koeterwaals

  • 1

my woorde is jargon

daar waar ek hulle haal
is die kleigat droog – kaal
probeer ek letters vorm
inryg langs mekaar
bly my woorde koeterwaals
deurmekaar gehang in my
daar waar
klanke aanmekaar geklink
en vasgeslaan moet bly.

Lees ook

Weg

Maangedigte

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top