Korona-kortverhaalfees: Merle Grace oor "KleinKosie"
2020-06-22"Maar ek het eers in my laat twintigs ’n brief aan ’n nou bekende skrywer gepos, wat toe terugskryf en sê: 'Hoekom probeer jy nie ’n kortverhaal skryf nie?'"
Skrywers inspireer onnies en leerders met Jeugdag-boodskappe
2020-06-18Fanie Viljoen, Nadia de Kock, Wilken Calitz, Martin Steyn en Wilna Adriaanse onthou die onderwysers wat hulle geïnspireer het. Hulle het ook boodskappe vir vandag se taalonderwysers en leerders.
Korona-kortverhaalfees: Izak du Plessis oor “André Tanneman se tronk”
2020-06-15"Ek het ’n behoefte om stories te vertel. Dit brand in my soos Pablo Neruda se God in ’n rivier. Ek kan dit nie keer nie, dis so erg dat ek soms ’n geselskap kan oorneem en eers na die tyd baie verleë besef dat ek dit al weer gedoen het."
Harmonie van nuk en vonk – Johan Myburg oor die Hertzogprys
2020-06-11"Ek wil nie alles haarfyn verstaan nie. Want ek kan nie. Ek wil byvoorbeeld nie oomblik vir oomblik bedag wees op die fisiologiese prosesse wat betrokke is by my asemhaling nie. Nietemin wil ek behaaglik asemhaal en bly wees oor die feit dat ek dit kan doen. Sonder asem kan ek nie."
Korona-kortverhaalfees: Jaco Fouché oor “Magda”
2020-06-08"Eendag het sy vir my ’n lang gedig wat sy geskryf het, voorgelees, eintlik opgevoer, sommer in iemand se sitkamer. Dit was net ons twee, ek so 45 en sy in haar sewentigs."
"Hoë" boekpryse? Dís waarvoor lesers betaal
2020-06-05"Maar is boeke hier te lande werklik duur? Of moet uitgewers versigtig meet en pas om die begroting te laat klop en boeke winsgewend te produseer?"
Korona-kortverhaalfees: Zirk van den Berg oor “Greep”
2020-06-01"Daar is ’n element van openbaring, altyd. Dis die vonk wat aanleiding gee tot die storie. In ’n kortverhaal raak die vonk ’n vlam; in romans steek dit gaandeweg ook ander vure aan."
Danny Titus groet die ATKV
2020-05-26"Afrikaans is vir té lank gesien as ’n witmanstaal, en wit mense het hulleself té lank as Europeёrs beskou. 'Daar was selfs Europeans Only en Non-Europeans Only-bordjies,' verduidelik hy. 'Vandag is almal ewe skielik van Afrika.'"
Korona-kortverhaalfees: Marianne Vorster-Meyer oor "Sewentig maal sewe"
2020-05-25Marianne Vorster-Meyer oor die ander skrywer in die huis (Deon Meyer): "Hy is ’n fenomenale mentor wie se raad jy altyd onthou, bloot omdat hy dit so subtiel doen. Gelukkig weet ek hoe min ek weet. Ek luister en leer met my ego diep in my sak."
Korona-kortverhaalfees: Kristel Loots oor "Eende van dieselfde dam"
2020-05-18"Daar was ’n dag toe die buurvrou met haar Delillalyf ’n sigaret kom bedel het by die een wat ek liefgehad het. Die twee rokers het hand om die blaas eenkant toe gaan staan, daar waar dit donker was."
Korona-kortverhaalfees: Jan van Tonder oor “Pa, Ma en die liefde”
2020-05-12"Skryf is my allesoorheersende liefde. Die genre wissel. Die afgelope jare hou ek meer van romans, maar ek word soms verlei om iets anders aan te pak – aandagafleibaarheid synde een van my vele tekortkomings."
E-boeke: Afrikaans word "dood gesteel"
2020-05-06"Sommige beskou hulleself as Robin Hood-figure wat van die rykes (dis nou skrywers) steel en vir die armes uitdeel; hulle weet natuurlik hulle is rowers, hulle het dit net gerasionaliseer."
Die lekkerste en slegste boekbekendstellings ooit
2020-04-29Mis jy die samesyn met skrywers wanneer boeke bekendgestel word? Melt Myburgh het boekmense gepols oor die beste en die slegste boekbekendstellings wat hulle al meegemaak het.
Dood van ’n bankrower – Allan Heyl (1951–2020)
2020-04-21Allan Heyl: "Meester, dink jy ons sou so onnosel wees om terug te keer na ’n plek wat wemel van polisiemanne op soek na ons?"
Afspraak met moord – om sin te probeer maak van die sinlose
2020-04-09"Om Marinda Steyn sin vir sin oor die wreedste moord denkbaar aan te haal, vat aan jou."

