Kampkerkhof

  • 3

Foto: Canva.com

Kamp kerkhof

Hy het die kindertjies na Hom toe laat gaan 
Die kindertjies van Meerbank en Irene 
Vel geraamtetjies 
Kindertjies van Alliwal en Betulie 
Laaste snikkies 
In tente wat ruik na koors en nood 
waar moeders leë-oog moet wyk voor die dood

Hy het die moeders na Hom laat gaan 
Moeders wat siel gedood niks meer vra 
as die doodsengel 
Uit haar arms kom haal 
Haar dowe oë gesluit 
Teen die smart en magteloosheid 
Oor die onverstaanbare 
Die onverklaarbare 
Godsbesluit

Hy het hulle na Hom toe laat gaan 
Kinders en vroue 
deur oorheersers vermoor 
Met die dood soos ’n skadu 
wat trap in sy spoor 
Soos ’n Herodus in sy moordlus en haat 
Is die dood nou in ’n kakie-gewaad

Wat moeders en kinders   
deur Helkampe na Hom toe laat gaan

  • 3

Kommentaar

  • Louis du Plessis

    Dankie dat jy ons aan hulle herinner. Watter menslike, onrustige, diep meegevoel met dié kinders en ma's verwoord jy hier Kobus!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top