vanaand steek die maansekel
in nag en winterblaar
oral drup dit nou groen bloed
langs veld en stroompies aar
tussen vygies van gister se sê
en madeliefies waar
oopgekloof
teen sandduine
die reste lê
***
kyk hoe het ’n wolk
om die sekelmaan
toegevou in eenvoud
’n oomblik saam in vers
oor my kom staan
***
leuens
in ’n donker wolk
skuif
voor die volmaan vanaand
later breek skynsels
deur
toe die hele hemel helder
in waarheid oopskeur.
Lees ook



Kommentaar
Verskriklik mooi!
Baie dankie Clari Niemand.
Meelewing en gedeelde ervarings uit die leser/medeskrywer se invalshoek van skryfwerk word 'gedeelde skeppingswerk'.
Die leser word meewerker en kommunikasie is eers voltooi na terugvoering gekry is vanaf 'n leser. Dankie vir hierdie vreugde!!! Dit hou my hart warm.
Pragtig Margaret
Skitterend geskryf!!!
poëtisch als de maan zelf
Jy mag maar skryf, pragtig.
Baie dankie aan almal wat saamlees en julle kosbare aanmoediging. Ek waardeer elke woord.
MC
HUGG
Fantasies geskryf, so mooi.