Korona-kortverhaalfees: Marianne Vorster-Meyer oor "Sewentig maal sewe"

  • 1

Marianne, jy is ’n visuele kunstenaar en jy skryf kortverhale. Vertel ons van jou kuns en hoe die verskillende genres mekaar voed.

Wanneer ek verf, dink ek wat ek wil skryf, maar as ek begin skryf, kan ek niks anders doen totdat die storie uiteindelik klaar is nie.

Jy slyp jou skryftalent by Rachelle Greeff se skryfskool by die Breytenbach-sentrum op Wellington. Sou jy skryfskole aanbeveel vir mense wat graag pen op papier wil sit?

Een van my beste besluite ooit. Buiten Rachelle Greeff se meesterlike leiding is die simbiotiese proses tussen almal in die skryfskool van onskatbare waarde.

Vertel asseblief hoe “Sewentig maal sewe” ontstaan het. Is die karakters op werklike mense (en ’n werklike papegaai!) gebaseer? Was daar ’n insident wat die storie by jou laat ontstaan het?

Ja, die helfte is waar. Ons papegaai was vir ’n jaar en ’n half weg. Die haarkapper het my gebel, net soos in die storie. Ongelukkig was hy wel lank in haglike omstandighede … Hy wil steeds niks van my weet nie.

Jy is getroud met Deon Meyer. Hoe oorleef ’n opkomende skryftalent met so iemand in die omtrek?

Hy is ’n fenomenale mentor wie se raad jy altyd onthou, bloot omdat hy dit so subtiel doen. Gelukkig weet ek hoe min ek weet. Ek luister en leer met my ego diep in my sak.

 

Lees Marianne Vorster-Meyer se kortverhaal, “Sewentig maal sewe”, hier:

Sewentig maal sewe

Al die verhale van LitNet se Korona-kortverhaalfees is hier beskikbaar:

Korona-kortverhaalfees

 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top