Erna2020-07-30Jou pad... nie maklik nie... maar jy het dit gestap, met 'n positiewe gesindheid en ek het dit raakgesien. Ek het waardering en deernis vir jou my vriendin. Jy is vir my 'n voorbeeld, jy gee my moed❤️. God is goed, selfs al kry ons die groot K.
Pieta van Deventer2020-07-30Baie dankie vir ’n uitstekende artikel. Ek het min mense se gedigte so geniet en verteer as MM Walters s’n. Dit was/is altyd ’n genot om dit te lees, veral wanneer die tong in die kies is, met daardie rokie van waarheid/wonder. In al die bundels wat
Angus2020-07-30Ek voel vere vir of eksistensialisme verband hou met solopsisme of nie. Filosofie het lank gelede al gesterf toe haas nie vir skilpad kon klop nie.
Wat my lam lê, is hoe ’n snotterbel, ’n hoes en kortasem ’n toiletpapiertekort kan veroorsaak.
Nico M Ferreira2020-07-30Dit is welbekend dat Uys Krige ’n openlike teenstander van die destydse apartheid-beleid was. Wat hom nog meer ongewild by die regering gemaak het, was sy vertaling van die 1955 Freedom Charter in Afrikaans. Hierdie vertaling word glad nie vermeld in Ka
Cornelia de Kock2020-07-30Hans Richardt
Ek kan eerlik geen verband tussen die stuk oor eerlikheid en Hitler, Nazi's en BLM sien nie? Dalk het u die kommentaar onder die verkeerde skryfstuk geplaas?
Henning Janse van Vuuren2020-07-30Is voëlperspektief dan ’n ieder en elk beskore?
Gaan die bedoosde gender uit die oude doos mettertyd voëlvry verklaar wôd ‒ ʼn voëlwip wôrre, as’t ware.
Hou eksistensialisme nie tog verband met solopsisme nie? ‒ al sê Google nee. Verstaan
Daniel Hugo2020-07-30Baie dankie, Yves, vir hierdie noodsaaklike aanvulling by die Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Tone Brulin verskyn byvoorbeeld glad nie in J.C. Kannemeyer se biografie oor Uys Krige nie.
Angus2020-07-29Laat my mos dink aan die professor in Logika wat sy vrou bygestaan het met die geboorte van 'n kind. Die dokter oorhandig die baba aan die vader, en die ma vra: "Is dit 'n seun of 'n dogter?"
"Ja," antwoord die professor.
Johannes Comestor2020-07-29Ek is dankbaar dat Thys Walters kon kennis neem van hierdie omvattende artikel wat verlede jaar op LitNet oor hom gepubliseer is. Ek huldig die nagedagtenis van 'n groot gees.
Ryno Eksteen2020-07-28Naomi en Yolanda, ek het julle onderhoud geniet en waardeer. Hulett, my kat, ook. Baie dankie. Dit is die boek wat ek woord vir woord gelees het voordat ek en die prinses drie jaar gelede by die diereherberg hier in Worcester ontmoet het.
Katmense is spe
Eduan2020-07-28Sulke lui mense nog nooit in my lewe gesien nie. Pam is die enigste een van Scheepers wat afgedek het. Daar sit die res van Scheepers vrouens aan tafel en Braam help afdek! SKANDE!!
Theo Nel2020-07-28Conrad Steenkamp se knap redenering ontmasker Jonathan Jansen as ’n aktivis met ’n vooropgestelde agenda (druk Afrikaans ondertoe) – en haal sy skynmasker as pedagoog af. Alles wel, maar dan moet Jansen sy hoogere pos by Stellenbosch prysgee en eerd
Henning Janse van Vuuren2020-07-28• “He is such a German.”
• “... because he is a rude German, he cannot go away without insulting our honour and calling us thieves ...”
• “... he lends money and take interest like any Jew.”
• “… well dressed, not in the leas
Sarie2020-07-28My moeder het ’n storie vertel van ’n dogtertjie wat afwesig was in die skool. Die onderwyseres vra toe haar boetie wat sy makeer en hy antwoord: “Hy’t ’n pyn in sy se sy gekry”. Dit was lank voor hulle vir Jordan Petersen wou kruisig omdat hy
Berdéhan Brand2020-07-28Die enigste ding in die artikel wat my erg bedoos maak is dat die Afrikaanssprekende wéér hier beklemtoon word. Om substansie aan jou eie mening te gee, waarom voeg jy nie “wit” in nie? – die wit Afrikaanssprekende. Die kernwoord hier is myns insi
Bennie2020-07-28Ons het al by al die oorde gekamp en watter plesier. Altyd vriendelik en gronde baie skoon. Baie geluk op die neëntig jaar en hoop dat ons binnekort kan kamp om die mylpaal te vier. Sal interessant wees om te weet wie is die oudste aktiewe lid.
Carel Boshoff2020-07-28Uitstekende behandeling, meer as 'n resensie, danksy die mate waartoe jou eie lewe ook met die verhaal vervleg is. Ek sien uit na Winters se boek. Dankie Johann!