
Fotobron: Canva
Villanelle
met ’n vlugveer van ’n swaan in rou
wil ek vir jou sinne streep
op perkamente wat ewig hou
ligbedek gedoop in oggendmaan
moet lamproet soetgeklank bloei
uit ’n vlugveer van ’n swaan
seer sekerlik sal ek pyn invou
in bloed wat nou swart vloei
oor perkamente wat ewig hou
sal ek klein jakkalsies kousaal
vasbind in die fynskrif van kraaispore
met die vlugveer van elke haal
en feesvier met ganslewers en eiers nou
op tafels vol heuning in maatemmers
geskryf op perkamente wat ewig hou
sal al my woorde sin maak
wanneer sierlike voëls ongevlerk dryf
sonder ’n vlugveer aan
op perkamente wat nooit vergaan


Kommentaar
Brawe digters skryf 'n villanelle - 'n digvorm wat baie dissipline en vaardigheid vereis, sonder dat die inhoud geforseerd is.
Pragtig geskryf!!
Treffend!
Baie dankie Therin. Meelewing in gedigte is die heerlikheid daarvan.
Dankie Berdéhan & Theresa.
Waardeer mede-digters wat help met ons vormingsproses en ook aanmoedig.
Die skrille kontras tussen die "swart swaan" (ook deels as ekonomiese ramp) en die ooglopende luuksheid van (Franse?) ganslewers, is opvallend. Ek het dit geniet.
Pragtig geskryf.
Groot waardering Hennie!
Die vreugde van ’n gedig en sy leser – wat dan mede-kunstenaar word, en so ’n organiese heerlikheid bring aan die woordkuns.
Baie dankie!
Dankie Alida! Jou woorde word baie waardeer.
Ek hou baie van die gedig.
Baie dankie Jan!
Dankie vir die saam lees, fantasties geskryf.
Baie dankie!