Die konsert: Suid-Afrika – ’n komiese riller

  • 2

Foto: Canva.com

Ek wou nog altyd ’n konsert geskryf het. Ek het oorgenoeg materiaal. Die naam is eenvoudig: Suid-Afrika – ’n komiese riller. Twee genres. Komedie en riller (comedy and horror) waarin die akteurs en gehoor saam speel (interact).

Die dekor is onverbeterlik. Pragtige natuurtonele en plekke waar die verskeie bedrywe en tonele afspeel. Net sulke mooi statige geboue tot ultra-moderne omgewings. Miljoene byspelers wat baie professioneel meedoen.

Die byspelers maak ook hoofsaaklik die gehoor uit. Die gehoor tree verbasend genoeg ook baie beskaafd (gereserveerd)  op. Daar is wel tye wanneer verskillende dele van die gehoor nie met die draaiboek gediend is nie en hulle tree dan dienooreenkomstig op deur skade aan die stelle en “props” aan te rig.

Die hoofrolle word deur agt-en-twintig hoofkarakters gespeel. Dan is daar omtrent net soveel byspelers en ontelbare ondersteunende rolspelers wat nie veel sê nie, maar net die hoofrolspelers napraat.

Die karakters in die konsert is die bes-betaalde lede van vermaaklikheidswêreld.

Die konsert is ’n komiese riller. Die komedie is wrang, bittersoet en walghumor. Dit grens aan die absurde en mees banale. Jy lag maar met ’n diep hartverskeurende smart wat binne-in jou wese brand en trane van wanhopige smagting na selfbevrediging wat oor jou wange biggel.

Die riller-kant van die vele bedrywe is afstootlike, afskuwelike tonele van bloedstollende gille van moord en slagting wat elke dag as ’n flitstoneel tussen hoofbedrywe afspeel. Die gehoor se totale mis en ontkenning van die orgie van bloed en lewensvergieting is sprekend van die totale vuisvoosheid en afstomping van die gehoor se reaksie.

Wat die mees onstellende is, is die gelate aanvaarding van die gehoor waarvan die tonele afgemaak word as “dis die lewe”. Die tonele van wanbestuur, vergrype van mag, hebsug, nydigheid, afguns, jaloesie, vraatsigheid en die ontkenning van die gehoor, wek kommer. Die tonele van die vergrype word afgemaak as rugsteuning en regverdiging vir die boodskap wat oorgedra word in die betrokke omgewing.

Daar is by die hoof-, by- en ondersteunende spelers ’n totale miskenning van die boodskap wat oorgedra word op die hoofsaaklik onbewuste (oblivious) gehoor. Die gehoor se reaksie wat aan verafgoddeliking grens, hang aan hul lippe soos breinlose wesens met leë oë en uitdrukkinglose gesigte.

Die slottoneel is nog nie geskryf nie, maar daar word impulsief en blindelings daaraan gewerk.

  • 2

Kommentaar

  • Avatar
    Vrydenker Vlakvark

    ‘n Moontlike wenner van die gesogte “George Orwell’s Animal Farm & 1984”-trofee.

    Ek wag in spanning om die slottoneel van hierdie puik konsert te kan volg. Voel asof ek nog in die dae van die Romeinse Ryk met sy Colosseum lewe.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Reusedwerg, ek dink die dinge gaan slegter, as wat "voelgoed" media rapporteer. Bv SA media is skugter om oor die ISIS probleem in SA en Mosambiek te rapporteer.
    Instede moedig hul ons aan om "verdraagsaam" te wees, deur te praat met mekaar...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top