom wou deel.

Harry het natuurlik danksy die vertaling van Duisend stories enorme sukses in Suid-Afrika behaal toe A Thousand Tales of Johannesburg die Sunday Times se Barry Ronge-prys gewen het. En nou is Harry nie meer met ons nie. Hoe belangrik was dié prys vir Harry en wat het dit vir sy skrywerskap beteken?

Die prys was baie belangrik vir Harry, al was so ’n groot prys hom nooit in Afrikaans, wat sy eerste liefde was, beskore nie. ’n Groot Afrikaanse prys sou hom waarskynlik baie aangemoedig het met sy skrywery, maar terselfdertyd was Harry as skrywer geweldig selfgemotiveerd.

Pieter Rouwendal, uitgewer by Aldo Manuzio

Pieter Rouwendal (Foto: verskaf)

Vertel asseblief hoe Aldo Manuzio betrokke geraak het by die vertaling van Harry Kalmer se boek. Het Aldo Manuzio ’n ooreenkoms met PEN Afrikaans, wie se Vertaalfonds die publikasie ondersteun?

Manuzio heeft al vaker boeken uit het Afrikaans laten vertalen, zoals werken van Karel Schoeman en Wilma Stockenström. Een van de vertalers met wie ik regelmatig samenwerk is Rob van der Veer. Soms geven we elkaar tips voor interessante boeken. Een van die tips leidde me naar een literair agent in Zuid-Afrika met wie ik nog niet eerder had samengewerkt. Toen ik door zijn rechtenlijst scrolde om meteen wat andere boeken aan te vragen, viel mijn oog op het omslag van In een land zonder vogels. Ik las de omschrijving en raakte zo geïnteresseerd dat ik ook dit boek aanvroeg. Uiteindelijk vond ik dit boek vele malen beter dan de tip van Rob. Ik tipte hem toen Harry Kalmers boek, en hij raakte minstens zo enthousiast als ik.

Het lezen van In een land zonder vogels was voor mij een bijzondere ervaring. Het is me niet vaak gebeurd dat een boek me zó grijpt. Het is goed verteld; je kunt aan het scenische vertellen merken dat hij gewend is voor toneel te schrijven. Maar als je denkt dat je weet waar het verhaal heen gaat, komt er ineens een totaal onverwachte wending. Alsof je een stomp in je maag krijgt; je moet weer even op adem komen. En kort voor het eind gebeurt dat nog eens. De sfeer van het boek is beklemmend, maar aan het eind ook hoopgevend. Al met al was het een bijzondere leeservaring. Voor het eerst sinds Schoemans Dit leven voelde ik me verplicht om dit boek uit te geven.

Voor subsidie op de vertaling klopte ik aan bij PEN Afrikaans. Zij ondersteunen vertalingen van origineel Afrikaanse literatuur naar een andere taal, wat een grote stimulans is om (nog) onbekende boeken en auteurs in Nederland voor het voetlicht te brengen.

De Nederlandse lezer reageert wisselend op Afrikaanse literatuur. De reacties op Dit leven van Schoeman en op de heruitgave van Stockenströms De expeditie naar de baobab waren heel positief. Ook Dan Sleighs 1795 heeft het goed gedaan. Maar de lezers kijken niet zozeer naar het land waar de literatuur vandaan komt. Een verhaal moet de mensen aanspreken. Het moet zogezegd boven de landsgrenzen uitgaan. Naar mijn mening doet Harry Kalmers In een land zonder vogels dat zonder meer. Hij snijdt universele thema's aan, zoals de vraag wat het betekent om mens te zijn, wat je je aantrekt van het lot en het leed van anderen als je het zelf goed genoeg hebt.

Rob van der Veer, vertaler

Rob van der Veer (Foto: verskaf)

Hoe het jy as vertaler betrokke geraak by Harry se In ’n land sonder voëls?

Waarom de opdracht om In ’n land sonder voëls te vertalen naar mij is gegaan, weet ik niet precies. Ik had voor Manuzio al vier Schoemans en een Stockenström gedaan, fantastische opdrachten natuurlijk. Daarnaast heb ik uitgever Pieter Rouwendal van Manuzio regelmatig bestookt met Afrikaanse vertaalvoorstellen. Het kan zijn dat Pieter heeft gedacht: Laten we In ’n land sonder voëls maar aan Van der Veer geven, dan laat hij ons tenminste een tijdje met rust.

Wat is jou indrukke van Harry se werk, en hoe het jy dit ervaar om aan die vertaling te werk? Was daar spesifieke vertaal-uitdagings wat jy die hoof moes bied?

Van het werk van Harry Kalmer kende ik alleen Vlieger, een heerlijk boek. En nadat ik In ’n land sonder voëls had gelezen, heb ik bij het Zuid-Afrika Huis meteen vijf andere boeken van hem gehaald, die ik binnen anderhalve week heb gelezen. Dat dat kan, achter elkaar een heel aantal boeken van een schrijver lezen, zegt iets over zijn kwaliteit, maar ook over de variatie in zijn werk. Naast Voëls heb ik nu als favorieten ’n Duisend stories oor Johannesburg en En die lekkerste deel van dood wees, die ik allebei per vriendelijke gelegenheid uit Zuid-Afrika heb laten komen. Ik moest en zou ze zelf hebben!

Wat is jou indruk van In een land zonder vogels en hoe dink jy behoort Nederlandse lesers dit te lees?

In ’n land sonder voëls leest als een trein. Kalmer schrijft met veel vaart. Zijn zinnen zijn meestal kort en zijn dialogen klinken heel natuurlijk. De spanningsboog mag nergens doorbroken worden, dus ook bij het vertalen van dit boek is het voortdurend wikken en wegen wat je doet. Dus als hij schrijft “Ik struikel ergens over, val”, of “Om de paar stappen raakt een van de reuzenbladeren mijn linker- of rechterschouder, schuurt tegen mijn gezicht”, moet je daar niet van maken “Ik struikel ergens over en val” of “Om de paar stappen raakt een van de reuzenbladeren mijn linker- of rechterschouder en schuurt tegen mijn gezicht.” Kalmer varieert namelijk. Hij schrijft ook zinnen als “De vrouw voor me knielt en gebaart dat ik hetzelfde moet doen.” Als je overal die verbindende komma weghaalt en vervangt door “en” ontstaat er een eenvormige, saaiere tekst dan de schrijver zelf gewild heeft. Omdat meneer Kalmer al was overleden, kon ik hem helaas niet meer raadplegen wanneer zich een interpretatiemoeilijkheid voordeed, maar gelukkig kan ik altijd te rade gaan bij Zandra Bezuidenhout. Zij kijkt niet meer op van een hele waslijst met vragen. Ook gesoute vertaalster Afrikaans Dorienke de Vries heeft mij erg geholpen. 

In ’n land sonder voëls leest als een spanningsroman. Je zit voortdurend naar adem te happen. En na lezing kijk je naar buiten en denkt: Alweer een grijze dag, alweer die bewolking, waren de winters vroeger ook zo grauw? Hoelang duurt het voordat de vogels zijn verdwenen uit Nederland?

Hans Pienaar, jare lange vriend van Harry Kalmer

Hans Pienaar (Foto: verskaf)

Waarom is die vertaling van Harry se boek belangrik, en wat dit beteken dit vir sy literêre nalatenskap?

Sover ek weet is dit die eerste werk van Harry wat in ’n ander taal as Engels vertaal word, so dis belangrik in daardie opsig alleen. Ek hoop dis net die eerste, en dat ander tale gou sal volg. Sy skerpsinnige en gestroopte styl, sy onvoorspelbare karakters, die uiteenlopende formate van sy romans maak van hom ’n unieke skrywer, en gereed vir ’n wyer gehoor as net Suid-Afrikaanse lesers.

Jy het vir Harry as vriend en as skrywer goed geken. Hoe dink jy sou Harry vandag gereageer het oor die vertaling van In ’n land sonder voëls?

Baie geesdriftig. Hy het altyd met groot erkenning gepraat van die begronding in Nederlandse en Vlaamse fiksie wat ons destyds by Tukkies gekry het, en skrywers soos Louis Paul Boon.

Wat is jou mooiste herinneringe aan Harry?

Die warm aande om die etenstafel en die tye wanneer Harry die performer oorgeneem het en ons vergas het met sy briljante humor.

Ingrid Glorie, organiseerder van Zuid-Afrikahuis en die Taalunie se Boeken uit het Huis-praatjies

Ingrid Glorie (Foto: Isabelle Vermeij)

Verduidelik asseblief hoe die Boeken uit het Huis-inisiatief werk en wat jou betrokkenheid behels.

Die bekendstelling van die Nederlandse vertaling van Harry Kalmer se In ’n land sonder voëls is die tweede van ’n reeks maandelikse boekpraatjies wat in Februarie afgeskop het met ’n gesprek van Yves T’Sjoen met Jolyn Phillips oor haar digbundel Bientang.

Dié reeks, waarvan ek die samesteller is, is ’n projek van Zuid-Afrikahuis in Amsterdam in samewerking met die Taalunie. Ek beskou dit as ’n voortsetting van die Week van de Afrikaanse roman in die tye van korona. Ná die Afrikaanse Taalraad my in 2019 vereer het met ’n Kokertoekenning, het ek ’n manier gesoek om nuwe geleenthede te skep vir Afrikaanse skrywers en kunstenaars in die Lae Lande. Zuid-Afrikahuis, veral die direkteur, Angelie Sens, en die evenemente-koördineerder, Jamy van Baarsel, help om hierdie plan gestalte te gee.

Belangstellendes kan elke laaste Donderdag van die maand tussen 16:00 en 17:00 Nederlandse tyd inskakel op Zuid-Afrikahuis se YouTube-kanaal en saampraat deur die live chat. Maar hulle kan die program ook op ’n later tydstip terugkyk, waar hulle ook al is.

Watter gehoor het julle in die oog met die boekpraatjies?

Ons mik in die eerste plek op kykers in Nederland en Vlaandere. Dis hoekom ons gewoonlik kies vir ’n kombinasie van ’n Afrikaanse skrywer en ’n Nederlandstalige moderator. Ons werk volgens die beginsel van “luistertaal”. Die gesprekke bewys dat dit nie altyd nodig is om oor te skakel na Engels om met mekaar te kommunikeer nie. As Nederlandse mense en Afrikaanse mense mekaar tegemoetkom in hulle eie taal, kan hulle mekaar perfek verstaan.

’n Tweede groep wat ons hoop om te bereik, is die sogenaamde neerlandici extra muros. Orals in die wêreld kry jy universiteite waar studente Nederlandse taal- en letterkunde kan studeer. En binne so ’n departement Nederlands is Afrikaans baie keer ’n geliefkoosde onderdeel van die studie. In Pole, byvoorbeeld, het professor Jerzy Koch fantastiese werk gedoen om tientalle studente ’n liefde vir Afrikaans by te bring. Ons hoop om ’n bydrae te lewer wat die akademiese onderwys in Afrikaans en Nederlands sal verryk.

Ten derde het ons natuurlik ook geïnteresseerdes in Suid-Afrika op die oog. Wat óns reeks anders maak as die aanlyn boekpraatjies in Suid-Afrika, is die ontmoeting oor taal- en landsgrense heen. Vir my is dit altyd verskriklik belangrik dat Afrikaans uit sy Suid-Afrikaanse bubble kom en ook internasionaal saampraat. Want Afrikaanse skrywers en kunstenaars is lewer dikwels werk van wêreldklas gehalte.

Waarna kan lesers in die gesprek oor Harry se boek uitsien, en hoe moet hulle Vrydag 25 Maart om 17:00 Suid-Afrikaanse tyd inskakel?

Die Nederlandse vertaling van Harry Kalmer se In ’n land sonder voëls het in Februarie verskyn. Die bekendstelling vind plaas op Donderdag 25 Maart tussen 16:00 en 17:00 Nederlandse tyd oftewel tussen 17:00 en 18:00 Suid-Afrikaanse tyd. (Op Sondag 28 Maart gaan Nederland die sogenaamde somertyd in; dan loop die klok in Nederland en Suid-Afrika weer gelyk vir die volgende sewe maande.)

Ons is baie bly dat Harry se goeie vriend Hans Pienaar bereid is om iets oor Kalmer se lewe en werk te vertel. Ek reken dat dit vir baie van die Nederlandse en Vlaamse kykers die eerste keer sal wees dat hulle met Kalmer se werk kennis maak. Pieter Rouwendal, direkteur van uitgewery Aldo Manuzio, sal vertel oor sy besluit om In een land zonder vogels in Nederlands uit te gee. En die vertaler Rob van der Veer, wat in die verlede onder meer boeke van André Brink, Karel Schoeman en Wilma Stockenström vertaal het, sal vertel wat hom opgeval het tydens die vertaalproses.

Wat is die betekenis vir jou daaraan dat Harry se boek deur julle bekendgestel word?

Ek kan nie sê dat ek Harry Kalmer persoonlik goed geken het nie. Ons was twee keer by dieselfde funksie en het mekaar oor ’n afstand gegroet. En ons was die laaste jare Facebook-vriende. Dis dié dat hy geweet het dat ek absoluut mal was oor sy voorlaaste roman, ’n Duisend stories oor Johannesburg. Elke woord in daardie boek het regtig met my gepraat.

In ’n land sonder voëls is vir my ook ’n meeslepende boek. Ek het dit asemloos klaar gelees en so nou en dan uitgeroep as die storie te spannend geword het. In ’n land sonder voëls is ’n distopiese roman wat in die nabye toekoms afspeel. Dit handel onder meer oor klimaatverandering, menseregte, vlugtelinge, die kloof tussen arm en ryk, intellektuele vryheid en die belang van kuns en kultuur. Die toekomsbeeld wat Kalmer oproep is geskoei op tendense van die huidige tyd – ons tyd. Dit maak die roman krities, aktueel en relevant, selfs urgent, nie net vir Suid-Afrika nie, maar ook universeel.

Catrina Wessels, bestuurslid van PEN Afrikaans

Catrina Wessels (Foto: verskaf)

Hoe het dit gebeur dat Harry Kalmer se In ’n land sonder voëls deel geraak het van PEN Afrikaans se wonderlike Vertaalfonds-inisiatief?

Buitelandse uitgewers kan twee keer per jaar aansoek doen vir ’n vertaalsubsidie om ’n Afrikaanse boek in vertaling te laat verskyn. Pieter Rouwendal, uitgewer by Aldo Manuzio, wat al ’n indrukwekkende lys Afrikaanse werke in Nederlands uitgegee het, het verlede jaar by ons aangeklop met ’n aansoek om Kalmer se roman uit te gee.

PEN Afrikaans is nie by die stappe vooraf, soos die voorlegging van die roman en die toestaan van vertaalregte, betrokke nie. Ons het wel die sterk aansoek ontvang en ek onthou hoe duidelik dit daaruit was dat beide die uitgewer en die vertaler – Rob van der Veer, die hoogaangeskrewe literêre vertaler van onder meer Karel Schoeman – beïndruk en vasgenael was deur die roman.

Waarom is dit belangrik dat Harry se boek in Nederlands vertaal word, en wat is die impak hiervan op Harry se literêre nalatenskap en die wyse waarop Afrikaanse letterkunde in Nederland gesien word?

Dit is ’n eer vir enige skrywer om vertaal te word. Die kans is eintlik erg skraal as ’n mens aan die hoeveelheid boeke daarbuite dink en aan die dikwels uitdagende markomstandighede vir vertaalde werke. Die publikasiebesluit is op sigself al welverdiende erkenning, in hierdie geval postuum, maar die vertaling stel ook die skrywer se werk aan soveel meer lesers bekend. Dit kan weer tot verdere vertalings lei. In ’n land sonder voëls is ’n werk van spekulatiewe fiksie en die vertaling daarvan brei ook die verskeidenheid van Afrikaanse werke in Nederlandse vertaling uit. Dit is dus goed vir Harry Kalmer se literêre nalatenskap én vir Afrikaans omdat dit ons letterkunde internasionaal bevorder.

Watter ander opwindende vertaalprojekte is in PEN Afrikaans se pyplyn?

Die Vertaalfonds bly ons fokus wat vertaalprojekte betref en ons is dankbaar dat die Trust vir Afrikaanse Onderwys dit moontlik maak. Die volgende sluitingsdatum is 15 Mei en ons sien uit daarna om te sien watter aansoeke dit oplewer.

 

Lees ook:

Harry Kalmer se ATKV | Skrywersalbum op LitNet

’n Onderhoud met Pieter Rouwendal op Voertaal

Zuid-Afrikahuis se gesprek Jolyn Phillips se Bientang

Voertaal-onderhoud oor die samewerking tussen die Afrikaanse Taalraad en die Nederlandse Taalunie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top