Fiksie
Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.
Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.
If you would like to submit your writing, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published stories.
- The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Om weg te breek
2025-12-04"Sy sug. “Mens moet darem jou followers op hoogte hou van jou shenanigans, of hoe?” Sy knipoog skalks. “Ek gaan dit hashtag as ‘Om weg te breek van dit alles’.”"
The clockmaker’s paradox
2025-11-27"The clockmaker watched him, unreadable. 'Back? There is no back. You stared into your clock. Time stared back. You were chosen.'"
Die rommelkrapper
2025-11-13"Kyk net hoe slim is hy. Hy weet die vrou het twee kinders, want daar is weekliks 14 joghurtbakkies. Die een kind moet ’n dogtertjie wees, want hy het eenkeer ’n pop met ’n af kop in een van die sakke gekry."
Kleintryn
2025-11-13"Hy staan versigtig op, steun swaar op sy kierie, omdat dit soms moeiliker is om te verstaan as om te wonder. Hy sal die verstaan in sy eie kop hou, besluit hy, want oor sekere dinge praat mens net met jouself."
Die boerbok in die kombuis
2025-11-06"Sowat twintig minute verloop voor die dokter se swierige kar in ’n stofwolk op die werf stilhou. Intussen hervat die vrou haar breiwerk. Sy oordink wat haar man gesê het. Sy is nuuskierig. Loop kombuis toe. Sy deins vervaard terug wanneer sy die boerbok sien wat op sy agterpote teen die muur aanleun."
Die vlugteling
2025-11-06"Ek maak aantekeninge, deel die mans in groepe in: Vlagswaaiers, die spreekwoordelike Facebook-warriors. Baksteenskieters, mans wat moontlik sal oorgaan tot aksie, maar nét onder die invloed van drank en groepsdruk, en nét sabotasie."
Siembamba
2025-10-30"Die diens is skaars verby of Mavis druk verby die tros adders by die kerkdeur. Sy het niks lus vir die gefluister om die teetafel waar hertzogkoekies en koeksisters die bitter waarheid moet versoet nie. Sy het haar belofte aan Sarina nagekom – sy was hier. Maar nou is dit tyd om die stof van Adderfontein van haar voete af te skud."
Katriena kom in haar blommehemel tuis
2025-10-23"Sy het in Namakwaland grootgeword en die wêreld goed geken. 'Dit is ’n dankbare kontrei,' het sy gesê. 'Dit is wel ’n harde wêreld wat meestal vaal en klipperig lyk, maar as dit die slag mooi reën, show die veld te allerliefliks af.'"
Skilpadklip
2025-10-16"Ek was die stom getuie van droogtes. Sterk westewinde het maande lank gewaai. Stofstorms en dwarrelwinde het droë tolbosse rondgewaai. Ek het gras en bossies sien verdor en diere wat van honger en dors gevrek het."
Toeskouer
2025-09-25"Iets in die kind se weerbaarheid nooi Marna in. Sy raak één met die produksie. Sy ís die dekor, die choreografie, die klankbaan. Sy ruik die ou vrou se vrees. Sy voel die kind se háát, woede, weemoed, verwarring, verwerping. Sy is nie meer ’n toeskouer nie. Sy is Marna en sy is hier."
Mooi aand vir jou
2025-08-28"Maar Karel se aandag is nie heeltemal by haar nie. Hy kyk asof senuweeagtig na die trap. Sy beduie hy moet haar volg. Op die onderste vloer staan agt of tien jong mense luid en praat en stry terwyl hulle kos bestel. Twee van die mans merk die vuil Karel en lyk dadelik op hul hoede."
Rou
2025-08-14"Haar ouers was regverdige mense. Sy is grootgemaak om mense te respekteer. Praat wanneer met jou gepraat word. Wees hoflik. Sê asseblief en dankie vir die tannie was altyd haar ma se laaste woorde voor sy afgelaai is by die min kinderpartytjies waarheen sy genooi is."
Die vlugteling
2025-07-31"Hierdie keer is die stem duidelik. Hy draai om. Sien hoe Matilda tussen die mense deur beur. Die kierie val uit sy hand. Rol knetterend eenkant toe. Hy gee ’n tree in haar rigting. Sy hardloop in sy oop arms in. Druk haar kop styf teen hom vas."
Die terugkeer
2025-07-17"Die mis begin stadig lig oor die hawe, die stad wat weer sigbaar word, stuk vir stuk, soos ’n fotograaf se beeld wat in ’n donkerkamer ontwikkel. Ben kyk na die vrou oorkant hom, na die stad om hulle, na die verlede en die toekoms wat mekaar ontmoet in hierdie oomblik van waarheid en keuse."
Koebaai, Meraai
2025-07-03"Dit is die agtiende keer dat hy in die buurt inry, en elke keer tref dit hom. Die strate is niks meer as verbrokkelde teer nie; die sypaadjies kaal grond."
Vriendskap dikker as bloed
2025-06-26"Hy staar voor hom uit met dieselfde kyk in sy oë as ter dood veroordeelde gevangenes op pad na die galg. Hy het vrede gemaak dat hy gaan sterf. Vandag. Nou."
Wanneer mens dink
2025-06-26"Daar word saam gefluit aan die einde en toe sy dit vir ’n derde keer oorspeel, kyk sy afsonderlik na elke gesig voor haar, die definisie van Suid-Afrika se reënboognasie. Verskillende tale, verskillende kulture, elkeen met sy eie agtergrond, maar verenig"
Die onthouvrou
2025-06-19"'Is dit dan net ’n vrou wat onthou?' vra sy haar nakende self in die spieël. Sy onthou die woorde van ’n liedjie wat sy iewers gehoor het: 'Vergeet om te vergeet en onthou om te onthou.'"
Op reis sonder ’n goodbye
2025-06-12"Die wond is rou. Jy het op reis gegaan sonder ’n goodbye. Jy vlieg nou hoog en is veilig."
Vry
2025-05-08"Die mense op die dorp glo hy is vervloek. Dalk is hulle reg. Watter ander seun sal ’n rot slag en in sy ma se bed los bloot omdat hy nie sy sin kon kry nie?"
