Die lees van die vraag sal verskillende reaksies by verskillende mense ontlok. Die instrukteurs van my army-dae sou dit kort en kragtig beantwoord het met: “Kak vraag. Sit.”
Ander sou sê: In ons heelal, natuurlik, want dit is waar al die gode, versinsels van menslike gedagtes hul tuiste het.
Tog word daar word so baie oor die begrippe geskryf dat as jy dit google jy letterlik tientalle webblaaie daaroor sal vind. Ook op LitNet was daar talle besprekings met talle antwoorde. So was daar onlangs ’n plasing onder die opskrif ‘“Die hel se leërmagte”: ’n Interpretivistiese perspektief op teodisee en die hel’.
Ook is daar ander wat artikels plaas soos bv onder die opskrif: “Christene wat uit vrees vir die hel god aanbid, eerder as liefde vir Jesus” en dan my en ander daarvan beskuldig. Dit is eintlik nogal snaaks aangesien baie ateïste die bestaan van God ontken en Jesus as ’n mitiese figuur beskou, as versinsels van die mens. Baie van die kritiek kom van voormalige kerkgangers, wat sê vandat hul nou van die beskouinge ontslae geraak het, vrylik kan asemhaal en lewe.
Dit is eintlik nogal snaaks in ’n sekere sin dat mense wat hul oorsprong te danke het aan iets wat miljoene jare gelede plaasgevind het en die gevolg daarvan is hul so daaroor kan uitspreek. Die mens is sover ek weet die enigste gevolg wat ’n oorsaak probeer verduidelik.
Dit is nogal ’n prestasie veral as ’n mens in ag neem dat die mens se brein eintlik maar ’n evolusionêre produk is, onderhewig aan talle siektes, soos bv ‘Hydrocephalus’ (waterhoof) waar blokkasies behoorlike dreinering verhoed en tot geweldige drukking op die brein lei en die brein teen die breinkas vasdruk.
In http://www.livescience.com/29365-human-brain.html kan jy lees oor
“Humans vs other animals”
Dit is duidelik sonder die mens se brein is ons bestaan in sy huidige vorm nie moontlik nie.
Soms kry ’n mens tyd in die lewe om oor die goed na te dink en kom dit op ongewone tye en plekke. Tydens my weermagopleiding was die regiment waaraan ek behoort het vir ’n opleidingskamp teen terroriste-insypeling gehuisves by Lake Sibaya. Omdat sekere pelotonbevelvoerders nie kon saamgaan nie vind ek my in ’n waarnemende posisie.
Die verouderde weermagkaart dui aan dat daar ‘dense undergrowth’ is wat dan ook so is en ’n hele regiment verdwyn daarin sonder dat jy hul aanwesigheid sal opmerk.
So bevind ek my dan ook in ’n holte op die hoogste duin van die omgewing, na die dag wat ons besluit het om van die vuil ‘overalls’ ontslae te raak en teen alle instruksies en waarskuwings in in die see te baljaar om van stof en gekoekte hare ontslae te raak. Om nie rigting te verloor nie het van die manne ’n gebreekte skeepsmas van ’n seiljag op die duin ingeplant as rigtingwyser na ons skuilplek diep in die bosse.
Die see het ’n kalmerende amper hipnotiese uitwerking op ’n mens. Die branders rol sonder ophou terwyl ek oor die see tuur tot waar water en horison mekaar ontmoet en skepe bymekaar verby vaar elkeen na sy bestemming. Ek probeer sin maak oor my bestaan as mens, oor God, die hemel en die hel en oor wat ewig is.
Dit wat ek aanskou is nie ewig nie, sal eendag ophou bestaan en horison en water ontmoet mekaar nooit nie. Dit is ’n illusie, soos tyd ’n illusie is omdat ek groot geword het met ’n son wat opkom en ondergaan.
As kind moes ek dikwels hoor dat grootmense kla en sê dat kinders se gedrag, vandag weer hul ‘siel hel toe gesleep het’.
Snaaks ek het nooit gehoor dat hul kla dat ‘hul siele hemel toe gesleep is’ nie. Dit moes dus makliker wees, so het ek gedink, om hel toe te gaan as hemel. Die hel moet ’n verskriklike plek wees. Ek was skaars uit die skool uit, toe word ek benoem as diaken.
Pa was immers ouderling. So sou ek my dan gou in die wêreld van hardebaard ouderlinge en diakens bevind, waar ouderlinge ellelange gebede op vergaderings doen totdat iemand tot almal se verbasing en seker verligting een se gebed met ’n kort en kragtige ‘Amen’ kortknip en almal die konsistorie groetend verlaat het.
So bevind ek my dan een Sondagoggend vir diakendiens op die gallery om ’n ogie te hou oor die woelinge daar aangesien dit die plek van jongmense is. Trappe klim, sou ek later agterkom is nogal moeilik veral as die knieë nie meer so lekker saamwerk nie.
So skuins voor my sit ’n ou wat ’n heerlike uiltjie knip, sy kop sak al laer op sy bors.
Dan word dit doodstil in die kerk. Dominee hou op preek en met ’n bulderende stem spreek hy die slapende aan met ’n ‘al slapende sal jy die verdoemenis ingaan’ terwyl hy woedend so het vir my gelyk ’n psalmboek na hom slinger.
Daarna slaap niemand meer nie en sou die uitbarsting nog lank daarna ’n besprekingspunt bly. Later – veel later, soos ’n mens ouer word sou die begrippe ‘hemel’ en ‘hel’ ander betekenisse kry.
In die Bybel :
In Johannes 3 is Jesus in gesprek met Nikodemus. Van hom lees ons in Johannes 3 dat:1 Daar was 'n man met die naam Nikodemus. Hy het aan die party van die Fariseërs behoort en was 'n lid van die Joodse Raad.
Vir Nikodemus is daar ook dinge wat hy nie verstaan nie, hoe word jy bv weer gebore? Jesus antwoord hom met:
|
7 |
Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie. |
|
|
8 |
Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.” |
|
|
9 |
Nikodemus vra Hom toe: “Maar hoe is dit moontlik?” |
|
|
10 |
En Jesus antwoord hom: “Jy is die bekende leermeester van Israel en jy verstaan dit nie? |
|
|
11 |
Dit verseker Ek jou: Ons praat oor wat ons weet, en ons getuig oor wat ons gesien het, en tog aanvaar julle nie ons getuienis nie. |
|
|
12 |
Ek het julle van die aardse dinge vertel en julle glo dit nie, hoe sal julle glo as Ek vir julle van die hemelse vertel? |
|
|
13 |
Niemand op die aarde was al in die hemel nie behalwe Hy wat uit die hemel gekom het, naamlik die Seun van die mens. |
|
Volgens Jesus se getuienis is die plek waaruit hy na die aarde gekom het die ‘hemel’. Maar dit beantwoord nie vraag waar die ‘hemel’ is nie.
Is die ‘hemel’ ’n gemaakte plek en deel van ons heelal of het dit altyd bestaan? In Johannes 1 getuig Johannes in vers 2 en 3 dat:
2 Voor enigiets nog gemaak was, was Jesus al by God. Hy het alles in die skepping gemaak. Niks het op ’n ander manier ontstaan nie.3 Hy het alles gemaak.
Aan die gedagte dat Christus verantwoordelik is vir die skepping van ‘alles’ sluk die moderne mens maar swaar. Op 26 Junie 2014 skryf Thomas soos volg oor die onderwerp. ‘Wat was die Oorsaak van die Oerknal’.
“FC Boot maak die geldige stelling in een van sy skrywes dat alles ’n begin het (en per implikasie dus ook ’n einde). Sy vraag wat die oorsaak van die oerknal was, is dus ’n heel billike vraag. Die wetenskap is gedurig besig om antwoorde op allerhande vrae te vind en soos die tyd aangaan stoot die wetenskap die grense van onkunde terug. Dieselfde kan ongelukkig nie van godsdienstiges en die godsdiens gesê word nie omdat hulle doel nie is om uit te vind wat hulle nie weet nie, maar om te verhoed dat hulle troetelgelofies bedreig word. Die blote feit dat FC Boot die woord OORSAAK met hoofletters skryf impliseer dat hy ’n vooropgestelde idee het van die skepper van die oerknal en dit waarskynlik aan sy god koppel – ’n kleinsielige entiteit wat voortdurend van sy (ja dis beslis ’n man) belangrikheid herinner moet word deur alles aangaande hom met hoofletters te laat skryf deur sy onderdane. Kyk maar na ons spirituele kabouter hier op die Sê se skrywes – dis besaai met die hoofletters sodra daar van sy god gepraat word. Dit lyk vir my of die “Caps Lock” sleutel op die rekenaar se toetsbord, ingebring is om godsdienstiges se tikwerk te vergemaklik!
Om egter regtig ernstig die vraag te beantwoord oor wat die oorsaak van die oerknal was moet ons ons na die wetenskap wend. Die oerknalteorie konstateer kortliks dat die uitspansel (ons universum) soos ons dit waarneem ongeveer 15 miljard jaar gelede vanuit ’n oneindige digte deeltjie (of ’n singulariteit) ontstaan het. Die deterministiese wette van die fisika is nie geldig in ’n toestand van oneindige digtheid nie. In leke wiskundige taal beteken dit dat daar aanhoudend deur nul gedeel moet word waarvoor daar nie ’n wiskundige oplossing bestaan nie. Die begrip tyd soos ons dit vandag verstaan het dus met die oerknal begin. Omdat die wette van die fisika tydens die ontstaan van die singulariteit opgehef was kan ons dus nie met sekerheid sê dat dieselfde wette of selfs dieselfde hoeveelheid materie voor die oerknal bestaan het nie. Die gebeure voor die oerknal het geen waarneembare gevolge nie en dus kan ons bloot spekuleer en hipoteses daar stel oor wat die oorsaak van die oerknal was. Die hipotese dat daar ’n god is wat voor die oerknal bestaan het en dat dié god die oerknal sou laat gebeur het, is nie ’n geldige hipotese nie. Dit bring ’n nuwe onbekende in die vergelyking in wat niks bydra tot die oplossing van die vraagstuk nie omdat die oorsaak van die nuwe onbekende dan net weer gesoek moet word. Die wetenskap het ongelukkig nie sulke maklike oplossings as ons dinge nie verstaan nie. Ons kan nie sommer ’n god ontdek en alles aan die god toeskryf nie, want almal sal wil weet waar die god vandaan kom. Godsdienstiges het daardie gerief om alles aan hulle god toe te skryf – die probleem vir hulle is dat hulle blote geloof dit ongelukkig nie waar maak nie.”
Thomas en Nikodemus het dus veel ingemeen al leef Thomas amper 2000 jaar later en is sy wetenskaplike kennis op ’n totaal ander vlak as die van Nikodemus, bly Jesus se antwoord vir beide dieselfde.
Maar dit is nie my doel om weer die debat oor die ontstaan van ons heelal oor te begin nie. Vir enige Christengelowige moet dit duidelik wees dat Christus en dus die hemel nie in ons heelal bestaan nie maar wel gelyktydig oneindig bestaan in ’n oneindigheid, ’n onbegrensde dimensie.
Dat ons heelal in die oneindigheid op ’n onverklaarbare wyse tot stand gekom het en dus steeds kan uitdy sonder om self oneindig te word, is iets wat buite die grense van ons kennis en verstand val. Ons heelal het grense soos alles wat ’n begin en ’n einde het, grense van bestaan het. Ook my bestaan op aarde.
Niemand kan dus uit ons tydelike dimensie die oneindigheid waar die hemel is betree nie sonder die wonderwerk waarna Jesus in sy gesprek met Nikodemus verwys in sy lewe plaasgevind het nie.
Maar waar is die ‘hel’ dan?
In Openbaringe 12 word ’n vreemde visioen beskryf.
Satan word uit die hemel gegooi:
7 Daar breek toe ’n oorlog in die hemel uit. Die oorlogsgeneraal van God, Migael, en sy engele pak toe die draak in ’n oorlog. Die draak en sy engele het hulle bes probeer, maar tevergeefs. 8 Hulle het liederlik verloor. Daar was toe nie meer vir hulle ’n plek in die hemel nie. Hulle is verbied om hulle voete daar te sit. So is die groot draak uit die hemel uitgesmyt. 9 Ek praat nou van die slang van wie ons lank terug al in die Bybel lees. Sy ander name is duiwel en Satan. Hy het al die mense wat op die aarde bly heeltemal op die verkeerde pad gelei. Juis hy is saam met sy engele uit die hemel gegooi!
Satan is dus teenwoordig in ons heelal en sal dit Paulus se woorde soos vervat in Ef. 6:12 ’n stryd word:
|
12 |
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. |
Die stryd om die eindbestemming van die mens se siel het dus begin toe Satan uit ’n oneindigheid tydelik na ’n eindigheid, ons heelal verban is.
Maar Christus is deur die Trooster nog steeds teenwoordig en werksaam in ons heelal en is daar ’n geweldige stryd waarvan ons as mense nie altyd bewus is besig om sigself af te speel nie.
Hierdie stryd kom tot ’n einde wanneer ons heelal tot ’n einde kom
en die finale oordeel oor elke mens uitgespreek word en Satan en sy volgeling hulself gaan bevind in ’n ander dimensie,die ‘hel’ waaruit hul nie kan ontsnap nie, maar waar hul tog deeglik van Christus en sy verlossingswerk bewus is.
In Lukas 16 in die gelykenis sê Abram aan die ryk man: “En buitendien is daar 'n groot kloof tussen ons en julle, sodat dié wat hiervandaan wil oorgaan na julle toe, nie kan nie, en dié wat dáár is, ook nie na ons toe kan oorkom nie.”
As ons dus as mense praat van ‘hel’ en ‘hemel’ op aarde en hel
vergelyk met ’n bestaan van swaarkry, verdriet en ellende waarin siekte, armoede en dood is, en hemel op aarde in teenstelling daarmee is dit iets anders as die eindbestemming van Satan en sy volgelinge en Christus en sy volgelinge.
Thomas het tot die gevolgtrekking gekom dat:
“Die hipotese dat daar ’n god is wat voor die oerknal bestaan het en dat dié god die oerknal sou laat gebeur het, is nie ’n geldige hipotese nie. Dit bring ’n nuwe onbekende in die vergelyking in wat niks bydra tot die oplossing van die vraagstuk nie omdat die oorsaak van die nuwe onbekende dan net weer gesoek moet word. Die wetenskap het ongelukkig nie sulke maklike oplossings as ons dinge nie verstaan nie. Ons kan nie sommer ’n god ontdek en alles aan die god toeskryf nie, want almal sal wil weet waar die god vandaan kom. Godsdienstiges het daardie gerief om alles aan hulle god toe te skryf – die probleem vir hulle is dat hulle blote geloof dit ongelukkig nie waar maak nie”
Wat Thomas egter nalaat is om dit begrip ‘geloof’ te omskryf.
Daarom is dit goed vir alle gelowiges om vas te klou aan die omskrywing van ‘geloof’ soos dit in die Bybel A tot Z omskryf word.
‘Geloof omhels dat ’n mens jou vertroue stel op dit wat Christus reeds vir jou gedoen het. Dit behels egter ook dat jy jou hoop vestig op dit wat Hy nog in die toekoms vir jou gaan doen.
Geloof werk ten opsigte van die beloftes van God in jou lewe soos ’n transportakte ten opsigte van ’n eiendom werk: dit waarborg jou dat jy ’n besitter is van God se beloftes. Soos wat ’n transportakte geld al het jy die eiendom nog nie gesien nie, so ook is God se beloftes oor al die heerlike dinge wat ons nog nie gesien het nie.’


Kommentaar
FC Boot
'n Ellenelange gegorrel wat jou eie vraag in jou opskrif nie eers nastenby beantwoord nie. Waar is die hemel en hel, hetsy in ons heelal en indien in 'n ander dimensie, watter dimensie, en watter goddelike bron van inligting en bewyse is daarvoor?
Beste Jaco
Dit is waar geloof inkom wat jy nie verstaan nie omdat Jesus nie vir jou bestaan nie.
Inderdaad baie woorde wat eintlik min sê. Maar ek glo dis waar, die Bybel bedoel nie wetenskaplike kennis nie, want die skrywers het eintlik niks daarvan gehad nie. Dit gaan eerder daaroor hoe om te leef, wat ons in die moderne tye sal noem gesonde lewenswyse, gesond in liggaam en gees en in harmonie met die natuur en jou medemens. Groete,
Tiens Pretorius
Vir my wil dit ook voorkom asof die begrip 'hemel' en 'hel' van dimensionele aard is, maar my probleem is om hierdie afleiding van my op die Skrif te fundeer anders is dit net debat. Het enigiemand 'n Bybelse bron vir hierdie afleiding?
Beste Joggie Peters
Wanneer ek skryf doen ek dit om mense anders te laat dink oor dit waarmee hul groot geword het. Dat mense 'n jaar later nog kommentaar lewer is 'n riem onder die hart.
Kyk ons bv na die 'hemelvaart van Jesus' Lees 'n mens in Lukas 24 vers 51,"Terwyl Hy nog besig was op hulle te seën, het Hy na die hemel toe vertrek."
Hierdie evangelie is tussen die jare 70-90 nC geskryf. Dus lank na die gebeurtenis.
Markus skryf sy evangelie tussen 60 en 70 nC soos volg oor die gebeure in Markus 16 vers 19. "Daarna is die Here Jesus terug hemel toe om by God self op 'n ereplek te sit."
In Handelinge 1 vers 9, lees 'n mens: "Na hierdie woorde het Jesus van die Olyfberg af na die hemel teruggekeer “ In vers 1 sien sy dissipels hoe Hy in die wolke verdwyn.
As 'n mens die verse net oppervlakkig lees moet die hemel tog êrens in ons heelal wees of hoe?
In Johannes 1 1953-vertaling lees 'n mens:
1.In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
Gen 1:1; Joh 17:5; Kol 1:17; I Joh 1:1. Joh 1:14. I Joh 1:2. Filip 2:6.
2 Hy was in die begin by God.
3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
Die alle dinge sluit ook die ontstaan van ons heelal in. Ons heelal het dus 'n begin en einde en sal ophou bestaan.
Dit is duidelik uit die skrif dat Jesus bestaan het voor die totstandkoming van ons heelal. Die 'hemel' waar in God woon is dus nie in ons heelal te vinde nie.
Sy 'skeppingskrag' is egter waarneembaar in ons heelal .Hoe meer ons deur die wetenskap leer hoe groter en wonderliker word die skeppingsverhaal.
Dit is nie my gewoonte om webblaaie aan te beveel nie, want mense is nogal geneig
om 'n mens dan van allerhande dinge te beskuldig, maar jy sal 'Fact and Faith'
leersaam vind.
Die hemel en die hel is wêrelde geskep deur die menslike brein. Daar is baie van hulle. Daar is bv. Middle-Earth geskep deur J R R Tolkien, Alice se Wonderland, Shangri-La, Gulliver se wêreld, Pellucidar, Oz, Utopia, en vele meer. Almal is op dieselfde plek saam met die hemel en die hel: in die menslike verbeelding.
Nee Angus
Die woord 'hemel' het oorspronklik 'n ander betekenis gehad. Dit het oorspronklik verwys na: "the expanse in which the sun, moon and stars are seen, which resembles a vast vault or canopy overarching the earth, on the 'face' or surface of which the clouds seems to float.”
Dit het veel later eers die betekenis gekry as: "The celestial abode of immortal beings; the habitation of God and his Angels, and of beatified spirits; the state of the blessed hereafter.' Bron Oxford English Dictionary on historical Principles.
As jy nou gelees het wat ek aan Joggie Peters geskryf het sal jy sien dat die siening versterk is deur die waarneming van Jesus se hemelvaart ,deur sy dissipels (die Jesus wie se bestaan jy ontken).
Beste FC Boot,
Watter betekenis die woord 'hemel' ook al gehad het, of nog sal hê, verander niks aan wat ek gesê het nie. Die hemel is 'n skepping van die menslike brein. Gaan lees weer jou aanhalings en vra jouself af, wie het dit gesê of geskryf? Ek kan ook pragtige beskrywings gee van hoe en wat die hemel is, maar dit bly nog 'n skepping van die menslike verbeelding.
Jesus is ook 'n skepping van die menslike verbeelding, net soos enige ander fiktiewe karakter.
Ek kan ook so 'n fiktiewe karakter skep. Sy naam is Koos van Tonder, en hy het baie volgelinge gehad. Met hulle eie oë het hulle gesien hoe hy 'n haas uit 'n hoed toor, en hoe hy water in wyn kon verander. Dis die waarheid, want hulle het dit self aan my vertel.
Groete,
Angus
Beste Angus
Jy is seker geregtig op jou siening,maar as selfs Rabbis na twee duisend jaar se ontkenning tot ander standpunte gekom het, is daar nog steeds hoop vir jou. Hier is een van baie skakels vir jou.http://religion.blogs.cnn.com/2012/04/05/jews-reclaim-jesus-as-one-of-their-own/
Lekker dag
Beste FC Boot,
Rabbi's is ook maar mense wat in bonatuurlike goeters glo; dit is dus nie 'n geweldige kopskuif vir hulle om in nog 'n bonatuurlike wese te glo nie. Vir my is dit maar moeilik, nee, heeltemal onmoontlik, om te glo dat die skepping van die mens se brein, die bonatuurlike, 'n werklikheid is. Jesus is 'n fiktiewe karakter, en ek het dit al herhaalde kere aan jou bewys. Dis nie my siening nie, die Bybel bewys dit.
Groete,
Angus
Beste Angus
Jy het niks bewys nie.Trouens 'n ateïs-geskiedenisskrywer het tereg tot die slotsom gekom dat: "The proponents of the Jesus Myth hypothesis are almost exclusively amateurs with an ideological axe to grind and their position is and will almost certainly remain on the outer fringe of theories about the origins of Christianity."
Lekker dag
Beste FC Boot,
Jou ateïs-geskiedskrywer bewys ook niks met woorde nie. Ek het al male sonder tal aan jou bewys dat die hele Bybel letterkundige fiksie is; dus is die karakters daarin ook fiktiewe karakters. Soos alle fiksieskrywers, het die skrywers van die Bybel so 'n klompie karakters ingegooi om die skyn van waarheid te skep. Jesus is egter nie 'n historiese karakter nie want daar was nog nooit enige bewys dat hy wel bestaan het nie.
Niemand het 'n axe om te grind nie. Ek sal graag wil hê iemand moet vir my konkrete bewyse gee dat Jesus werklik bestaan het, en nie maar net iemand is in die Nuwe Testament nie. Dit help nie maar om net te sê ek het 'n axe om te grind en ook nie om maar net te sê ek is verkeerd nie. Bewys vir my dat Jesus bestaan het. Die NT is nie 'n bewys nie, want dit is juis waarin hy 'n fiktiewe karakter is.
Groete,
Angus
Beste Angus
Mag ek jou aanraai om die hele stuk te lees waaruit die aanhaling kom en dan sal jy agterkom dat jy nog steeds inpas in die aanhaling.
Lekker dag.
Beste FC Boot,
Ek het dit gelees. Dit help nie dat ek êrens moet inpas of nie. Dit is nog nie 'n bewys dat Jesus wel bestaan het buiten as fiktiewe karakter in die NT nie.
Ek vra konkrete bewyse, of net waar bewyse gevind kan word dat hy histories wel bestaan het.
Groete,
Angus
Die gelese stuk bevat genoeg om te bewys dat jy nog steeds in slotparagraaf inpas.
Lekker dag.
Daar is geen hel in die OT nie daar word net van "shelo" die graf gepraat ! Hel is n nuwe konsep in die NT om mense bang te maak !so Adam en Eva Kain Abel Abraham Isaac en Jakob en al die karakters van die OT weet niks van ’n ewige hel waar mense vir ewig gaan brand nie .Het Yahweh vergeet om dit vir die ouens te sê of is dit maar net ’n stront storie opgemaak deur klomp siek mans om mense te dreig en te kan beheer!😉lees nou dat Nasa se Voyager 1 wat nou al vir 37 jaar in die ruimte is verby planeet Pluto is en ook nog nie die hemel gekry met al sy foto’s wat hy aarde toe stuur nie! Snaaks dat Yahweh so fit gekry het oor die toring van babel nou sê HY nie ’n woord nie!
In Daniël 12 lees ek:
Die einde van die tyd
1“In daardie tyd sal Migael, die groot engel wat oor jou hele volk waghou, op die toneel verskyn. Dit sal ’n moeilike en onstuimige tyd wees, erger as ooit tevore. In daardie tyd sal almal uit jou volk wie se name in God se boek geskryf staan, gered word. 2Baie van dié wat reeds dood is, sal dan opstaan; party om vir ewig te lewe en ander om vir ewig onder God se straf en veragting te leef.
Vir my is dit duidelik dat 'n lewe saam met God ,die 'hemel' is en die 'wat vir ewig onder God se straf en veragting leef' in die 'hel' is.
Ek was verbaas om na so 'n lang tyd (2017.10.17) weer by u rubiek uit te kom en my kommentaar daarin op te merk. Dit het net weer aan my getoon hoe lank ek al besig is om te soek na begrip van my 'afleiding' dat beide die 'hemel' en 'hel' duidelik in 'n ander 'dimensie' moet wees as die fisiese dimensie waarin ons as mens ons tans bevind. - hoewel die dimensie 'interlocked' is.
Sedert daardie tyd (2017) het my gedagte wêreld wye draaie gemaak. Uit baie Skrifgedeeltes het dit vir duidelik geword dat die manier waarop oor hierdie saak gedink moet word is vanaf die voorveronderstelling dat daar 'n God is (Ek is ook van die mense wat uit respek vir God Sy Naam met 'n hoofletter spel) Ons leer ook duidelik uit die Bybel dat die begrip wat ons wat glo, van God het, is dat Hy ooral en tergelytydig ooral teenwoordig is. As ons dink dat God 'Gees' is die rede moet wees waarom niemand Hom kan sien nie, God in 'n dimensie moet wees waarvan ons as 'n Geestesdimensie moet dink. Dit is dus duidelik dat die begrip 'Hemel' dus 'n geestes dimensie moet wees! Dit beteken dat as ons in terme van Jesus se gesprek met Nikodemus daarop dui dat die Wedergeboorte vir die Christen-gelowige die begin is van deel aan die 'Ewige Lewe' nou reeds hier in hierdie fisiese dimensie wat meebring dat die geestesdimensie en die fisiese dimensie kollektief of (langsmekaar) moet bestaan en dat by die dood die gelowige slegs oorgaan van 'n tydelike (fisiese) na 'n ewige (geestes) domensie en voortgaan om ewig te lewe (die ewige lewe) - Die 'hemel' beteken dus in die teenwoordigheid van God wat ooral ewig teenwoordig is en sal wees.
Interessant dan dat Jesus na Sy opstanding reeds tussen die 'ewige' en 'fisiese' dimensie kon skakel en deur mure kon beweeg. Ek kan aangaan en baie hieroor sê maar ek dink hierdie denkrigting van my het net nie 'n einde nie.
As u hierop sou wou kommentaar lewer sal dit nogal wwrdeer word as dit direk na my e-pos adres gestuur kan word al sou u dit ook op u web publiseer, dankie.
Groete
Joggie Peters
Ek is altyd so bekommerd oor die mense wat nie in Jesus glo nie. Hy het die hemel verlaat om te kom ly en ons sondes op hom te neem sodat ons vir ewig saam met Hom in die hemel sal woon. Ek vra soms vir ongelowiges, hoekom dit so moeilik is vir hulle om te glo, dan antwoord ek my eie vraag hiermee: ek glo in die drie-enige God, Abba Vader. Ek glo in sy Seun Jesus, sy lyding en sterfte vir my en jou sondes en sy opstanding, en ek glo in die Heilige Gees. Wanneer ek doodgaan en Hy het nie bestaan nie, dan het ek niks verloor nie. Maar wanneer jy doodgaan en Hy bestaan, wat het jy net nie verloor nie?
Ag, my liewe Elsabe, jy moet eerder jou oor jouself bekommer. Kom ons veronderstel dat daar werklik ‘n God en ‘n hemel is. Ek en jy klop terselfdertyd by die poorte aan. Wie sal die heilige Petrus toelaat? Jy wat slegs geglo het om jou eie bas te red, en oneerlik was, of ek wat in alle eerlikheid erken dat ek nie in God geglo het nie omdat ek nie bewyse gehad het dat hy bestaan nie?
https://www.youtube.com/watch?v=lOfZLb33uCg
Pragtig!
Nou wag ek net vir die Spaderegenhemelboegiewoegie.
Beste Angus
My vorige kommentaar nie geplaas nie,dus kort weergawe.
Hemelpoorte en 'n deurwag.? Nee-Angus-trek een van jou Bybels nader en lees Johannes 14,
Laat ek dit vir jou nou duidelik maak.Of jou nou Mahatma Gandhi,Mandela of Verwoerd of Muhammad is,as dit nie jou grondslag is nie sal jy nie daar uitkom nie.
Dan sal hul mekaar op 'n ander minder aangename plek ontmoet en wonder wat dan verkeerd gegaan het,dat dit hul uiteindelike bestemming is.
Johannes 14
Jesus wys die pad na God.
Nogal moeilik vir jou want vir jou het Christus nie bestaan nie.
Ek weet nou nie van die heppiekleppies se bybel nie, maar die 23 wat ek het, maak melding van die poort van die hemel (Gen.28-17) en dan word dit sommer 12 poorte (Openb 21=12.) Op 'n ernstiger noot: julle ouens moet nou maar gereeld kerk toe gaan, julle bybels lees, julle gebedjies doen sodat julle kan hemel toe gaan. Ek wil nie saam met julle in die hel sit nie.
Jy moet beslis voordat jy kommentaar lewer besluit met wat jy te doen het.Poorte-deurwagte? Nee wat het jy dan nie gelees dat Jesus twee keer aan sy dissipels in 'n geslote kamer verskyn het?
Nee die hel is nie die plek wat jy dink dit is nie.Luister na Jesus se woorde in:
Matteus 27:46: Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani” Dit is: My God, my God, waarom het U my verlaat?
Dit is wat met 'n mens gebeur as God jou verlaat. Moenie soos die ryk man te laat agterkom dat jy op die verkeerde plek is.
Ék wil net sê vir dié mense wat nie Glo dat God bestaan nie, wag daar 'n baie groot ontwaking.
Julle het sekerlik dié reg om te glo wat julle wil!
Ék weet dat God waarlik bestaan!
Daar is 'n hel!
Daar is ook beslis 'n hemel!
So maar oop julle oë en lees julle Bybel reg.
BEGIN SOMMER BY DIE BEGIN, ASSEBLIEF, IN GENESIS 1!