Bevryd bly

  • 12

Foto: Margaret Cordier

mag my sielsblare
turgessent in vettigheid
drieledig bly blom
waar ons uitgeplant
in mensgemaakte rant
nou vasgegom
later bevryd
bly 
in die skare 

  • 12

Kommentaar

  • Baie dankie Cas.

    Ek voel nederig dankbaar en uiters bevoorreg dat 'n groot digter soos jy die tyd geneem het hiervoor.

  • Louis du Plessis

    Nou eers sien ek hoe jy eers “vasgegom” is – en later “bevryd bly in die skare”! Só selfstandig, só bevrydend. En jou teks sowel as jóú foto – só kunssinnig Margaret!

  • Margaret Cordier

    Baie dankie Louis vir jou aanmoedigende woorde.
    Ek het groot respek vir jou as skrywer en waardeer hierdie saamlees baie!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top