Melt Myburgh

Melt Myburgh het ’n MA in Afrikaans en Nederlands en ’n Hoër Onderwysdiploma (HOD) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.

Hy was 15 jaar lank onderwyser in Afrikaans en Engels by hoërskole in Murraysburg, Grahamstad en Kaapstad. Hierna het hy in verskeie terreine van die literêre veld gewerk, onder meer as meningsbestuurder by LitNet, organiseerder van die US Woordfees en as senior opdraggewende redakteur by Penguin Random House SA. In die uitgewerswese was hy betrokke by verskeie topverkoper-publikasies wat internasionaal opslae gemaak het en met gesogte pryse bekroon is.

As dosent het Melt voor- en nagraadse kursusse aan die universiteite van Rhodes en Stellenbosch aangebied in die opvoedkunde en Afrikaanse letterkunde.

In 2011 het hy die Ingrid Jonker-prys vir sy digbundel Oewerbestaan ontvang.

  • Foto: verskaf 

Abraham Faure – ware Renaissance-mens en "vader van die Suid-Afrikaanse literatuur"

Lizette Rabe, Melt Myburgh Onderhoude 2022-02-02

Lizette Rabe gesels oor die veelsydige Abraham Faure, "vader van die Suid-Afrikaanse literatuur", wie se pionierswerk in die kerk, onderwys en joernalistiek die Afrikaanse kultuurwêreld help vorm het soos ons dit vandag ken.

Hélène Passtoors: The life and times of an MK soldier

Melt Myburgh Interviews 2021-12-03

"If I had wanted to attack the heart of Afrikanerdom, I would have put a bomb, even a tiny one, in or around the Voortrekker Monument." In 2011, Hélène Passtoors received the Order of the Companions of OR Tambo for her contribution to the armed struggle against apartheid. In this exclusive interview with Melt Myburgh, she shares memories about her life as an MK operative.

Op die man af – Freek Robinson lig die sluier oor ’n vol, opwindende lewe

Freek Robinson, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2021-11-03

"Tydens ’n nuuskonferensie in die Franse hoofstad het Madiba verrigtinge onderbreek toe hy vir Freek in die perskorps gewaar. Net daar, omring deur die wêreldpers, het Mandela vir Freek gegroet en hom vertel hoe hy hom in die tronk op TV dopgehou het."

Annemarié van Niekerk se reis na SA se moorddadige hart

Annemarié van Niekerk, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2021-10-27

"Die boek is ’n aangrypende, ontstellende verkenning van die oorsake en omvang van die enorme geweld wat in Suid-Afrika aan die orde is, en Van Niekerk bou die narratief rondom plaasmoorde wat op Ida in die Oos-Kaap plaasgevind het." – Melt Myburgh in gesprek met Annemarié van Niekerk oor Om het hart terug te brengen.

Gedagtes van ’n bardolator oor Shakespeare, vroue en Afrikaans

Danie Stander, Melt Myburgh Onderhoude 2021-10-08

"Sommige van Shakespeare se toneelstukke was so besaai met gekruide taal dat daar in 1606 deur die Engelse regering ’n sensuurwet teen onder meer obsene taalgebruik (Act to Restrain the Abuses of Players) in dramas ingestel is." – Danie Stander deel gedagtes oor William Shakespeare en die Afrikaanse vertalings van sy dramas.

Elinor Sisulu and Puku’s combat against the "cognitive catastrophe" of illiteracy

Elinor Sisulu, Melt Myburgh Skole 2021-10-07

"Every language matters; any language is good enough. The best readers, the most challenging creative and critical thinking, the largest wins for communication skills, are across and between languages." – Elinor Sisulu, award-winning writer and human rights activist.

Marita oor Dinge: Ouers durf nie die tiener in hulself vergeet

Marita van der Vyver, Melt Myburgh Skole 2021-09-30

Met Cintaine Schutte se eenvrouvertoning van Die dinge van ’n kind binnekort op die planke by Hoërskool Jan van Riebeeck, gesels Marita van der Vyver oor tieners, ouers en waarom die boek 27 jaar ná sy verskyning mense steeds gaande het.

SA Akademie skop vas teen "drogredenasies" oor die pandemie en inentings

Anne-Marie Beukes, Melt Myburgh Onderhoude 2021-09-29

Anne-Marie Beukes, hoof van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, verduidelik waarom dié instansie sterk standpunt teen drogredenasies oor die pandemie en inentings móés inneem.

Help! Koos Kombuis se kunstefees spiraal buite alle orde!

Koos Kombuis, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2021-09-17

"Dis dalk ’n bietjie meer Kootjie Emmer as Magersfontein." – Koos Kombuis oor sy ‘crazy komedie’, Help! My dorp hou ’n kunstefees!

Die skat in Dalene Matthee se OK Bazaars-inkopiesak

Amanda Botha, Suzette Myburgh, Melt Myburgh Boeke en skrywers 2021-09-08

In 1984 het Dalene Matthee as nuweling by die Skrywersgildeberaad in Gordonsbaai opgedaag. Haar aktetas was ’n OK Bazaars-inkopiesak. Die uitgelese gehoor was neusoptrekkerig, maar nie lank daarna nie sou die skat in daardie plastieksak die wêreld na haar voete bring.

Afrikaanse letterkunde laat regsmense met nuwe oë na sake kyk

Melodie Labuschaigne, Melt Myburgh Onderhoude 2021-08-25

"Hedendaagse temas in die letterkunde wat met vrug vir regspleging ontgin kan word, is onder meer vraagstukke wat handel oor die regulering van grondeise, genetiese manipulasie, genoomkartering, kunsmatige intelligensie en aardverwarming ..." – Melodie Labuschaigne

"Afgryslik" dat vroue nog moet aandring op respek

Melt Myburgh Onderhoude 2021-08-19

"Soms word daar van vroue verwag om seksuele gunsies aan te bied in ruil vir rolle of die befondsing van projekte." – Jane Mpholo oor waarmee vroue in die vermaaklikheidsbedryf nog opgeskeep moet sit.

Elisabeth Eybers, die vrou met ’n blou fiets in Amsterdam

Ena Jansen, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2021-08-03

"Ek ken min mense wat so lekker grappe kon vertel soos sy! Sy geniet dan altyd self die 'punchline' en kyk stralend as mens lag." Ena Jansen, samesteller van die jongste Elisabeth Eybers-bloemlesing Immigrant, vertel van haar vriendskap met die digter.

AD Keet: Die man met die sandale agter "Muskietejag"

Ellen Botha, Rosa Keet, Melt Myburgh Boeke en skrywers 2021-07-22

AD Keet se "Muskietejag" is een van die bekendste gedigte in Afrikaans. Sy dogters Ellen Botha en Rosa Keet deel herinneringe en foto’s van die digter wat nog nooit voorheen in die openbare domein was nie.

 

SA bereik kantelpunt: "Cyril het die situasie totaal verkeerd gelees"

André Duvenhage, Melt Myburgh Onderhoude 2021-07-15

"President Ramaphosa hanteer die situasie uiters swak. Buiten goeie toesprake met sagte woorde lyk sy prestasiekaart ver onder die gemiddeld." – André Duvenhage oor die jongste krisis wat Suid-Afrika lamlê.

Top