
Fotobron: Unsplash
bome in die koue
in my klein kring
sirkeltjie getrek op die doek
van die heelal
speel palmboompies bal
buite staan bosveldbome
met blare wat huiwerig bly
hang teen die onvermydelike val
sal immergroenes
hulle blare bly tel
teen ’n ysige winter se fel
gemaskerde omhelsings
vou om gestrooptes
in die bitter kou


Kommentaar
Baie mooi Margaret
Dankie Anzé. Waardeer vanoggend baie.
'n Godgegewe talent om met woorde te speel en die lewe uit te leef! Bravo!!
Baie dankie Petru.
Waardeer jou saamlees en aanmoediging baie.
Die motief van metaforisering mbt seisoene in beide gedigte kan baie sterk wees.
Jou woorde skep emosies vanuit die diepste siel.
Dankie Berdéhan, jou insae en insette bring altyd groei na my werk. Waardeer jou.
Heidi, dankie vir jou meelewing in gedigte/my lewe. Kosbaar!
Margaret dit is fantasties jy het n wonderlike talent ontvang en jy woeker daarmee. Dankie!
Marina, baie dankie!
Hierdie is 'n pronkstuk. Niks meer nie. Maar ook niks minder nie.
Sjooe. Baie dankie Hennie. My grootste waardering!
Uitstaande verwoord, Godgegewe talent.