Melt Myburgh

Melt Myburgh het ’n MA in Afrikaans en Nederlands en ’n Hoër Onderwysdiploma (HOD) aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.

Hy was 15 jaar lank onderwyser in Afrikaans en Engels by hoërskole in Murraysburg, Grahamstad en Kaapstad. Hierna het hy in verskeie terreine van die literêre veld gewerk, onder meer as meningsbestuurder by LitNet, organiseerder van die US Woordfees en as senior opdraggewende redakteur by Penguin Random House SA. In die uitgewerswese was hy betrokke by verskeie topverkoper-publikasies wat internasionaal opslae gemaak het en met gesogte pryse bekroon is.

As dosent het Melt voor- en nagraadse kursusse aan die universiteite van Rhodes en Stellenbosch aangebied in die opvoedkunde en Afrikaanse letterkunde.

In 2011 het hy die Ingrid Jonker-prys vir sy digbundel Oewerbestaan ontvang.

  • Foto: verskaf 

Antjie se oog op môre

Melt Myburgh, Antjie Krog Skrywersonderhoude 2021-02-03

"In die lieflike liggevulde vertrek gaan sit ek die eerste oggend en op die bladsy van ’n gedig waaraan ek wou werk, begin ek, asof in ’n dwaal, asof ek oor ’n groot skeur in die grond spring, die drama skryf."

Theo Kleynhans verower die wye wêreld

Melt Myburgh, Theo Kleynhans Onderhoude 2021-01-15

Theo Kleynhans is besig om nes te skrop in Spanje. Melt Myburgh het met hom gesels oor sy opgang in die internasionale kunswêreld.

Amper Frans – die perfekte antidoot teen styfhoofdigheid

Melt Myburgh, Louis Jansen van Vuuren Skrywersonderhoude 2020-12-21

"Lag, soos al ons oumas gesê het, is die heel beste antidoot vir styfhoofdigheid en ander hardnekkige nukke. Humor is vir my net so belangrik soos dankie en asseblief."

Om alles brutaal te herrangskik – Deon Wiggett oor ’n Enkele verhaal

Melt Myburgh, Deon Wiggett Skrywersonderhoude 2020-12-10

“I can tell you for free dat die booswigte selde vreemde mans met lekkergoed in bakkies is.”

Moenie die waarde van storievertelling in skole onderskat nie

Melt Myburgh, Corné van der Vyver Skole 2020-11-26

"Persoonlike storievertelling bewerk juis dit wat in digitale storievertelling kortkom – om mense te verbind deur middel van raakpunte in die onpersoonlike digitale era. Dit het COVID-19 ons ook kom leer – ons wil êrens behoort, aan iemand raak, iemand fisies sien en hoor."

Agter die skerms met Barack Obama se megatreffer

Melt Myburgh Boeke en skrywers 2020-11-20

"Die boek word, net soos in die geval van Becoming, in Suid-Afrika gedruk. Om plaaslik te druk is goedkoper en dit skakel hoofbrekens met die verskeping van voorraad uit. Boonop verskaf dit ’n stewige finansiële inspuiting aan die Suid-Afrikaanse drukkersbedryf."

"Die Universiteit van die Vrystaat was eintlik nog altyd deel van my lewe"

Melt Myburgh, Rinda Botha Onderhoude 2020-11-18

Rinda Botha, senior dosent in die Departement Publiekreg aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die ATKV-SA Akademieprys wat sy ontvang het vir ’n LitNet Akademies-artikel oor heksery en die reg.

Passie vir boeke en skrywers voed Annie se towerkrag

Melt Myburgh, Annie Olivier Onderhoude 2020-11-13

Annie Olivier, niefiksie-uitgewer van Jonathan Ball: "Daar is min dinge wat my motiveer soos ’n skrywer wat hard werk en met niks minder as die beste tevrede is nie."

Johann Beukes: Afrikaans die soepelste taal vir filosofie

Melt Myburgh, Johann Beukes Onderhoude 2020-11-12

"Afrikaans is vir my so mooi, want dit het met grammatikale oorbodighede weggedoen. Juis daarom werk die taal so goed in en vir filosofie, waar gestroopte formulering wesenlik belangrik is in meervoudige stellinge."

Staatskaping maak korrupsiemodder nóg taaier

Melt Myburgh, Johann van Loggerenberg Onderhoude 2020-10-19

"Ek moet byvoeg dat die effek van staatskaping die klimaat vir korrupsie geweldig aangewakker het. Skielik was ons krimineleregstelsel en die SAID gebreek en was daar geen ware bedreiging vir skelms nie, en dit het hulle net meer aangespoor."

Foxwoodfees: Sandra Prinsloo gee ’n stem aan Olga Kirsch en Nerina Ferreira

Melt Myburgh Feeste 2020-10-07

By vanjaar se Foxwoodfees is Sandra Prinsloo te sien in twee aanbiedings oor onderskeidelik Olga Kirsch, die Joodse digter wat in Afrikaans geskryf het, en Nerina Ferreira, die kleurvolle aktrise en vertaler van kinderboeke en toneelstukke.

Grendelstaat ofte not – Leonie se Graffiti woeker driftig voort

Melt Myburgh, Leonie van Rensburg Onderhoude 2020-10-02

"Uitgewers begin ook nou die kleinhandelmark betree, wat vir boekwinkels nie goeie nuus is nie. Ons verskaffers word nou ons mededingers en ek dink dit is baie sleg vir boekwinkels."

Tieners vol angs, al wedywer hulle vir sterretjies

Melt Myburgh, Danie Kloppers Onderhoude 2020-10-01

"Tieners sien alles deur ’n vergrootglas: verliefdheid is LIEFDE; een klein puisie is ’n RAMP; ’n dag sonder data is ’n LEEFTYD."

André Duvenhage: Dís die ergste wat met SA kan gebeur

Melt Myburgh, André Duvenhage Onderhoude 2020-09-22

"In Suid-Afrika is politiek inderdaad ’n spel wat handel oor mag, oorlewing en bevoordeling, en jaloesie en afguns eindig dikwels met die dood. Die laaste skoot in hierdie geveg is nog nie gevuur nie en Ramaphosa se rug is baie oop."

Wini se Krismisboks vol stories!

Melt Myburgh, Wini Esterhuizen Skrywersonderhoude 2020-09-22

"Ek glo mos ’n mens moenie sonde in alles probeer sien nie. As jy ’n vurk sien lê, is daar nie noodwendig ’n duiwel naby nie!"

Top