Margaret Cordier-Biermann

Margaret Cordier-Biermann het haar vormingsjare in die Noord-Kaap en Namakwaland deurgebring en in die dorpie Alexanderbaai aan die Diamantkus grootgeword. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Rustenburg, studeer Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria en voltooi ’n BA-graad met kriminologie en sielkunde as hoofvakke aan Unisa. In 2019 slyp sy haar skryfwerk verder in die Potchefstroom Skryfskool onder Hans du Plessis, Bernard Odendaal en Louis Esterhuizen. Sy woon later op Roedtan.

Sy hardloop twee maal die Comrades en doen tweekamp.

Ná ’n tyd van omwenteling verhuis sy van die Wes-Kaap na Pretoria, waar sy haar tyd aan draf, dig en skryf wy.

Haar debuutbundel, Buigbreek, verskyn in 2021 by Cordis Trust en word op 28 Desember 2021 oor RSG se Vers en klank voorgelees. Haar tweede bundel, Spiraal, verskyn in 2026 by Naledi Uitgewers. Gedigte van haar is opgeneem in Gelykmaker (2021), Stemme uit die Suiderland (GHA), Flikkergram (Naledi, 2024), Onthou is die dag wat breek (Naledi, 2026) en die Lina Spies-huldigingsbundel. Haar gedig “My hart” is in 2019 in die Groen Galery van digters by die Taalmonument uitgestal. In 2023 ontvang sy die Orde van die Beiteltjie.

Sy is ’n onafhanklike navorser en skryf essays en artikels oor Bybelse, profetiese hermeneutiek en maritieme geopolitiek, wat onder meer in Providence (VSA) verskyn. Haar gedigte, essays en kreatiewe niefiksie verskyn op LitNet, Versindaba, in Vrye Weekblad en in kontreikoerante. Sy skryf ook geleentheidsgedigte en prosa.

Sy en haar man woon in Googong, Nieu-Suid-Wallis, Australië.

God praat ekstertaal

Margaret Cordier-Biermann SêNet-briewe 2026-08-31

"Saterdagoggend het ’n ekster by my huis ingevlieg en ’n gebed beantwoord."

Dieselfde boog, die regte mikpunt: Oor die verskuiwing van ’n verwysingspunt en dít wat die ontmaskering oorleef

Margaret Cordier-Biermann SêNet-briewe 2026-08-31

"Die oog wat ontmasker, word al skerper geslyp en doen mettertyd met die nuwe landskap presies wat hy met die ou een gedoen het."

Die verkeerde krul: ’n bekentenis in vyf terugsendings

Margaret Cordier-Biermann Menings 2026-08-18

"Nie sommer ’n apostroof nie. Dié apostroof. Die ’n is ons taal se kleinste woord. Hy weeg minder as ’n doudruppel, maar dra ’n hele geskiedenis op sy rug. En hy is die enigste woord wat met ’n krul begin. Daardie krul moet na links buig, want dit is ’n weglatingsteken: die spook van een. En spoke, soos almal weet, kyk agtertoe."

The Saturday birds – a memoir-essay in answer to Edgar Allan Poe

Margaret Cordier-Biermann SêNet-briewe 2026-06-17

"Poe’s bird came at midnight. Mine came on a Saturday morning. His was a raven – a true corvid, dark as a verdict, with one word in its mouth. Mine was an Australian magpie, not a corvid at all, though the world is forever insisting that she must be."

Aan die gawe gewers

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2024-05-30

"dan hou ek liefs
vir jou
’n bladsy oop"

Bootjie van papier

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2022-11-10

"wanneer water in leivore loop
voel ek my eens weer klein
in ’n bootjie van papier"

Sonsopkoms

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2022-07-27

"Onaards uit die vallei tussen klip
lê uit klei, die berg ’n skip"

beëindig

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2021-03-23

"brand dan as tot as 
in vergifnisvure"

Ghazal

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2020-09-23

"haar mond lag en soel gelaat 
rok waai ’n wit vlag oor Beiroet" 

Veerkrag

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2020-08-19

"in die uitgestrekte hemelsfeer
waar die grysgrou glinstermaan
my opraap in sy baan"

Villanelle

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2020-07-21

"met ’n vlugveer van ’n swaan in rou
wil ek vir jou sinne streep
op perkamente wat ewig hou"

Bome in die koue

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2020-06-19

"in my klein kring
sirkeltjie getrek op die doek
van die heelal
speel palmboompies bal"

Ligdoop

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2020-06-19

"herinneringe wat ek lees 
in foto’s van onthou 
waar son 
baldadig oor alles vou" 

Twee gedigte deur Margaret Cordier

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2020-06-04

"vry van sweet en bloed
’n nuwe aarde 
vrygekoop"

Digter

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2020-05-13

"woorde kabbel soos water
kronkel op die tong
mond uit in die see"

Top