Melt Myburgh

Melt Myburgh het ’n MA in Afrikaans en Nederlands en ’n Hoër Onderwysdiploma (HOD) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.

Hy was 15 jaar lank onderwyser in Afrikaans en Engels by hoërskole in Murraysburg, Grahamstad en Kaapstad. Hierna het hy in verskeie terreine van die literêre veld gewerk, onder meer as meningsbestuurder by LitNet, organiseerder van die US Woordfees en as senior opdraggewende redakteur by Penguin Random House SA. In die uitgewerswese was hy betrokke by verskeie topverkoper-publikasies wat internasionaal opslae gemaak het en met gesogte pryse bekroon is.

As dosent het Melt voor- en nagraadse kursusse aan die universiteite van Rhodes en Stellenbosch aangebied in die opvoedkunde en Afrikaanse letterkunde.

In 2011 het hy die Ingrid Jonker-prys vir sy digbundel Oewerbestaan ontvang.

  • Foto: verskaf 

Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywer: Bibi Slippers oorgehaal vir die muse van die Karoo

Bibi Slippers, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2022-06-23

Bibi Slippers is die intreeskrywer van Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap. Vanaf 30 Junie gaan sy vir ’n maand lank as gas van LitNet en die Victoria Manor in Cradock se Tuishuise woon om ongesteurd aan haar nuwe digbundel te werk. Bibi gesels met Melt Myburgh oor dié salige vooruitsig.

Milk tart, murder and literary excellence at Schreiner Karoo Writers’ Festival

Melt Myburgh Feeste 2022-06-03

The Schreiner Karoo Writers’ Festival will be held in Cradock from 16 to 21 June 2022. Melt Myburgh spoke to organisers Lisa Antrobus-Ker and Melina Smit about the fun and food visitors can look forward to.

KOER lanseer Armand hoog in die app-mosfeer

Melt Myburgh, Armand Aucamp Onderhoude 2022-05-31

"Van die begin af wou ons natuurlik hê dat ons voëltjie die nes moet verlaat en vlieg, maar ons het nie verwag dat hy teen só ’n tempo en met sulke krag die app-mosfeer sou bestyg nie!" – Armand Aucamp oor die sukses van sy maatsoek-toep, KOER.

Kommadagga 2022: Koos Kombuis onthou hoe Huisgenoot hom aan die lewe gehou het

Melt Myburgh Slypskole 2022-05-26

Die sluitingsdatum vir aansoeke vir LitNet, Huisgenoot en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool vir tydskrifverhaalskrywers is om die draai: 10 Junie 2022. Koos Kombuis vertel hoe hy as jongman oorleef het deur verhale aan Die Huisgenoot te lewer.

Literêre pryse in Afrikaans: ’n geskiedenis besaai met distels en dorings

Melt Myburgh, Marni Bonthuys, Ronel Foster Onderhoude 2022-05-17

"In ons land, waar boekverkope dikwels beperk is (veral as dit by digbundels en dramatekste kom), verskaf literêre pryse in baie gevalle ’n groter finansiële beloning as die tantième wat skrywers uit verkope kry." – Marni Bonthuys en Ronel Foster gesels met Melt Myburgh oor die omstrede geskiedenis van literêre pryse in Afrikaans.

US-intreerede: Johan Fourie kyk deur familielens na ekonomiese welvaart

Melt Myburgh, Johan Fourie Onderhoude 2022-05-12

"In Europa en Amerika is die mededinging fel – ons kan baie by hulle leer, maar die geleenthede hier aan die suidpunt bly enorm vir dié met die energie en durf om ’n kans te vat." – Johan Fourie gesels oor sy professorale intreerede op Dinsdag 17 Mei 2022 aan die US se Departement Ekonomie.

Oom Bey, my pa – die stemme in Henque Heymans se kop

Melt Myburgh, Henque Heymans Suidoosterfees 2022-04-25

Henque Heymans se Oom Bey, my pa debuteer vanjaar op die Suidoosterfees se NATi Jong Sterre-program. Hy vertel aan Melt Myburgh hoe Beyers Naudé se geskiedenis die drama geïnspireer het.

Vurige gesprekke verwag by Suidoosterfees se Jakes Gerwel-reeks

Melt Myburgh, Theo Kemp Onderhoude 2022-04-20

Theo Kemp, samesteller van die Suidoosterfees se Jakes Gerwel-gespreksreeks, laat die aap uit die mou oor die vurige sprekers en onderwerpe wat van 27 April af by Kunstekaap op die tafel geplaas gaan word.

Elna se Boekstories by KKNK beloof diep genot vir boekwurms

Melt Myburgh, Elna van der Merwe Onderhoude 2022-03-28

Elna van der Merwe, samesteller van die KKNK se Boekstories tydens die fees wat van 29 Maart tot 3 April 2022 op Oudtshoorn plaasvind, vertel vir Melt Myburgh van hoogtepunte op vanjaar se program.

Tuis of ontuis – die woonbuurte en stede van ons toekoms

Melt Myburgh, Tarina Jordaan Menings 2022-03-24

Hoe gaan Suid-Afrikaanse stede in ’n post-COVID wêreld lyk? Wat hou die grootste bedreiging vir ons woongebiede in? Wat doen mens as ontwikkelaars jou rustige straat omskep in ’n oorbevolkte studentenes? Tarina Jordaan, LitNet Akademies-navorser, gesels oor die uitdagings en veranderinge in die plekke en ruimtes waar ons woon.

SALA-toekennings 2021: ’n onderhoud met Jean Meiring

Izak de Vries, Jean Meiring, Naomi Meyer, Melt Myburgh Boeke en skrywers 2022-03-03

"Wat is ons sonder storievertellers en hul stories?"

“Mense moet hulle seatbelts saambring” – Etienne Fourie oor Stiekyt

Melt Myburgh, Etienne Fourie Onderhoude 2022-03-03

"'’n Fliek is net so goed soos die mense wat daaraan werk, en Stiekyt is geseën met mense wat nie net talentvol is nie, maar ook toegewyd.' As mense wíl, glo hy vas, dan kan berge versit word. 'En hierdie span wóú.'" – Etienne Fourie vertel van Stiekyt wat binnekort by die Silwerskermfees draai.

Teaterliefhebbers in Johannesburg byeen om kunstenaars te ondersteun

Melt Myburgh, Jean Meiring, Mike van Graan, Tendayi Dhure Teater 2022-02-22

Jean Meiring het teaterliefhebbers in Johannesburg onlangs in sy tuin byeengebring om STAND (Sustaining Theatre and Dance Foundation) te ondersteun. Mike van Graan het ’n toespraak gelewer waarin hy die verwoestende impak van Covid-19-inperkingsmaatreëls op die teaterbedryf belig het. Lees hier oor dié heerlike geleentheid en kyk na Tendayi Dhure se foto’s.

Die dinge van ’n kind in Februarie by HS Jan van Riebeeck ná COVID 2021-speelvak pootjie

Melt Myburgh Skole 2022-02-09

Nadat COVID-19-inperkingsmaatreëls die opvoering van Die dinge van ’n kind in Oktober verlede jaar gepootjie het, word die gewilde verhoogstuk wél van 23 tot 25 Februarie 2022 by Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad opgevoer.

Jong US-dosent se visie van ’n aanlyn akademiese redigeerwoordeboek

Maret Blom de Wet, Melt Myburgh Onderhoude 2022-02-09

Maret Blom de Wet, ’n junior lektor in die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands, vertel van haar navorsing oor die bruikbaarheid van ’n prototipe- aanlyn Afrikaanse akademiese redigeerwoordeboek.

Top