Marianne Vorster-Meyer

Marianne Vorster-Meyer is ’n boorling van Aliwal-Noord.

As oudonderwyseres van Bloemfontein het sy vir 17 jaar in die Karoo (Beaufort-Wes) gewoon en kreatiwiteitsklasse vir volwassenes en kinders aangebied. Sy skilder voltyds en is tans besig met haar tweede jaar in die skryfskool by die Breytenbach-sentrum onder leiding van Rachelle Greeff.

Sy is ’n ma van drie en woon saam met haar man, Deon, in Stellenbosch.

Korona-kortverhaalfees: Marianne Vorster-Meyer oor "Sewentig maal sewe"

Marianne Vorster-Meyer, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2020-05-25

Marianne Vorster-Meyer oor die ander skrywer in die huis (Deon Meyer): "Hy is ’n fenomenale mentor wie se raad jy altyd onthou, bloot omdat hy dit so subtiel doen. Gelukkig weet ek hoe min ek weet. Ek luister en leer met my ego diep in my sak."

Sewentig maal sewe

Marianne Vorster-Meyer Fiksie 2020-05-25

"Vandag verg dit inspanning om haar gewone dagtake af te handel. Sy bly wonder hoe hy dit regkry om te hoor wat vir Kasper pla. As sy net kan skelm kyk wat hy doen."

Top