Twee gedigte deur Margaret Cordier

  • 7

Fotobron: Canva

Naak gebore

nou lê die gedig daar
vroeg en vinnig gebore ─
gaan hy leef?
neem jou tyd met kommentaar
sou geen behandeling
die gedig kon red     
swyg dan maar

Grendeldenke

wat bly oor 
om nog te sê
in hierdie isolasietyd
deur protes of met verwyt
in bloed en sweet
die stryd te voer
op die ewige hoop
herrys uit as en roet 
vry van sweet en bloed
’n nuwe aarde 
vrygekoop

  • 7

Kommentaar

  • Jou toorkuns met jou pen lê daarin dat elke leser jou werk kan interpreteer volgens hy/sy lewensfase en omstandighede op die punt wat hy/sy jou gedigte lees.

  • Margaret Cordier

    Baie dankie Hennie, hierdie is ’n groot kompliment vir die gedig omdat die leser dan mede-woordkunstenaar word. Groot waardering.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top