Ligdoop

  • 7

Foto: Pixabay.com

Ligdoop

dit word koud in hierdie dae 
kouer in eenkant wees 
gelaat in vae 
herinneringe wat ek lees 
in foto’s van onthou 
waar son 
baldadig oor alles vou 
wat kon

en nou 
in wanhoop 
wil verflou

sal ek my onvoorwaardelik oorgee  
aan die Son 
sodat ek ongemaskerd en gestroop 
my opnuut in Sy Lig doop

  • 7

Kommentaar

  • Margaret Cordier

    Baie dankie Louis; Marina en Gert.
    Julle saamlees en woorde is ’n inspirasie vir my. My waardering is groot!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top