Margaret Cordier-Biermann

Margaret Cordier-Biermann het haar vormingsjare in die Noord-Kaap en Namakwaland deurgebring en in die dorpie Alexanderbaai aan die Diamantkus grootgeword. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Rustenburg, studeer Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria en voltooi ’n BA-graad met kriminologie en sielkunde as hoofvakke aan Unisa. In 2019 slyp sy haar skryfwerk verder in die Potchefstroom Skryfskool onder Hans du Plessis, Bernard Odendaal en Louis Esterhuizen. Sy woon later op Roedtan.

Sy hardloop twee maal die Comrades en doen tweekamp.

Ná ’n tyd van omwenteling verhuis sy van die Wes-Kaap na Pretoria, waar sy haar tyd aan draf, dig en skryf wy.

Haar debuutbundel, Buigbreek, verskyn in 2021 by Cordis Trust en word op 28 Desember 2021 oor RSG se Vers en klank voorgelees. Haar tweede bundel, Spiraal, verskyn in 2026 by Naledi Uitgewers. Gedigte van haar is opgeneem in Gelykmaker (2021), Stemme uit die Suiderland (GHA), Flikkergram (Naledi, 2024), Onthou is die dag wat breek (Naledi, 2026) en die Lina Spies-huldigingsbundel. Haar gedig “My hart” is in 2019 in die Groen Galery van digters by die Taalmonument uitgestal. In 2023 ontvang sy die Orde van die Beiteltjie.

Sy is ’n onafhanklike navorser en skryf essays en artikels oor Bybelse, profetiese hermeneutiek en maritieme geopolitiek, wat onder meer in Providence (VSA) verskyn. Haar gedigte, essays en kreatiewe niefiksie verskyn op LitNet, Versindaba, in Vrye Weekblad en in kontreikoerante. Sy skryf ook geleentheidsgedigte en prosa.

Sy en haar man woon in Googong, Nieu-Suid-Wallis, Australië.

Bevryd bly

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2020-04-21

"mag my sielsblare
turgessent in vettigheid
drieledig bly blom"

Ongetiteld

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2020-03-17

"dat skynbare waarhede
wet word in eie hede"

koeterwaals

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2020-03-04

"bly my woorde koeterwaals
deurmekaar gehang in my"

Ongetiteld

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2019-12-26

“die vyeboom bot klein gloeilampies
vir kersfees”

Deurnag

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2019-12-18

“vlug voëls na hulle neste
met die dag se reste
opgepak”

Weg

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2019-12-18

“die Waterberge het kwashale gekry
verkleurd in pers en perske is die rant”

Maangedigte

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2019-12-10

“vanaand steek die maansekel
in nag en winterblaar”

Twee nuwe gedigte deur Margaret Cordier

Margaret Cordier-Biermann Poësie 2019-02-27

"Vanoggend was ek my oë,
met die water uit jou kom
loop nou langs riviere van jare se onthou."

Top