Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Andries Bezuidenhout

“Waar jy jou op die landskap bevind, bepaal hoe jy die landskap beleef – of jy tuis of vervreemd voel, of dalk gemengde gevoelens daaroor het, of jy in ’n woonstelblok, ’n sekuriteitskompleks of ’n informele nedersetting woon. Landskappe is ook hoogs simboliese plekke.”