“In krisistye,” sê Hennie Aucamp, “is kultuur geen luukse nie, maar die hoogste vorm van selfbehoud. Want kultuur staan vir interne orde, en interne orde is die fondament van alle beskawing.”
Toe Aucamp, een van Afrikaans se kortverhaalmeesters, dié woorde in Pluk die dag neergepen het, het hy hom waarskynlik nie kon verbeel dat die wêreld eendag deur ’n pandemie lamgelê sou word nie. En nou, terwyl die ratwerk wat samelewings aan die gang hou deur ’n onsigbare virus tot stilstand gedwing is, is kultuur belangriker as ooit.
Met die sluiting van Afrikaanse tydskrifte waarin kortverhale deur lesers geniet kon word, is dié kosbare genre opnuut onder druk. Daarom bied LitNet, met die ondersteuning van die Hiemstra Trust, die Korona-kortverhaalfees met trots aan. Ons rig ’n ope uitnodiging aan lesers om die verhale wat hier verskyn te lees en te geniet. Mag dit help om daardie “interne orde” waarvan Aucamp praat, gerig te hou. Want met ’n stewige fondament is selfbehoud ’n kliphuis wat altyd sal bly staan, maak nie saak hoe groot en dreigend die stormwolke saampak nie. Of hoe klein en onsigbaar die virus is wat ons ingrendel nie.
Lees Elias P. Nel se kortverhaal, “Die heks van Gelukspoort”, hier:
Lees Frederik de Jager se kortverhaal, “Maer vir net een dag” hier:
Lees Wilken Calitz se kortverhaal, “RE:”, hier:
Lees Maryna Blomerus se kortverhaal, “Doodsnaaks”, hier:
Lees Moryn Hanzen se kortverhaal, “Rigting”, hier:
Lees Wilmarie Pekeur se kortverhaal, “Die hemel se deure staan wawyd oop”, hier:
Lees Martin Steyn se kortverhaal, “Lopers” hier:
Lees Rika Cloete se kortverhaal, “’n Kwessie van geloof” hier:
Lees Koos Kombuis se kortverhaal “,” hier:
Lees Merle Grace se kortverhaal, “Kleinkosie”, hier:
Lees Izak du Plessis se kortverhaal, “André Tanneman se tronk”, hier:
Lees Jaco Fouché se kortverhaal, “Magda”, hier:
Lees Zirk van den Berg se kortverhaal, “Greep”, hier:
Lees Marianne Vorster-Meyer se kortverhaal, “Sewentig maal sewe”, hier:
Lees Kristel Loots se kortverhaal, “Eende van dieselfde dam”, hier:
Lees Jan van Tonder se “Pa, Ma en die liefde” hier:
Kommentaar
Baie dankie hiervoor, Aucamp se woorde laat my dink aan die filosoof Heidegger se teorie oor Seinsvergessenheit, of "the forgetting of being".
Beste Litnet
Is hierdie afdeling al gesluit?
Baie dankie
Ja.