Bootjie van papier

Foto: Canva
wanneer water in leivore loop
voel ek my eens weer klein
in ’n bootjie van papier
wat geluidloos
tussen huise
en lande
my
verder
see toe
stuur
potlood & ink
links
regs
die boodskap
na hawens
vat
waar
hy
anker
sak
of
sink


Kommentaar
Nie alleen roep die digter met hierdie uitstekende gedig beelde op van my kinderdae nie, maar simboliseer dit die daaglikse dobbering in die wêreld en binne die begrensing van die leefwyse van talle mense wat sonder verweer gedwing word om te aanvaar, al beteken dit sink.
Baie dankie, dr.Fanie Marais, vir u kommentaar wat uit 'n ander ligtoring nog lig werp op hierdie reis.