Melt Myburgh

Melt Myburgh het ’n MA in Afrikaans en Nederlands en ’n Hoër Onderwysdiploma (HOD) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.

Hy was 15 jaar lank onderwyser in Afrikaans en Engels by hoërskole in Murraysburg, Grahamstad en Kaapstad. Hierna het hy in verskeie terreine van die literêre veld gewerk, onder meer as meningsbestuurder by LitNet, organiseerder van die US Woordfees en as senior opdraggewende redakteur by Penguin Random House SA. In die uitgewerswese was hy betrokke by verskeie topverkoper-publikasies wat internasionaal opslae gemaak het en met gesogte pryse bekroon is.

As dosent het Melt voor- en nagraadse kursusse aan die universiteite van Rhodes en Stellenbosch aangebied in die opvoedkunde en Afrikaanse letterkunde.

In 2011 het hy die Ingrid Jonker-prys vir sy digbundel Oewerbestaan ontvang.

  • Foto: verskaf 

Fourie Botha – Penguin se geheime wapen uit die Marico

Melt Myburgh, Fourie Botha Skrywersonderhoude 2020-09-10

"Gedigte skryf is ’n klein venster wat ek oophou vir my eie persoonlikheid, want wanneer ek werk wil ek ’n skoon lei wees wat nie afgee aan ’n skrywer se skepping nie."

Mentor Rachelle Greeff sien uit na LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool

Melt Myburgh, Rachelle Greeff Slypskole 2020-08-27

"Skryf is skryf is skryf, het Deon Meyer vroeër vanjaar vir studente gesê. Dit moet helder, opwindend, energiek, interessant en prikkelend wees, want jy wil jou leser verlei om enduit te lees. En dit geld vir fiksie en niefiksie."

Tweegevreet – ’n Aksieverhaal vir fynproewers

Melt Myburgh, Zirk van den Berg Skrywersonderhoude 2020-08-20

"As dit om tegniese vernuwing of filosofiese mymeringe gaan, is ek allermins literêr. Vir my gaan dit daaroor om eerlik en onderhoudend oor mense en dinge te skryf, en om clichés te vermy."

Korona-kortverhaalfees: Frederik de Jager oor "Maer vir net een dag"

Melt Myburgh, Frederik de Jager Skrywersonderhoude 2020-08-17

"Waar mense is, is daar altyd stories. Waar hulle saam eet, is daar nog meer stories. Kos en storie is keerkante van dieselfde munt."

Korona-kortverhaalfees: Wilken Calitz oor "RE:"

Melt Myburgh, Wilken Calitz Skrywersonderhoude 2020-08-12

"'RE:' is basies ’n klomp back-and-forth e-posse tussen al die rolspelers wat hy betrek om sy plan te laat slaag. Mister X is ’n bedenklike figuur uit die onderwêreld wat die mediese fonds se vervalsing behartig."

Francois Smith se Kleinste ramp denkbaar gaan boei, terroriseer

Melt Myburgh, Francois Smith Skrywersonderhoude 2020-08-12

"Dinge werk op papier ietwat anders as in die werklikheid, en skryf is allermins ’n spieël wat jy op die sypaadjie voor Pep Stores opstel. Jy moet wel agterkom wat om te doen om daardie spieëlillusie te skep."

Korona-kortverhaalfees Maryna Blomerus oor "Doodsnaaks"

Melt Myburgh, Maryna Blomerus Skrywersonderhoude 2020-08-03

"Ek kies ’n plek of gebeurtenis uit my eie lewe wat storiewaardig is. (In 'Doodsnaaks' was dit die Aprilgek-poets op my eks.)"

Bly weg van dié woorde om aanstoot te vermy

Melt Myburgh, Jana Luther Onderhoude 2020-07-28

Jana Luther: "Vermy stereotipes. Die beste manier om onbevooroordeeld te skryf en onbevooroordeeld te praat, is om na mense te kyk en hulle as individue te beskryf."

Korona-kortverhaalfees: Moryn Hanzen oor "Rigting"

Melt Myburgh, Moryn Hanzen Skrywersonderhoude 2020-07-27

"Ons mense leer dink kreatief om ons uitdagings te bowe te kom. En ons mense kán stories vertel."

Korona-kortverhaalfees: Wilmarie Pekeur oor "Die hemel se deure staan wawyd oop"

Melt Myburgh, Wilmarie Pekeur Skrywersonderhoude 2020-07-21

"Ek het ook baie dinge van kindsdae af sien gebeur en waargeneem. Dit kan ook ’n rede wees hoekom ek dit alles op papier wil vaslê. Skryf voel ook al hoe meer vir my soos comfort en ’n wegkruipplek."

Korona-kortverhaalfees: Martin Steyn oor "Lopers"

Melt Myburgh, Martin Steyn Skrywersonderhoude 2020-07-14

"En ek het ook al ’n paar verskriklike tonele geskryf, maar ek probeer altyd om die werklike slagoffers van sulke misdade te respekteer, so ek probeer dit skryf soos wat dit is, so grafies en gewelddadig as wat nodig is vir daardie storie, maar sonder om dit te sensasionaliseer."

Jakes Gerwel se soet nalatenskap vir Afrikaans

Melt Myburgh Boeke en skrywers 2020-07-09

"Sy pa was ’n eweneens formidabele man wat vir sy tien kinders ’n skool gebou het, want daar was geen skool naby nie. Hierdie skool het die plek geword waar vele ander Oos-Kaapse kinders hulle geleerdheid ontvang het …"

Korona-kortverhaalfees: Rika Cloete oor "’n Kwessie van geloof"

Melt Myburgh, Rika Cloete Skrywersonderhoude 2020-07-06

"In 2005 het ek ’n DLitt et Phil in Duitse Letterkunde aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Dit was ’n natuurlike uitvloeisel van my destydse beroep as lektor, maar ek moet beken dat ek meer tuis voel as woordkunstenaar."

Korona-kortverhaalfees: Koos Kombuis oor ","

Melt Myburgh, Koos Kombuis Skrywersonderhoude 2020-06-29

"Voor ons ’n nuwe fase kan betree, moet ons van baie bagasie ontslae raak, en die enigste manier om dit te doen, is deur die ineengestrengelde knope van karma en skuld los te maak en, in die woorde van Annesu de Vos, 'vry uit te stap'."

Korona-kortverhaalfees: Merle Grace oor "KleinKosie"

Melt Myburgh, Merle Grace Skrywersonderhoude 2020-06-22

"Maar ek het eers in my laat twintigs ’n brief aan ’n nou bekende skrywer gepos, wat toe terugskryf en sê: 'Hoekom probeer jy nie ’n kortverhaal skryf nie?'"

Top