Fiksie

Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.

Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.

If you would like to submit your writing, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published stories.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Die laaste grap van Kleiburg

Guillaume (Gieljam) Brümmer Fiksie 2024-03-13

"Albei wette is streng afgedwing. Spioene is onder die burgers rondgestuur om te luister of hulle onnodig lag. Om hul getrouheid te toets, het die spioene dikwels die Laaste Grap vertel, en bewaar die burger wat dan nie op die regte manier lag nie!"

Die dans

Christelle Van Rooyen-Wessels Fiksie 2024-02-28

"Daar is liefde, dink sy, en dan is daar líéfde. Terwyl sy nog heimlik oor Joe gerou het, baie kere die sê-nou-maar-speletjie in haar kop gespeel het, was dit Leon wat haar liefde veilig gehou het ..."

(Tot) we(d)ersiens

Martin Labuschagne Fiksie 2024-02-14

"Die donker slaaploosheidskringe om die groot oë, die dubbelken, die ronde kop, die breë nek, die welige krulhare.
Onmiskenbaar hy.

Onmiskenbaar my pa."

The lost diaries of Tiyo Soga

Mphuthumi Ntabeni New writing 2024-02-09

"It is not easy, waiting for fair sailing weather, permanently watching for the winds to turn."

Die wenners word aangekondig in LitNet en die Langenhoven Gedenkfonds se wetenskapfiksiekompetisie

Eureka Barnard Fiksiekompetisies 2024-02-07

"Vir die Langenhoven Gedenkfonds, en vir almal wat Sagmoedige Neelsie onthou, was 2023 ’n groot jaar. Ons is dankbaar dat LitNet ingestem het om die jaar af te sluit met hierdie kompetisie wat deur die Langenhoven Gedenkfonds geborg is."

Jakhals II: Sending Moeder Aarde

Corlietha Swart Fiksiekompetisies 2024-01-17

"Dit was net hel om met julle nuwe geld maandeliks te probeer betaal, maar daarmee het Loeloeraai se agterkleinseun my digitaal gehelp – die jongspan in die ruimte ken al die nuwerwetse tegnologie."

Hawe vi’ dié wat opstaan uit die dood

Yuwinn Kraukamp Fiksiekompetisies 2024-01-17

"Vir ’n kunsmatig-intelligente entiteit wat geprogrammeer is om byna alles te voorspel, het die konsep van verrassing soos ’n klein vonkie towerkuns gevoel in ’n andersins data-gedrewe wêreld."

Om ’n klip af te sluk

Melt Botes Fiksie 2024-01-11

"Dawid skakel die bedlamp af. In die donker van sy woonstelkamer is die steen ’n swart gat tussen sy vingers. Hulle sê ’n swartgat is ’n ster wat gesterf het. Aan die einde van ’n ster se lewe raak sy massa so geweldig groot dat dit uiteindelik in homself inval en inkrimp tot ’n klein swart gat, soos groot soos die palm van sy hand, so groot soos die steen."

Salvator ex machina | Wetenskapfiksiekompetisie

Jan Schaafsma Fiksiekompetisies 2023-12-21

"Dinge raak doodernstig en gans te militaristies na sy sin. Hulle’t hom selfs ’n MX404 in die hande gestop en gewys uit watter kant die straal kom, bid jou aan!"

Martelaar | Wetenskapfiksiekompetisie

Hendrik du Plessis Fiksiekompetisies 2023-12-21

"Die oomblik toe ek die Elohimkodeks kraak, het alles weer eens verander. As hierdie inligting geskut word, sal daar nooit weer vrede wees nie."

Liefde in die lug | Wetenskapfiksiekompetisie

Anna-Marie Groenewald Fiksiekompetisies 2023-12-21

"Haar toekoms is veronderstel om op Venus te wees – die planeet van die vroue, van die liefde en die skoonheid."

’n Ander land | Wetenskapfiksiekompetisie

Sidney Gilroy Fiksiekompetisies 2023-12-14

"Hy was op die plaas toe die eerste bomme val. Dit was laataand."

Volpunte

Ena de Kock Fiksie 2023-12-14

"Hy gaan uit en skop sy sokkerbal teen die muur. Hy dink aan die perd wat nie omgee wat jy haar baba noem nie. Hy dink hy gee nie om dat sy ouma die toets sou gedruip het nie. Hy dink aan haar bewerige groot hand wat oor sy kop streel. Hy dink haar hande kan ’n dier regdokter al kan daardie hande nie skryf nie. En haar oë is sag en vriendelik al kan hulle nie lees nie."

Die hond

Jannike Bergh Fiksie 2023-12-08

"Sy het ’n voorstedelike bestaan in Pretoria geken, en bevind haar tans waar sy gaan aftree, in ’n nuwe huis tussen Rooiels en die Hangklip, tussen mooi dae wat liggies beef in die briesie en die suidooster wat die wêreld skuins waai. Sy aanvaar die nuwe bedeling met sagte, stoïese helaasheid."

Die geskiedenis van die wêreld | Wetenskapfiksiekompetisie

Jaco Fouché Fiksiekompetisies 2023-12-07

"Tot ek die ander tweeletterwoord raakloop. Jy. En steeds antwoord jy nie. Steeds doen ek my plig."

Die professor en die zombievangers | Wetenskapfiksiekompetisie

Santi Kruger Skryfkompetisies 2023-12-07

"Wat hy in die kombuis aantref, laat die bloed in sy are stol. Koue rillings gly teen sy ruggraat af. Sy ma, sy pa en Zulu is besig om iets te eet. Hulle is vol van die bloed!"

Die Toorpen | Wetenskapfiksiekompetisie

Marthie Hauptfleisch Fiksiekompetisies 2023-11-30

"Hy wonder of die pen kan skryf. Kliek-kliek-kliek druk hy die pen se knoppie. Verbeel hy hom of het hy die houtvloer nou net onder sy voete voel vibreer?"

Die geheim van Caban | Wetenskapfiksiekompetisie

Troula Goosen Fiksiekompetisies 2023-11-30

"Voor hulle skuif ’n paneel weg. Mira suig haar asem in toe sy die blou bal sien wat reg voor die ruimteskip hang. Dink net! ’n Planeet met water en suurstof nes die aarde waarvandaan hulle grootjies dekades gelede moes vlug."

Die Swartgat | Wetenskapfiksiekompetisie

Annerlé Barnard Fiksiekompetisies 2023-11-23

"President Zen het ons uitverkoop! Eers het hy die vyand toegang gegee tot die land se skaliegas en daarna nóg staatskuld aangegaan en in ruil die land se waterregte aan die vyand verkwansel. En nou wil hy mense deur wetgewing verbied om te emigreer. Wie dink hy is hy!"

Omgee is hegter as glimgroen slym | Wetenskapfiksiekompetisie

Henriëtte van Wyk Fiksiekompetisies 2023-11-23

"In die pad sit ’n special pave-worshond. Hy is pikswart met lang-lang ore. Almal skree. Ek ook. 'BRAKKENKOL!'"

Top