
Foto: Canva
hoe skryf ek vir jou ’n gedig
een soos jy
verstandig
met arms, hande, voete
en ’n hart
een wat kan vashou en gee; in beweging kom deur erbarming
en doen
dan hou ek liefs
vir jou
’n bladsy oop
en
voeg daagliks in verwondering
sinne by
sonder om te skryf


Kommentaar
'n Diepsinnige gedig oor die liefde wat skryfwerk nie kan verwoord nie.
Dankie, Martin, vir jou meelewing!
Die apofatiese slot laat mens besef hoe moeilik skryf werklik is.
Dankie, Dr. Dietloff van der Berg!