Korona-kortverhaalfees: Koos Kombuis oor ","

  • 0

Koos, dit lyk of hier twee tekste in die verhaal inmekaar vloei. Is dieselfde spreker aan die woord in albei gevalle? Of is dit heiligskennis om ’n skrywer oor sy eie werk uit te vra? Opperman het mos gesê skrywers moenie om hul eie neste skrop nie!

Dit is dieselfde spreker, maar die teks in kursief verteenwoordig ’n innerlike gesprek of monoloog (ek bedoel met “innerlike gesprek” nie slegs ’n onsamehangende reeks emosies of beelde nie, maar die “wete” soos beskryf in die werk van Zdravko Radman).

Jou verhaal bied ’n droewige visie van die wêreld wat deur die koronavirus besmet is. Dink jy die Afrikaanse letterkunde met sy ingebedde Opperman-Van Wyk Louw-hiërargie gaan finaal deur hierdie virusgedoente in die kiem gesmoor word?

Ek hoop so. Dis nie dat ek die verlede wil ontken nie – ek is nie ’n skender van standbeelde nie – maar daar het aan daardie era ’n vloek gekleef wat dit moeilik gemaak het, veral vir ons jonger skrywers destyds, om ons oorgeërfde literatuur te skei van die sondes van die vaders.

Voor ons ’n nuwe fase kan betree, moet ons van baie bagasie ontslae raak, en die enigste manier om dit te doen, is deur die ineengestrengelde knope van karma en skuld los te maak en, in die woorde van Annesu de Vos, “vry uit te stap”.

Die konkrete handelinge van die karakter – hande was en uitstap met sy hond – verteenwoordig die dade van ’n man wat sy eie innerlike wete wil uitvoer en wat dringend op soek is na absolusie. Dis ’n immer onvoltooide proses, ongelukkig, vandaar die gebruik van die komma-leesteken as hoofmeem in die verhaal en ook in die titel.

Hoe gereeld skryf jy kortverhale? Is jy nog bedrywig in die tydskrifmark?

Ek het gereeld vir Vrouekeur geskryf totdat die tydskrif gesneuwel het, en ek het onlangs nog ’n paar stories vir Huisgenoot gelewer. Tot so twee jaar terug het ek elke jaar ’n Kersverhaal vir Sarie ook geskryf.

 

Lees Koos Kombuis se kortverhaal, “,” hier:

,

Al die verhale van LitNet se Korona-kortverhaalfees is hier beskikbaar:

Korona-kortverhaalfees

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top