Fiksie

Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.

Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.

If you would like to submit your writing, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published stories.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Tot so ver

Solet Scheeres Fiksiekompetisies 2025-05-02

"Stella deel bladsye uit waarop sy die gedigte gedruk het. Sy wou graag met Amanda en Stef Bos begin het wat sing oor die taal van hulle harte, maar sonder ’n grootskerm gaan dit nie werk nie. Dan maar begin met die gedig uit Komrij se bundel: 'Den eerste steen van ‘t nieuwe Casteel Goede Hope heeft Wagenaar gelegt met hoop van goede Hope'."

Stienie

Martin Botha Fiksiekompetisies 2025-04-24

"Die groepie lag saggies. Ek besef dis vir Ruan, maar ek het nie eers gehoor wat die kind sê nie. Dit maak nie saak nie, ek weet dit was vir hom. Hy kon nog altyd mense laat lag."

Ver genoeg

Adele Basson Fiksiekompetisies 2025-04-24

"Toe ek egter amper by die deur is, voel ek iemand aan my arm vat. Ek ken nie die groot ou met die poniestert en ’n week oue baard nie. Nog minder hou ek van die harde vat van sy massiewe hand op my elmboog."

Sorgelose kinderjare

DeWet Bisschoff Fiksiekompetisies 2025-04-24

"Die skoolhoof het al die hele skool gedreig oor wat sal gebeur as hulle die kwaaddoeners vang. Die berugte toktokkiebende. Niemand verdink ons drie bleeksiele nie."

Saamskryf

Braam van der Vyver Fiksiekompetisies 2025-04-17

"Ek het haar op die internet ontmoet. Nie op een van daardie webwerwe waar jy mooi mense kan ontmoet net om later uit te vind dat die meisiemens met wie jy so lekker intiem gesels eintlik die bure se dogter is nie. Nee, ek het haar tydens ’n skryfkursus op een van daardie aanlyn kunstefeeste ontmoet."

Op die punt van haar tong

Sidney Gilroy Fiksiekompetisies 2025-04-17

"Ses maande na sy aankoms in Die Kaap van Goeie Hoop koop Heindrick Seitz vir hom ’n vrou. ’n Nodige belegging, skat hy, vir die lewe anderkant die Breederivier en die Swartberge wat op hom wag."

Paulus, Gary, Teboho

Amos van der Westhuizen Fiksiekompetisies 2025-04-17

"Hy vrek van die koue. Balle-soek in Julie is nie grappies nie. Die vroeë skemer van die wintersaand is op hom."

Ouma Gesie kom weer

Jan Vermeulen Fiksiekompetisies 2025-04-17

"'Is nie.' Hy beur hom verder weg met sy hande. 'Oupa Hendrik het vir Ouma Gesie op die stasie gaan haal, maar toe het sy eintlik vir hóm kom haal. Hulle is saam weg met die stoomtrein. Maar sy sê sy gaan weer kom.'"

Tom Jones in Parys

Wim Alberts Fiksie 2025-04-10

"Ek is spyt dat ek nie ’n kollega se aanbod aanvaar het om sy SLK te leen nie. Nie net sou dit dalk my klasmaats beïndruk het nie, maar omdat dit ’n afslaankap is, sou die dakliggie nie so kwaai op my bles skyn met die oopmaak van die deur nie."

'n Deurrit

Vincent Oliphant Fiksiekompetisies 2025-04-10

"Toe daardie klop aan my deur gekom het, het dit so doodgewoon geklink. Na die vertrek van die kinders en die dood van my vrou was ek al lank genoeg op my eie om nie te sit en wag dat iemand anders die deur oopmaak nie."

Ontoerekenbaar

Hannes Visser Fiksiekompetisies 2025-04-10

"Hy ken egter die feite wat in die wit spasies tussen die lyne van die handgeskrewe verklarings van Mouton lê. Hy kan die kolletjies verbind waartoe die ondersoekbeampte nie toegang gehad het nie."

Nie eers amper 'n volle dag nie

Jurgen Smith Fiksiekompetisies 2025-04-10

"Agnes bly verstom hoe naby Marta aan Stevan se oorlede vrou lyk. Iets wat duidelik onder Stevan se onderbewussyn drentel, maar te gevaarlik is om op te bring."

Klein botteltjie, groot gif

Anton Döckel Fiksiekompetisies 2025-04-10

"Onder haar vloer in die slaapkamer was ’n klein vertrek wat deur haar man as ’n stoorplek gebruik is. Sy het nooit iets vermoed nie, het Henrietta vertel. Haar man, ’n pastoor, het haar vertel hy gebruik die spasie vir sy meditasies."

Evelina se bord

Judith Grobler Fiksiekompetisies 2025-04-03

"Die wet het verander toe ek sestien jaar oud was en op papier was ons almal nou dieselfde. ’n Mens kan egter nie ’n wet in iemand se hart skryf nie. Daarvoor het jy ’n ommekeer nodig."

Hier is Lisa

Juliana Coetzer Fiksiekompetisies 2025-04-03

"’n Gesig in die bed kyk my uitdagend aan. Die PhD-student. 'Wat het jy verwag? Jy is dan permanent dronk', sê Gerrit."

Skoen

Marana Brand Fiksiekompetisies 2025-04-03

"Pa tel Doors se skoen op in sy bruingebrande boerehande. Hy plaas dit liefderyk terug in die blink boks, vou dit in die swart sneespapier toe, kyk lank daarna. Hy sit die deksel stadig op en loop met krom skouers kas toe, maak keel skoon, druk verby my ma en bêre dit diep, diep agterin. "

Haar ander vel

Roela Hattingh Fiksiekompetisies 2025-04-03

"Die vrou tel haar slimfoon op. Sy vee die foto van die seeleeu op die strand uit. Dit is nou ver genoeg."

Ek speel vijool

Antoinette Coetzee Fiksiekompetisies 2025-03-27

"Skaars twee maande nadat sy met ’n bottel pryswenner-witwyn, geel rose en ’n Carol Boyes-vaas aftree, is Bella weer terug in haar onderwyspos."

En vergewe ons ons wonde

Mercia S Burger Fiksiekompetisies 2025-03-27

"As kind het ek hoeveel keer gebid dat God, enige God, my moet vergewe. Asof die vergifnis van ’n onsigbare wese alles sou regmaak. Daar is min mense so selfbejammerend soos iemand wat om vergifnis bid, glo my."

Een en een maak twee

Benita Hartman Fiksiekompetisies 2025-03-27

"Aanvaarding is ’n besluit. Vrede is ’n besluit. Geluk is ’n besluit, al moet jy dit daagliks en selfs soms uurliks doen."

Top