PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2021

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende April in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 April

Boekenuus: 13 vertaalde boeke op Internasionale Booker-langlys
Nuusberig oor langlys vir die Internasionale Bookerprys.

7 April

Onderhoud: Schaffer ‘skroomvallig’ oor prys vir jongste digbundel
AJ Opperman in gesprek met Alfred Schaffer

9 April

Onderhoud: Hykie Berg wen prys met boek oor dwelmhel
AJ Opperman in gesprek met Hykie Berg

12 April

Resensie: Comrades-inspirasie soos min vir groentjies
Sarel van der Walt resenseer Winged Messenger deur Bruce Fordyce

Boekevat: Wanneer Seamus Heaney, Yeats jou lewe red
’n Rubriek deur Jo Prins

13 April

Profiel: Bekker kyk in bundel kortverhale na dít onder vel
AJ Opperman skryf oor die digter Emma Bekker se debuutkortverhaalbundel

14 April

Onderhoud: Van Coller dankbaar vir Afrikaanse prys in moeilike tyd
AJ Opperman in gesprek met Hennie van Coller

12 dapper SA vroue hou fakkel vir jong lesers
Laetitia Pople in gesprek met Wendy Maartens oor haar nuwe kinderboekreeks

15 April

Suidoosterfees: Towerkaravaantjie maak draai op Suidoosterfees
Nuusberig oor ’n kinderteaterproduksie wat op kinderboeke gebaseer is

Boekenuus: Franse vereer superskrywer Deon Meyer

16 April

Onderhoud: Carstens ‘doen net sy werk’; bly oor Akademie-prys
Gert van der Westhuizen in gesprek met Wannie Carstens

19 April

Resensie: Militêre geskiedenis met nuwe oë bekyk
Gert van der Westhuizen resenseer Sights, Sounds, Memories, saamgestel deur Ian van der Waag

Resensie: Snakskrif nie vir sensitiewe lesers nie
J.B. Roux resenseer Dominique deur Erla-Mari Diedericks

Resensie: Hoe om vryskut te werk én kop te hou
Jonathan Amid resenseer Solo deur Rebecca Seal

Resensie: Bloemhof se ‘wiedoenit’ hou leser enduit aan die raai
Neil van Heerden resenseer Die duiwel maak my hart so seer deur François Bloemhof

Boekenuus: Finaliste in Sanlam-jeuglektuur
Die finaliste in die Sanlam-pryse vir jeuglektuur is aangekondig. Sien die name van finaliste by hierdie skakel.

Boekenuus: ‘Kamphoer’ nou ook in Frans
Nuusberig oor die verskyning van die Franse vertaling van Kamphoer deur Francois Smith

Boekenuus: Dolf van Niekerk ontvang eerbewys van UV
Die skrywer dr. Dolf van Niekerk (92) is deur die Universiteit van die Vrystaat met ’n eredoktorsgraad in die lettere vereer. 

20 April

Boekenuus: Fanie Viljoen kry Tienie Holloway-prys
Elretha Britz berig. 

21 April

Boekenuus: Deon Meyer verras met Franse bedanking toe hy prys kry

Onderhoud: Jeugskrywer 3de keer finalis
Elretha Britz in gesprek met Annerle Barnard

Boeke: Skrywer besoek huis waar ‘monster-pa’ hom, ma wou doodmaak
Oor Bloemfonteinse bekendstelling van ’n Hart is so groot soos ’n vuis deur P.P. Fourie

23 April

Profiel: Skrywer Francois Smith voltooi sy ‘Vrystaatse Drie’
Charné Kemp in gesprek met Smith oor sy nuwe werk.

24 April

Boekenuus: ‘Pippie Langkous’-omnibus nou beskikbaar
Elretha Britz berig.

25 April

Skrywersnuus: 6 skrywers na Paulet-huis
Nuusberig oor suksesvolle aansoekers vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021

26 April

Resensie: Die alledaagse se vernietigende geweld
Jean Meiring resenseer Dinge van ’n hond deur S.P. Benjamin

Resensie: ‘Gangster’ gryp aan die hart
Ronelle Simmons resenseer Gangster deur Carla van der Spuy

Boekevat: Emosionele reaksie bepaal uiteindelik begrip
’n Rubriek deur Willie Burger

Resensie: Yslandse krimi mesmeriseer
Sonja van der Westhuizen resenseer Silenced deur Sólveig Pálsdóttir

28 April

Boekenuus: 6 skrywers ding mee om Internasionale Booker-prys

Boekenuus: Jou volgende luisterboek is...
Netwerk 24-intekenare kan uitsien na die spanningsroman Onsigbaar deur Deon Meyer.

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in April op LitNet verskyn:

Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen, ’n lesersindruk

Die duiwel maak my hart so seer deur François Bloemhof, ’n lesersindruk

Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen: ’n lesersindruk

God Is daar ’n ander antwoord? deur Ben du Toit: ’n lesersindruk

Dol Heuning deur SJ Naudé – ’n lesersindruk

Dinge van ’n hond deur SP Benjamin, ’n lesersindruk

Roman North Africa: Environment, society and medical contribution deur Louise Cilliers: ’n resensie

Karoofossiele: Suid-Afrika se eerste landdiere deur MA Cluver: ’n lesersindruk

Stilspraak: Strijdom van der Merwe en landkuns deur Carina van der Walt: ’n resensie

Versamelde dramas – NP Van Wyk Louw: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Op soek na Saartjie deur Dominique Malherbe: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Barmhartigheid aan duisende: ’n Familiesage uit die Sandveld: ’n onderhoud met Beatrix Kotzé

Eintlik alles: ’n onderhoud met Alta Cloete en Lisa Uys

Stalmaats: ’n onderhoud met Lize Roux

Die kind se naam is Anneke: ’n onderhoud met Juliana Coetzer

Tienie Holloway-medalje 2021: ’n onderhoud met Fanie Viljoen en Tumi Steyn

Sanlamprys vir jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Betsie van Niekerk

Frederik de Jager: ’n Herd wat knetter met stories

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Salvia Ockhuis

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Sarie Nell

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Andries Bezuidenhout

Sanlamprys vir Jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Faeed Amardien

 

Die volgende resensies het gedurende April in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

4 April

Resensie: Annelise Erasmus bespreek ’n Baie lang brief aan my dogter deur Marita van der Vyver

Resensie: Dink soos ’n miljardêr deur Daniel Strauss, geresenseer deur Nellie Brand-Jonker

Resensie: Magdel Vorster bespreek “Kennis in ’n kits” – Andreas en Schalk Engelbrecht se Waar kom ons vandaan?,  Lucy Bell se Jy kan die wêreld verander en Alix Wood se Biologie-eksperimente in jou agterplaas en Fisika-eksperimente in jou agterplaas

Nuut op die rak: “Vier bundels vir versverslaafdes”

  • Bernard Odendaal se tweede digbundel, Nootvat. Kwashaal. Stapel.;
  • Joan Hambidge se 22ste bundel, Konfessies, kaarte en konterfeitsels;
  • Marlise Joubert se tiende digbundel, Disteltyd; en
  • Years Of Fire And Ash: South African Poems Of Decolonisation, saamgestel deur Wamuwi Mbao 

Skryfnuus: “Wen groot met jou jeugroman” (Lapa se jeugromanwedstryd) 

11 April

Resensie: Hitler’s Spies: Secret Agents and the Intelligence War in South Africa deur Evert Kleynhans, geresenseer deur Rodney Warwick

Resensie: Louise Viljoen resenseer Dol heuning deur S.J. Naudé

Resensie: Juliana Coetzer resenseer La: ’n Reis na die lig deur Ansja Ferreira

Nuut op die rak: “’n Trio nuwe bio’s”

  • Laramie: ’n Terugblik op Eugène N. Marais, saamgestel deur Jeanette Ferreira;
  • Ek onthou: ’n Outistiese seun se lewensreis deur Anton Müller;
  • Michael le Cordeur se Davy Samaai: Kampioen van die Struggle

18 April

Resensie: Jean Meiring resenseer Man op ’n fiets êrens heen: 55 stories van mense onderweg deur Frederik de Jager

Resensie: Jan-Jan Joubert resenseer Future Tense: Reflections on My Troubled Land deur Tony Leon

Resensie: Ronelda S. Kamfer resenseer Drol innie drinkwater deur Churchil Naudé

Resensie: Magdel Vorster oor Jy sê, ek sê, ons sê, saamgestel deur Marita van der Vyver

25 April

Resensie: Dave Pepler resenseer It's Not About the Bats: Conservation, the coronavirus and how we must reset our relationship with nature deur Adam Cruise

Resensie: Trisa Hugo resenseer Mieke deur Mariël le Roux 

Resensie: Rogues’ Gallery: An Irreverent History of Corruption in South Africa, from the VOC tot the ANC deur Matthew Blackman en Nick Dall, geresenseer deur Theunis Engelbrecht

Resensie: Jonathan Amid bespreek Klara and the Sun deur Kazuo Ishiguro 

Die volgende resensies het gedurende April op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

1 April

Armand kook kaal volume 2

Al suggereer die titel en die voorbladfoto stuitig dat Aucamp nakend kook, beteken dit eintlik dat hy verkies om met vars, onverwerkte en onverfynde bestanddele sy ding in die kombuis te doen.

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

7 April

Die kind se naam is Anneke

“Vandag weet ek: toe ek tot op die uiterste uitgedaag is deur my kind, het ek die liefde op sy sterkste gevoel.”

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

13 April

Ai, Abraham

“Een lag, selfs net ’n glimlag, is beter as al my medisyne.”

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

20 April

Jy kan die wêreld verander

Ek is baie beïndruk met hierdie broodnodige en baie welkome toevoeging tot literatuur wat kinders opvoed om omgewingsbewus te wees en die aarde te beskerm.

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

22 April

Boek van die maand: Die nag ruik na spoed

Schoombie se bundel kortverhale is nie bedoel om in een sitting of oor ʼn naweek afgerammel te word nie. Beste is om een verhaal op ʼn slag te lees en ontrafelend en besinnend daarmee om te gaan …

Lees die resensie deur Johan Myburg.

28 April

Gangster

Die boek gaan oor méér as net misdadigers en slagoffers. Dit gaan ook oor diegene wat hulle lewens omdraai en die gemeenskap begin dien. Dit gaan oor helde wat opstaan en ’n verskil probeer maak.

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende April onder redaksie van Francois Lion-Cachet verskyn:

24 April

Veronique Jephtas praat nie ommie bos nie
‘Protespoësie as 'n weapon of choice’ – Andréa Müller oor Veronique Jephtas se debuutbundel

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4793.

Woensdag 7 April

Vanjaar dertig jaar gelede het die Suid-Afrikaanse skrywer Nadine Gordimer die eerste Suid-Afrikaner geword wat die Nobelprys vir Letterkunde gewen het. Hoor wat het sy tydens haar geskiedkundige aanvaardingstoespraak gesê oor skrywer-wees en skryf. Johan Myburg vertel meer van The Guardian se lys van die 10 beste boeke van die afgelope 20 jaar, die kortlys van die Dublin Letterkundeprys, en Dante, wat vanjaar 700 jaar gelede gebore is. Jy kan ook luitser na ’n voorlesing van die inleiding van sy Divine Comedy.

Woensdag 14 April

Ina Strydom gesels met Willem Anker oor sy bekroonde roman, Skepsel. ’n Luisteraar vertel van haar leesprojek vir kinders. Suzette Kotze-Myburg vertel hoekom sy The Boys in the Boat kan aanbeveel. In sy bydrae oor die internasionale letterkunde, gesels Johan Myburg oor die jongste polemiek rondom die Britse Women’s Prize for Fiction, die wenner van die Astrid Lindgrenprys vir kinderlektuur en die langlys van die Internasionale Bookerprys. Jy kan ook luister na die Keniaanse skrywer Ngugi wa Thiong’o se mening oor taal en vertaling.

Woensdag 21 April

Ryan Pedro, wenner van die UJ-debuutprys, gesels oor sy digkuns. Theo Kemp vertel meer oor die Jakes Gerwel-boekegespreksreeks by die Suidoosterfees. Hoor wie is die wenners van vanjaar se Akademiepryse. Johan Myburg vertel meer oor die nuwe Phillip Roth-biografie en die langlys vir die Dagger-pryse vir internasionale misdaadfiksie.

Woensdag 28 April

Ilse Salzwedel gesels met Frederik de Jager oor sy bundel rubrieke, Man op ’n fiets êrens heen. Johan Myburg gesels oor die kortlys vir die Internasionale Bookerprys, nog polemiek rondom die biografie van Phillip Roth en ’n biografie oor die skrywer Edward Said. Verlede week het ons Wêreldboekedag gevier; luister wat sê verskeie skrywers oor hul eerste kennismaking met boeke.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4896.

Vrydag 2 April

Herdenk Goeie Vrydag saam met ons digters. Marion Holm, Kay Smith en Anrich Herbst is die voorlesers. Jy kan uitsien  na gedigte deur Susan van Zyl, I.L. de Villiers, Arina Prinsloo, Lucas Malan, Ingrid Jonker, Cas Vos, Lina Spies, Linda Rousseau, Adam Small, W.E.G. Louw, Sheila Cussons en N.P. van Wyk Louw.

Dinsdag 6 April

Jani Greeff lees van haar gunsteling gedigte uit haar hoërskooldae voor. Jy kan uitsien na gedigte deur Antjie Krog, Ingrid Jonker, Elisabeth Eybers, Totius, N.P. van Wyk Louw en Breyten Breytenbach.

Dinsdag 13 April

Roeline Daneel lees gedigte voor uit Riana Scheepers se debuutbundel, Met die taal van karmosyn.

Dinsdag 20 April

Hennie Meyer praat oor sy digbundel, Winkel van wanklanke.

Dinsdag 27 April

Die aktrise, aktivis, dramaturg, teaterskepper en nou ook digter, Veronique Jephtas, gesels oor haar debuutbundel, Soe rond ommie bos. 

De Week van de Afrikaanse roman bied in samewerking met die Taalunie en die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam ’n aantal aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: ‘Boeken uit het Huis’. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.

In April is die volgende gesprek beskikbaar gemaak:

25 April

Boeken uit het Huis: Deon Meyer

’n Gesprek ter bekendstelling van Donkerdrif, met Deon Meyer, die Nederlandse skrywer Peter Römer en een van Meyer se Nederlandse vertalers, Martine Vosmaer.

 

Prof. Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/.

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

8 April

Resensie: Nootvat. Kwashaal. Stapel.
Marlies Taljard resenseer Nootvat. Kwashaal. Stapel. deur Bernard Odendaal

22 April

Resensie: Disteltyd
Stefan van Zyl resenseer Disteltyd deur Marlise Joubert

24 April

Resensie: Seisoene op parool
Joan Hambidge resenseer Seisoene op parool deur Hans Pienaar

29 April

Resensie: Met die oog op môre
Alwyn Roux resenseer Met die oog op môre deur Antjie Krog

30 April

Resensie: Swatland
Louise Viljoen resenseer Swatland deur Ashwin Arendse

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top