Fiksie
Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.
Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.
If you would like to submit your writing, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published stories.
- The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Ontvoer
2026-10-01"Dan, sy: 'My kennis sê ek moet wegbly – maar my hart vra of jy my gaan innooi vir koffie.'"
Die karwag
2026-10-01"Wie gee jou die reg om hier te parkeer?" skree Daan Botha. "Betaal jy my miskien per maand?"
"Die kinders kry so warm, Meneer."
"Vat jou gebroedsels en skoert."
Elke kraak in die pad
2026-09-25"Op pad woonstel toe trap hy op elke kraak in die pad. By die derde kraak draai hy om. Niemand volg hom nie."
Om die son te sien opkom
2026-09-16"Wanneer ek deur die stoepvenster kyk, skitter die somerson reeds ’n entjie bo die see en berge. Ek vee oor my wang en my vingerpunte word nat."
Die spook van Noupoort
2026-09-03"Raap bou ’n skuur bo-oor die fondasies van die winkel. Die vroutjie sit intussen die goue ponde in ’n kakie sak wat sy toewerk en onder die grond wegsteek."
Afwesigheid koop brood
2026-09-03"Sommige mense bly in jou bloed.
En sommige mense bly net stil
My pa bly by die see."
Hoop is ’n kers wat bly brand
2026-08-27"Die kersie kos twee euro. Die kerspit vlam, flikker en brand dan stil. Sy kyk op haar horlosie. Hulle opereer al ongeveer sewe uur lank op haar kleinseun."
Die voëls van die gode
2026-08-27"Die voëls kom steeds. Elke dag dieselfde tyd.
Eers een kraai. Dan twee. Dan ’n klein groep wat soos swart gedagtes op die klip en die lae takke gaan sit."
Die influencer
2026-08-21"Ek sweer, ek haat vroue se sesde sintuig meer as ’n spieël. Mia lees nooit iets wat ek skryf nie – nooit! – totdat ek iets oor óns skryf. Dan koop sy Kuier en blaai heel eerste na die kortverhaal."
Wanneer stilte raas
2026-08-21"Dolf kyk weer af na die foto’s. Na die gesigte. Na die mense wat tegnies familie is, maar soos vreemdelinge voel."
Die rooiblom van Kepler
2026-08-13"Die windpompe draai stadig in die dun atmosfeer. Die koolstofvesellemme glinster in die oranje aandgloed. Drikus Richter staan by die grensdraad van Kepler-Rus en kyk uit oor die vlaktes waar niks groei nie. Nog nie."
Die web
2026-08-06"Johanna was nie ’n engel nie en sy het nooit so voorgegee nie. Maar sy breek nie. Sy verander rigting. Sy breek nie in storms nie. Sy verander koers."
Om te beïnvloed
2026-08-06"Haar online en ware lewe het saamgesmelt. Sy tree die heeltyd op asof sy voor die kameras is en skakel feitlik nooit af nie. Sy sê sy moet ‘always on’ wees. In haar kop is sy alewig aan die influence."
Ben kraai koning
2026-07-30"In die kajuit van die bakkie sit ek in my noppies met die klein kraai op my skoot, terwyl ons huis toe ry. Ben sit my met groot oë en aanstaar."
Hallo, Frieda
2026-07-30"Koppies val uit die kas, maar staan weer heel op en klim terug in die kas."
Op die modderpad
2026-07-16"Ewe skielik begin die bakkie se gat gevaarlik swaai. Ek sien al hoe sit ons vas en hoe moet ek my skoene en kouse uittrek en my broekspype oprol. As die bakkie eers in die slootjie aan die kant van die pad beland, is daar pêrre."
Du Plessislaan 61
2026-06-25"Daardie aand eet hulle slap pap met botter. Die volgende oggend maak Lika die piepiepot leeg. Sy spoel dit onder die kraan."
Jintoerisme
2026-06-25"Ek’s vol lag en admire amper die twee se bravery. Nie eens ek wat claim dat ek vi niks en niemand bang is, sou die guts het om só iets te try doen nie."
Dans met die malmokkie
2026-05-28"Hy moet seker vir haar sê hoe hy oor haar voel. Sy het hom al baie gepols, maar hy is mos maar ’n man, en emotions is nou eenmaal nie sy middelnaam nie."
