Hallo daar!
Kan iemand my asseblief help? Ek soek dringend na die woorde van daardie pragtige lied: “Op die wal van die Visrivier” wat op die CD “Touch of Class – 20 Jaar” gehoor kan word. En nee, ek is nie van plan om dit self vir enige doeleinde op te neem nie (ek glo nie aan plagiaat pleeg nie –en te oud daarvoor om self te sing !). Ek is net lief vir daardie stuk musiek en luister graag daarna, maar hier en daar kom die woorde nie baie duidelik deur nie, dus sal ek dit werklik waardeer indien iemand gewillig sal wees om my hiermee te help. Soos ek gesê het – ek gaan op geen manier daarmee “smous” nie – dit is bloot vir my eie plesier.
By voorbaat baie dankie
Julie.


Kommentaar
Ek sien die liedjie word deur Rudi Claase gesing. Dalk moet jy hom op Facebook opsoek en vra na die woorde. Kry niks verder as mens google nie, wat jy seker ook al probeer het.
Sterkte
Pieter
Ek is op soek na 'n liedjie wat hierdie woorde het: "Ek haal die maan en bring dit saam en lê dit saggies voor jou voete neer."
Ek weet nie die lied se naam nie en ook nie die sangeres nie.
Kontak Chris Brits op Cradock. As ek reg is het hy die lied geskryf. Hy sing dit ook self. 082 908 3011
Ek is op soek na die sanger van die liedjie "Dieselfde son wat oor ons almal skyn".
Ek soek 'n Afrikaanse liedjie wat gaan oor 'n seun wat skool toe gaan en in st 6 weeg hy 'n volle sestig kilogram; dit is vir my 'n oulike liedjie.
Ek soek na die woorde van die lied wat so begin: Een dag toe ek nog jonk was toe sit ek in die kantien. Ek drink toe daar 'n dop of tien en dit om kwaad te dien.
Ek is op soek na ’n liedjie wat gaan... “Voel jy my, voel jy my, voel jy my asem teen jou nek as my hart wil oorlog maak”. Ek is nie seker oor die laaste reël nie. Kan iemand my help met naam van liedjie en wie dit sing?
Ek soek die liedjie wat begin met "Geen sent nog nie genaak nie".
My pa Kalfie,het dit met sy trekklavier gesing vandag ek kan onthou! Ek ken die woorde maar wil graag die oorsprong weet!
Ek soek dringend na die lied van Tommie, die koerantverkopertjie. Dit is 'n christelike lied, waarin Tommie koerante verkoop en nie kan lees toe iemand vir hom 'n Bybel gee nie. In die laat 90's is die lied as Drama' tjie opgevoer deur veral Diensjaar-groepe. Kan iemand asb help?
Eendag toe ek nog jonk was, is oorspronklik deur Jurie Ferreira gesing
Hallo julle... Is opsoek na 'n liedjie... Ek dink die naam is Pa en ma se klein karnallie of iets soos dit...
Baie dankie byvoorbaat...
Hello ek is op soek na 'n liedjie wat se woorde as volg is "Hompie kedompie sit op die wal, Hompie kedompie het afgeval, want Hompie kedompie is 'n alkholis en dis waarom die liedjie hier is." Asb kan iemand help?
Hompie kedompie sit op die wal.
Hompie kedompie het afgeval.
Die koning se mense, die koning se leer,
kon Hompie Kedompie se val nie keer.
Soek na liedje se naam met lirieke soos: “o, my kind, as die maan … sal ons mekaar in die hemel vind.” Man wat sing.
Soek ook na die lirieke van die temalied uit die Afrikaanse rolprent "Debbie". Sal bly wees as iemand kan help - vind dit nie as ek Google nie.
I'm looking for a South African song sung by a lady. I gotta get home, I gotta get home, to you. I got to get home, feel the warmth of you.
Ek is opsoek na die woorde van die lied "Vul my, o gees van God/waai deur my".