
Fotobron: Canva
Veerkrag
nagte ontvlug ek na ’n donker meer
in die uitgestrekte hemelsfeer
waar die grysgrou glinstermaan
my opraap in sy baan
verby sterre en planete
onbewus van dood of lewe
oggende ontvlug ek na my balkon
in die ligwit son
waar deurskynende ylblou lug
sy kamisool oor my rug kom hang
stuur ek wierook in gebede ─
die as van gister nou vergete
teen skemer sit ek buite op my bank
waar die klimop
teen die droë hout
bly rank


Kommentaar
Pragtige gedig.
Dessitol dis mooi getaal
Baie dankie Driekie!
Gert, daai lekker tongrol val baie dankbaar oppi oor.
Magaret, ons voel hoe gryp
jou verpersoonlikte "glinstermaan"
en ylbou lug" ons aan!
Dankie Louis, vir jou mooi en poëtiese woorde.
Jou meelewing en terugvoering voltooi die gedig vir my.
Whouu ..word weggevoer na veilige-siels-plek
Pragtige stemmingsvolle skrywe!
Dankie Petru 🍃 waardeer jou saamlees.
Dankie Estelle. Dit is wonderlik wanneer iemand saam met die skrywer die gedig beleef.
Pragtig, ervaar meelewing. Gevoel als smelt in een.
Groot waardering, Sina. Dankie.
Mens 'sien' letterlik die kamisool teen jou rug. Opwindende poging Margaret
Baie dankie Hennie. Groot waardering vir die saamlees.
Treffend verwoord, ervaar die meelewing
Pragtige gedig - uitsonderlike talent.