die maan is ’n veer
lig teen die grysblou
vlug voëls na hulle neste
met die dag se reste
opgepak
bly ek buitekant sit
in my hand
hou ek die maan se wit
totdat môre haar vrug baar
en die plasenta gestort
lê by alles wat as word.
Lees ook
6die maan is ’n veer
lig teen die grysblou
vlug voëls na hulle neste
met die dag se reste
opgepak
bly ek buitekant sit
in my hand
hou ek die maan se wit
totdat môre haar vrug baar
en die plasenta gestort
lê by alles wat as word.
6
Kommentaar
Reg!
Margaret, jou denke en jou unieke hantering van die woord sal nooit anders as om my diep, diep te raak nie.
Baie dankie Quintin. Waardeer jou saamlees.
Jou aanmoediging en terugvoering is so betekenisvol vir my.
Dankie Marmeri. Waardeer jou saamlees altyd baie!
Uitsonderlik verwoord wat my binneste roer.
Uitstekend verwoord - by ons neste is ons ware beskutting.