Melt Myburgh

Melt Myburgh het ’n MA in Afrikaans en Nederlands en ’n Hoër Onderwysdiploma (HOD) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.

Hy was 15 jaar lank onderwyser in Afrikaans en Engels by hoërskole in Murraysburg, Grahamstad en Kaapstad. Hierna het hy in verskeie terreine van die literêre veld gewerk, onder meer as meningsbestuurder by LitNet, organiseerder van die US Woordfees en as senior opdraggewende redakteur by Penguin Random House SA. In die uitgewerswese was hy betrokke by verskeie topverkoper-publikasies wat internasionaal opslae gemaak het en met gesogte pryse bekroon is.

As dosent het Melt voor- en nagraadse kursusse aan die universiteite van Rhodes en Stellenbosch aangebied in die opvoedkunde en Afrikaanse letterkunde.

In 2011 het hy die Ingrid Jonker-prys vir sy digbundel Oewerbestaan ontvang.

  • Foto: verskaf 

Mercia Coetzee se ruimtelike blik op Karel Schoeman en Ria Winters

Mercia Coetzee, Melt Myburgh Onderhoude 2023-03-08

"Min ander skrywers motiveer my om paragrawe uit boeke aan my diere voor te lees net omdat dit so ongelooflik geskryf is." Mercia Coetzee gesels oor haar en Henning Pieterse se navorsing oor ruimtelike elemente in die werk van Karel Schoeman en Ria Winters.

Petra Müller onder die woord: Karen de Wet gesels oor Die skerpgevylde oomblik

Karen de Wet, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2023-02-16

"Oor die uniekheid van Müller se werk is die laaste woord nog nie gesê nie." Melt Myburgh gesels met Karen de Wet oor Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging, waarvan Karen die redakteur was.

2022: Die (on)verkwiklike jaar van Trompie en kie

Melt Myburgh Onderhoude 2023-02-02

Sal 2022 werklik onthou word as die jaar van Trompie en jeugboekkarakters? Hoor wat sê die akademici en kommentators wat by die storm oor kinder- en jeugliteratuur in 2022 betrokke was of die polemiek fyn dopgehou het.

Van monumente gepraat …

Jannie Rossouw, Melt Myburgh Onderhoude 2023-01-26

"Die uitdaging is dus om Afrikaans te handhaaf, byvoorbeeld in skole en by universiteite waar die voertaal Afrikaans is. As Afrikaanssprekendes nie hul taal gaan handhaaf nie, gaan niemand dit vir hulle doen nie."

Musiekindaba: ’n fees vir musiekliefhebbers, ’n móét vir rolspelers in die bedryf

Melt Myburgh Musiek 2022-11-22

"Of jy ’n amateurkunstenaar is wat met ’n blikkitaar jou voete probeer vind, en of jy tuis is op die troon van sukses, Musiekindaba is ’n noodsaaklike geleentheid vir mense in die Afrikaanse musiekwêreld om hul vaardighede en loopbane op te skerp en om te netwerk." – Melt Myburgh bekyk die eerste Musiekindaba-program, van 30 November tot 3 Desember 2022 op Stellenbosch.

Kommadagga-skrywers skrik nie vir moue oprol ten bate van gemeenskappe nie

Melt Myburgh Slypskole 2022-10-20

Vind uit waarom Gaasitwe Setshedi en Liziwe Ndalana, twee van ons Kommadagga-kandidate, nie bang is om moue op te rol en ’n verskil in hul gemeenskappe te maak nie.

Kommadagga writers roll up their sleeves for the benefit of the community

Melt Myburgh Slypskole 2022-10-20

Discover why Gaasitwe Setshedi and Liziwe Ndalana, two of our Kommadagga candidates, are not afraid of getting stuck in and making a difference to their communities.

Druk op navorsers om in Engels te publiseer neem wêreldwyd toe

Melt Myburgh, Hugo Lotriet Onderhoude 2022-10-11

"’n Beter oplossing sou wees dat die hoëprofiel- internasionale indekse (soos Web of Science en Scopus) hulle huidige vermoëns om artikels in ander tale te indekseer verbeter. Anders ontstaan daar te veel akademiese silo’s."

’n Bedrywige Woordfees vir Paula Fourie met Taliep, Babyboy Kleintjies en Athol

Paula Fourie, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2022-10-06

Paula Fourie is betrokke by twee van die prominentste aanbiedings op vanjaar se Toyota US Woordfees: haar boek Mr Entertainment – the story of Taliep Petersen word bekend gestel, en haar en Athol Fugard se drama Concerning the life of Babyboy Kleintjies debuteer by die fees. Melt Myburgh het met haar gesels.

Die inspirerende onnie agter Kakamas se tienertoneelprestasies

Barnie Mans, Melt Myburgh Onderhoude 2022-09-08

"Met 240 leerders is ons ’n klein skool, so almal moet alles doen, of daar is niks. My beste akteurs en aktrises is rugbyspelende landbouseuns, die kaptein van die hokkiespan, die dux-leerder …" – Ontmoet vir Barnie Mans, die onderwyser van Kakamas wie se tienertoneelgroep die land aan die brand speel.

Vincent Pienaar, Melville se onwillige literêre skat

Vincent Pienaar, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2022-08-18

"Terwyl ek by Killarney was, het ek ’n roman in Afrikaans geskryf. Dit was voor die dae van fotokopiemasjiene. Ek het die enigste bestaande manuskrip vir ’n meisie gegee om te lees. Ek wou haar beïndruk om voor die hand liggende redes, maar sy het verdwyn met die velle papier wat sy sekerlik nooit gelees het nie." – Vincent Pienaar.

Kinderboeke: Rafiek Mammon se Faizel versamel sterre in Afrikaaps

Rafiek Mammon, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2022-08-04

"Kaaps is nie iets waaroor ek mal of passionate is nie. Ek glo jy moet jouself kan uitdruk soos jy wil. Dis tog waarvoor ons geveg het, is dit nie?" Rafiek Mammon gesels oor sy boeke vir bloedjong lesers, Faizel en die sterre en ’n Goue ster vir Faizel, en vertel hoe sy Moslem-karaktertjie ’n stem help gee aan gemarginaliseerdes.

Lede van SA Akademie se Letterkundekommissie bedank oor Hennie van Coller se omstrede rubriek

Melt Myburgh Menings 2022-07-22

Marius Crous en Andries Visagie het as lede van die SA Akademie se Letterkundekommissie, onder voorsitterskap van Hennie van Coller, bedank weens die onaangenaamheid rondom menings wat Van Coller in ’n rubriek oor randfigure in kinder- en jeugverhale gelug het.

ANC-ideoloë steur hulle min aan akademici en navorsing

Johan Zaaiman, Melt Myburgh Onderhoude 2022-06-29

Met die grootskaalse plundery van ’n jaar gelede nog vars in die geheue, het Melt Myburgh vir Johan Zaaiman gevra of sulke protesaksies voorkom kan word as die ANC-regering sy vinger sterker op die pols van akademiese navorsingsresultate hou.

Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywer: Bibi Slippers oorgehaal vir die muse van die Karoo

Bibi Slippers, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2022-06-23

Bibi Slippers is die intreeskrywer van Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap. Vanaf 30 Junie gaan sy vir ’n maand lank as gas van LitNet en die Victoria Manor in Cradock se Tuishuise woon om ongesteurd aan haar nuwe digbundel te werk. Bibi gesels met Melt Myburgh oor dié salige vooruitsig.

Top