Ghazal

  • 8

Foto: Canva.com

GHAZAL

klokke beier in Beiroet 
duiwe vlug in die lug by Beiroet 

haar mond lag en soel gelaat 
rok waai ’n wit vlag oor Beiroet 

geure van olywe en granaat 
raafswart oë soos druiwe van Beiroet

verruklik versluier en geboë 
hang verskriklik nou stof oor Beiroet

’n man roep uit in gebede 
stort na benede bome in Beiroet

vlug met sy bruid en al hulle goed 
skoon verlate Lèbanon se Beiroet

  • 8

Kommentaar

  • Margaret Cordier

    Dankie B.!!
    Ja, die digvorm (Ghazal – Arabiese afkoms) was 'n uitdaging en die rymvorm bypassend.
    Waardeer jou!

  • Treffend, Margaret!
    Jy maak met jou gedig dat nuus waarvan ek oppervlakkig gelees het, diep in my hart ruk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top